Eon en Annine Cordier

Onthaalplek : Buenos Aires - Bothaville

Provinsie : Noord-Wes

Troudatum : 2011-04-02

Op een skemer aand in Bloemfontein het ons mekaar ontmoet in 2009. Ons paadjies het saam begin loop na 'n opwindender lewe vol lag, liefde, vreugde en soms hartseer. DIe liefde het alles oorwin en op 17 Julie 2010 het Eon op sy kniee gesak en die ja-woord gevra. 'n Nuwe avontuur het begin en die troue is in detail beplan. Alles en nog meer waarvan ons ooit kon droom was deel van hierdie dag. Die tafels was fyn uitgele en gkroon met baie glas en pewter wat gevul was met die mooiste spierwit blomme. Skitterend in die kerslig. 2 April 2011 was ons perfekte sprokies dag waarin ons liefde en trou aan mekaar beloof het voor 180 vriende en familie. Alles was gehul in spierwit, grys en silwer en 'n tikkie seegroen. Afgerond met baie liefde en lag !

Sien alle inskrywings

Galery

  • j823ea.jpg
  • j717.jpg
  • jea_777.jpg

Kommentaar

  • n Tipe troue waarvan n mens net in tydskrifte lees en op tv sien en van droom. Die mooiste detail en dekor. Mag julle hemelse geluk op aarde beleef en mag die liefde en geluk van jul troudag deurloop tot in jul oudag.

    14de Feb. 2012, 08:47
  • Eon en Annine, julle troue was sprokiesagtig net jammer ek kon nie daar gewees het nie. Maar die foto's daarvan getuig dit. Julle is twee sulke pragtige mense!!! En Annine, jyt sowaar soos n prinses gelyk! Jy is n gelukkige ou Eon! Hehe

    10de Feb. 2012, 10:10

Web Development by FormFunction