Jean en Ilse de Klerk

Onthaalplek : Soverby Lapa, Dwarskersbos

Provinsie : Wes-Kaap

Troudatum : 2011-11-12

Ons verhaal is amper te goed om waar te wees! Ons het deur gemeenskaplike vriende ontmoet, beste vriende geraak en toe op 'n dag besef ons is gemaak vir mekaar! Ek kan nie dink aan 'n beter man vir my as my beste vriend nie! Ons het 'n familie strandhuis op Dwarskersbos en so het Jean, met Ilse wat absoluut niks vermoed nie, vir haar soontoe gevat vir 'n naweek en op die strand, waar ons 11 maande later trou beloof het aan mekaar, vir haar gevra om met hom te trou. Ons troudag was ongelooflik, by die fantastiese Soverby Lapa, Dwarskersbos. Die week voor die troue het dit gereen en dit was koud maar ons het geglo ons troudag sal perfek wees, kom wat wil! En dit was toe so gewees! Ons het ‘n heerlike, windstil aand gehad wat perfek was vir die 30 skylanterns wat ons gaste in die donker hemelruim ingestuur het. Die volgende dag het dit baie gereen, gedonderweer en selfs gehael! Ons was so bevoorreg! Ons wou 'n informele, gesellige troue gehad het en daarvoor het ons venue en die beste familie en vriende gesorg! Met 'n mengsel van Bashews, popcorn confetti, ons kombi as troukar met bunting en natuurlik ons logo, die I & J teken (vir Ilse & Jean), was dit die perfekte dag! Selfs die natuur het goed saamgespeel! Daar het honderde voels in 'n V-vorm oor die see gevlieg net nadat ons klaar was met die diens, so asof hulle geweet het. Daar is absoluut NIKS wat ons aan ons dag sal wil verander nie! Behalwe miskien dat ons die dag so graag wil oorhe!

Sien alle inskrywings

Galery

  • jean_ilse_186.jpg
  • jean_ilse_368.jpg
  • jean_ilse_430.jpg

Kommentaar

  • Pragtige bruid en bruidegom. Baie geluk julle tweetjies.

    13de Feb. 2012, 19:20
  • Pragtige foto's, pragtige bruid.

    8ste Feb. 2012, 10:19
  • Stunning pics guys!!! Ilse, you look absolutely stunning!

    7de Feb. 2012, 15:50
  • Great troue en baie mooi fotos

    7de Feb. 2012, 12:15
  • Pragtige paartjie en 'n onvergeetlike troue!!!

    6de Feb. 2012, 12:14
  • Baie mooi! Was 'n voorreg om die dag saam met julle te kon geniet.

    5de Feb. 2012, 17:04
  • Van die mooimaak die oggend tot die rustigheid van die egpaar die namiddag, het die Skepper Sy verfkwaste uitgehaal en 'n ongelooflike dag geskep! Die volgende dag het emmers reen die huwelik geseen! Wat 'n voorreg om daar te kon wees!

    4de Feb. 2012, 14:31
  • Stunning troue!!

    4de Feb. 2012, 10:13
  • Beautiful! xxx

    3de Feb. 2012, 21:38
  • Ilse en Jean, julle dag was so spesiaal....wonderlik en wat 'n pragtige paartjie. Julle is gemaak vir mekaar soos I&J.

    3de Feb. 2012, 21:06
  • Ai maar julle het ongelooflik mooi gelyk! Mag die sterre in julle oë altyd so helder skitter! Julle het regtig mooi "memories" geskep op julle spesiale dag!

    3de Feb. 2012, 19:49
  • Ilse en Jean julle lyk amaizing en is beslis 2 wenners......go for it en geniet die lewe......

    3de Feb. 2012, 15:38
  • Julle is 'n toonbeeld van liefde, vreugde en geluk! Dit was so 'n groot voorreg om die dag saam met julle te kon deel.

    3de Feb. 2012, 15:03
  • You guys look amazing in the pictures selected. To the photographer, keep up to good work. It's been a while for me since I'v seen such a lovely looking bride. For me the 1st pic - Elegance at it's best. 2nd pic - Friends that help you drive in the right direction. 3rd pic - This is what we all live for. LOVE. I don't know how else to say this, my wish for you is lots of votes and an abundance of love

    3de Feb. 2012, 14:47
  • Die fotos is so stunning! Julle altwee lyk so mooi:)

    3de Feb. 2012, 14:22
  • Julle lyk awesome!!!!

    3de Feb. 2012, 13:59
  • julle is gorgeous!! :)

    3de Feb. 2012, 13:45
  • Jou troue was fantasties! Juis omdat jy en Jean se smaak gesien kon word in alles... van die koek tot die bashews. Sterkte!

    3de Feb. 2012, 13:23
  • Ilse en Jean, julle is regtig 2 wonderlike mense. Jul troudag was iets spesiaal wat 'n mens altyd sal onthou. Sjoe Ilse, jy lyk asemrowend mooi. En ek moet se, Jean jy het self stunning gelyk.

    3de Feb. 2012, 13:01
  • What a beautiful bride!!!!!

    3de Feb. 2012, 13:01
  • Pragtig foto's, jy lyk wonderlik

    3de Feb. 2012, 12:51
  • stunning stunning!!!!!!!!!

    3de Feb. 2012, 12:24
  • Kan nie wag om die res te sien nie! Julle lyk PRAGTIG!!!! :-)

    3de Feb. 2012, 12:15
  • Absoluut stunning! Die dag was regtig 'n wonderwerk en presies soos beplan. En die foto's selfs mooier!

    3de Feb. 2012, 12:11

Web Development by FormFunction