Jaun en Deoni Kotze

Onthaalplek : Rusticana

Provinsie : Wes-Kaap

Troudatum : 2012-02-11

Ek en Jaun het mekaar in 2009 in Tygervalley ontmoet ons was van die begin af baie gemaklik met mekaar. Ons is nie net geliefdes nie maar mekaar se beste vriend! Ek het na drie maande vir hom gesê ek gaan met hom trou en toe hy nie weg hol nie het ek geweet dis my trou man! Ons troue was vir ons altwee baie spesiaal en ek het van voor af besef hoekom ek hom so lief het! Ons het altwee baie hard aan die troue beplan en alles saam gedoen en dit het vrugte afgewerp. Die trou was baie spesiaal want ons is altwee in die grafiese rigting en het alles self gedoen tot die laaste detail, alles was so perfek en het by ons gepas! Dit was waarlik die gelukkigste dag in my lewe! Dit was ‘n groot voorreg om voor ons familie en vriende ons ewige liefde en getroue vriendskap aan mekaar te beloof! Ek voel baie geseënd en is vreeslik gelukkig dat ek die prefekte pasmaat gekry het ek kon nie vir ‘n beter huweliksmaat gevra het nie!

Sien alle inskrywings

Galery

  • kop_en_skouers.jpg
  • vol_lengte.jpg
  • ander_foto.jpg

Kommentaar

  • Dankie jong maar ek hoop julle kry dit reg, het jy al weer probeer? Myne het eintlik baie maklik deur gegaan.

    24ste Feb. 2012, 11:34
  • Ek sukkel al van Maandag af om inteskryf, elke keer gooi die stelsel 'n error boodskap uit, so sal maar kyk of ek reg kom...as ek nie regkom nie...hoop ek van HARTE julle wen!!!

    23ste Feb. 2012, 13:30
  • Baie Dankie Maritza! Jy het self baie mooi gelyk gaan julle ook inskryf?

    23ste Feb. 2012, 10:25
  • Jy het regtig mooi gelyk!! Mag julle albei net geluk en vreugde vorentoe he!! Julle pas perfek bymekaar, defnitief prentjie mooi :-)

    23ste Feb. 2012, 08:55

Web Development by FormFunction