Clintin en Carla-Mari Janse van Rensburg

Onthaalplek : Beetgekraal - Burgersfort

Provinsie : Mpumalanga

Troudatum : 2011-12-17

Dis ware liefde op die eerste oomblik! Ons is sielsgenote! Ons liefde is so mooi,aansteeklik en borrellend!Ons ken mekaar al 7jaar,verstaan mekaar,respekteer mekaar en is oneindig lief vir mekaar. Die liefde is n gawe van God, ons is drie in die huwelik, met God aan die stuur.Praat oor dinge,verstaan mekaar en sorg altyd dat daar iets is wat jou nog nuuskierig maak oor die ander een, want dit hou jou huwelik uitdagend.Ons huiwelik is gebaseer op vriendskap,kommunikasie, geduld, respek en tonne liefde! Moet nooit kwaad gaan slaap nie, waardeer mekaar. Niemand is perfek nie, almal verskil, meeste se " trou is nie perde koop nie" maar as jy die regte persoon kies om jou lewenspad saam jou te loop is dit die lekkerste gevoel ooit om n man / vrou te wees wat elke oggend met n glimlag wakker word. En as jy n "af dag" het gesels daaroor sodat jou ander helfte kan weet, moenie stilbly nie, gesels, gesels,gesels - dis die beste medisyne vir n gelukkige huwelik! Spandeer spesiale tyd saam mekaar en maak n punt in jou besige dag om n minuut af te knyp en vir jou man / vrou ietsie te se,wys jou waardering, straal jou liefde en vriendskap soveel as moontlik uit!! Dit kan mos nie anders wees as " Pure liefde " nie.

Sien alle inskrywings

Galery

  • 01_187_.jpg
  • 3_103_.jpg
  • 3_325_.jpg

Kommentaar

Web Development by FormFunction