Bruce en Esther Fraser
Onthaalplek : Storms River Mouth
Provinsie : Vrystaat
Troudatum : 2011-08-27
Ons trou is ‘n unieke storie... ’n storie van 2 lande, 2 tale, lang afstande, geduld en avontuur (verskoon my Afrikaans, ek’s eintlik nederlands).
Op 27 augustus 2007 het ek afskeid geneem van almal in Nederland om vir 6 maande naar Bloemfontein my prakties te gaan doen. Bruce het in dieselfde tyd ’n kursus daar gedoen-hy het in Durban gebly. Ons het mekaar ontmoet tydens ’n aand ten-pin-bowling. Ons het ‘n lekker vriendskap gebou, maar toe moes hy terug naar Durban-ek dog ek sal hom nooit weer sien nie. Maar God het alles perfek geplan! Ons het kontak gehou en mekaar nog in Durban gesien. Een aand het Bruce vir my gesê: ek hou baie van jou! Ek het n bietjie geskrik, want in Nederlands beteken dit dat hy lief vir my is! Later het ons baie daaroor gelag! Ek het besef dat ons vriendskap baie uniek en mooi was…maar dan het dit onmoontlik gevoel om ‘n verhouding te begin, want ek moes terug na Nederland!
Toe ek weer daar was het ons kontak gehou-eers twee keer per week, maar later was dit elke aand...toe het Bruce besluit om te vlieg! Na my toe! Vir 3 weke het hy gekom en op dag nommer 21 kon ek eintlik sê: “Ik hou ook voor jou!”.
4 jaar na ek die eerste keer Suid Afrika toe gevlieg het, 3 jaar na ons verhouding begin het, 2 jaar na avonture in Zimbabwe, 1 jaar na ’n onvergeetlik “road trip”, honderde ure en baie nagte van skype en 12 vlugte later...het ons mekaar trou beloof op die pragtigste dag van ons lewe...
…Storms rivier mond in Tsitsikamma-dit is die pragtigste plek, met ruige see, berge, rotse en ‘n klein strand…
Die dag het begin met ‘n Nederlandse tradisie-Bruce het my kom haal by my ouers se huis. Toe het ons ons foto’s geneem-tydens ‘n romanties boot toer deur die Storms vallei!
Om die seremonie op die strand te begin, het my 10-jaar sissie viool gespeel! So het ek in geloop met my pa. Geen preek nie-eerder ’n betekenisvolle boodskap en getrou deur ons beste vriende, en God’s sëen oor ons gevra deur ons ouders-altesaam so spesiaal!
Ons het die lekkerste troukoek geëet van Artisticake-nou is dit wereld-beroemd! Vrek-snaakse verhale, beste vriende, familie, dans, musiek, liefdie, kleur… het die verhaal van twee lewe en twee lande perfek tot een gemaak!
Sien alle inskrywings
Galery
Kommentaar
Opa Jan en Oma Annie het gesê:
Baie mooie verhale jy ken skry. Wy niet kenne Afrikaans maar probere wel. Het was baie mooi dage daar in Tsitsikamma. Wy kom graag weerom daar. Wy hope jullie win eerste prys!
7de Feb. 2012, 17:59Jeanine Visser het gesê:
Een van die speciaalste troues wat ek nog ooit by was!!! Alles was so mooi, en ontspanne
6de Feb. 2012, 08:45Jenny Fraser het gesê:
Dit is 'n wonderlike liefdesverhaal en ons is baie dankbaar dat julle twee getroud is!
5de Feb. 2012, 17:34Cecile Fourie het gesê:
Beslis die wenpaartjie!!!! Ons ken hulle en hul verhaal persoonlik en dink hulle staan uit bo die ander!!!!
3de Feb. 2012, 20:52Mary Fraser het gesê:
Ek is lief vir julle! :) this was a wedding of epic proportions - family, friends, food, and non-stop celebration, in the most beautiful setting in the country! Bruce and Estherje for bridal couple of the year! Love u guys x
3de Feb. 2012, 20:19Carina de Jong het gesê:
Jij het mooi geschrijf, of zoiets. Mooi taaltje is het he dat Afrikaans, super hoor dat je zo samen tot een nieuwe eenheid word en je daar ook echt samen een nieuw begin gemaakt hebt. Je zal thuis nog vaak genoeg missen, net als mijn meiden, maar het is het alles waard, veel geluk samen.
3de Feb. 2012, 18:10