Jacques en Sunelle Barnard

Onthaalplek : Anderland, Potchefstroom

Provinsie : Noord-Wes

Troudatum : 2011-12-11

Dit was by die Old Hollywood Nutricamus dinee in 2007 wat ons mekaar vir die eerste keer gesien het. Jacques was nie my metgesel vir die aand nie, maar ons het daardie aand heerlik met mekaar gedans. Alhoewel daardie aand in 2007 heeltyd in my geestesoog verskyn het, was dit 'n toevallige herontmoeting op Facebook wat ons paaie in 2008 eers weer laat kruis het. Ná 'n uitruiling van boodskappies in die kuberruim, en die towerwerk van die liefdesgodin, sit ek langs die aantreklike man van 2007 in die fliek en WALL-E kyk. Later sou ek uitvind dat sy ma so nuuskierig was om uit te vind oor sy afspraak. Soos elke ma se sesde sintuig 'n beduidende rol speel as dit by haar kinders kom, het my ma geweet "hier kom 'n ding!" Dit was waar, want 'n tydjie na ons afspraak het ons besluit om vas uit te gaan en twee jaar later, in 2010, het Jacques die vraag gevra wat elke meisie van haar ridder wil hoor. Dit was egter onverwags, aangesien ek besluit het om my studies voort te sit. Uit blote ongeloof was my antwoord "Ai, nee my liefie, is jy seker?" Hy was, en ek het lankal reeds besluit dat Jacques my trouman is. Uiteindelik het ons groot dag aangebreek in Desember 2011, met elke detail wat haarfyn beplan is en my trouring wat spesiaal ontwerp is soos die Monica-karakter van die alombekende Friends-sepie. Groot was my onsteltenis toe ek by my venster uitloer en sien dat die lug in grys geskilder lê met reëndruppels wat teen die ruit afgly. My grimeerkunstenaar se woorde, "moenie bekommerd wees nie, Liewe Jesus koel net die wêreld vir jou af" was 'n troos gewees. Toe ons later hand-aand-hand as mnr en mev Barnard uit die kapel uitstap, was die reën opgedroog en die hemel getooi in die sagste blou. Die persoon wat gesê het dat dit geluk bring as dit reën op jou troudag, was 'n wyse persoon, want wat 'n voorreg was dit nie om ons liefde aan mekaar te beloof voor ons Skepper, familie en vriende op so 'n natuurskoon middag nie. Alhoewel ons langverwagte dag so gou verby is, is dit 'n gebeurtenis wat ek in my hart vassluit - die dag toe my beste vriend my lewensmaat geword het, en ons nou saám voetspore op die lewenspad uittrap.

Sien alle inskrywings

Galery

  • kop_en_skouer_2_.jpg
  • vollengte_1_.jpg
  • keuse.jpg

Kommentaar

  • Julle lyk so gelukkig. Dit was 'n awesome troue. Geniet die lewe saam.

    11de Mar. 2012, 07:43
  • Baie geluk!!!! Jul HET amazing gelyk en die dag was soos iets uit 'n sprokiesverhaal - Perfek beskryf! Mag jul huwelik baie geseënd wees!

    9de Mar. 2012, 12:01
  • Baie mooi gelyk.

    28ste Feb. 2012, 13:13
  • Wow julle lyk pragtig n baie MOOi paartjie

    27ste Feb. 2012, 21:16
  • "Hulle wat die stadigste is om beloftes te maak is gewoonlik die betroubaarste om dit uit te voer." Jacques en Sunelle julle is die argitek van julle eie lot en lewe. Julle het baie mooi gelyk en pas bymekaar. Werk aan julle sterk punte en die spokiesverhaal sal 'n perfekte huwelik word. Julle is wenners en verdien om gelukkig te wees - mag julle vir altyd gelukkig saam die lewe erfaar.

    26ste Feb. 2012, 14:48
  • Dis soos 'n sprokie 'n verhaal met altyd 'n gelukkige einde! Net die beste wense, geluk, liefde, voorspoed, sukses en als wat wonderlik is vir julle toekoms saam! Ja, julle huweliksdag was wonderlik en julle het soos sterre geskitter. Lief julle baie xx

    25ste Feb. 2012, 20:36
  • Julle IS en SAL en KAN altyd gelukkig wees en bly want ek glo en weet die fondasie is van kleins af op die regte ROTS gebou. Baie geluk en 'n Geseende huweliks bootjie vir julle twee.....!!!!!! Ek is trots op julle.

    25ste Feb. 2012, 11:22
  • You are the most beautiful bride. I pray that you'll always stay happy! Love you

    23ste Feb. 2012, 13:26
  • Julle lyk stunning. Hoop jul het 'n wonderlike huwelik!!

    23ste Feb. 2012, 11:13
  • Julle lyk pragtig,en baie gelukkig!

    23ste Feb. 2012, 11:11
  • Jul is twee pragtige mense en pas bymekaar. Jul troudag het dit net so spesiaal gemaak en mag jul altyd gelukkig wees soos nou!

    23ste Feb. 2012, 10:07
  • Pragtig! dis al wat ek kan sê!

    23ste Feb. 2012, 09:42
  • Dit klink na n asemrowende sprokiesverhaal! Jy was beslis n pragtige bruid en het n positiewe uiykyk op die lewe. Mag j vir altyd gelukkig saam met jou ridder die sonlig deel.

    23ste Feb. 2012, 09:24
  • Julle het pragtig gelyk.

    23ste Feb. 2012, 08:21
  • Klink soos 'n fairytale :) en asof dit meant to be is! Julle albei lyk baie mooi en pas so perfek bymekaar. Sterkte vir jul huwelik! Lewe is so kort, mag julle saam die 'joys' vani lewe erfaar!

    23ste Feb. 2012, 07:50

Web Development by FormFunction