FOTO Gideon van Zyl

FOTO Gideon van Zyl

Bruid

Eloise Cupido trou met haar ridder

TV-persoonlikheid Eloise Cupido het haar ridder op ’n vliegtuig ontmoet. Dié toevallige ontmoeting het gelei tot ’n verhouding, en op 4 Junie vanjaar het hulle die groot stap geneem en ewige trou aan mekaar beloof.

Eloise en Chris (hy is baie privaat en wil nie sy van bekend maak nie) is in die Bosveld getroud by Askari Game Lodge en Spa naby Magaliesburg. Die troue word vanaand eksklusief gewys op Top Billing op SABC 3. Maar Eloise gee SARIE-lesers ’n voorsmakie van hoe pragtig sy op haar troudag gelyk het.

Chris en Eloise op hul troudag. FOTO: Gideon van Zyl

Chris en Eloise op hul troudag. FOTO Gideon van Zyl

Eloise het aan SARIE.com gesê sy wou ’n rok hê wat skitter, en haar droom is bewaarheid deur die pragtige rok wat Marlize Boshoff van Immagika Creative Designs vir haar ontwerp het.

Eloise se droomrok “skitter nes ek dit wou hê, maak nie saak in watter lig jy dit sien nie. Dit bevat ook Franse kant van my skoonma se trourok jare gelede. Die eksotiese blospienk rok het ’n korsetbasis en dekadente handgeborduurde kant. Die moue en die roomkleurige tulle-sleep kan verwyder word.”

Chris se pak is deur Diaan Daniels en die strooimeisies is geklee deur Heinrich Greyling Couture.

Chris en Eloise op pad na die kansel. FOTO: Gideon van Zyl

Chris en Eloise op pad na die kansel. FOTO Gideon van Zyl

Kyk die troue vanaand om 20:00 op Top Billing op SABC 3.

Die strooimeisies in hul rokke deur Heinrich Greyling Couture. FOTO: Gideon van Zyl

Die strooimeisies in hul rokke deur Heinrich Greyling Couture. FOTO Gideon van Zyl