Jamie, haar dogter Maddie en haar ma soek die perfekte trourok
FOTO: Instagram @idobridalcouture

Jamie, haar dogter Maddie en haar ma soek die perfekte trourok FOTO: Instagram @idobridalcouture

Bruid

FOTO’S: Jamie Lynn Spears se troudag

Die sangeres en suster van Britney Spears, Jamie Lynn, het die afgelope naweek (14 Maart) met James Watson getrou. Hier is van die troufoto’s – en kyk net die koek!

Die paartjie het in New Orleans getrou en volgens gaste op sosiale media was dit ’n pragtroue. Al die foto’s is nog nie bekendgestel nie, maar daar is reeds ’n paar op sosiale media versprei.

Dié foto is op een van Britney se aanhanger Instagram-blaaie gedeel. Van links is Britney en Jamie se ma, Lynne; Maddie (Jamie se dogter uit ’n vorige verhouding); bruidegom James; Jamie Lynn; haar pa, James; en Britney by haar twee seuns Sean en Jayden James.

Een van die gaste by die troue het dié foto van die 5 laag-troukoek op sy Instagram-blad gedeel. Die blom-detail op dié koek is in die kol met die nuutste troukoek-modes.

FOTO: Instagram @foxpetefox

FOTO: Instagram @foxpetefox

En só het haar trourok gelyk:

Jamie Lynn in haar trourok omring deur lyfwagte  FOTO: Instagram @foxpetefox

Jamie Lynn in haar trourok omring deur lyfwagte
FOTO: Instagram @foxpetefox

Die kleurskema vir die troue was pienk en wit. En die gaste se geskenke was dié houers om jou drankie koel te hou.

FOTO: Instagram @foxpetefox

FOTO: Instagram @foxpetefox

Onthou om vir jou gunsteling-Bruidspaar te stem. Klik HIER.

Bronne: Entertainment Wise en Daily Mail

Jamie Lynn se nuwe liedjie, “How Could I Want More”

 

  • http://waitingformeg.blogspot.com/ waitingformeg

    Ons het dieselfde troukoek gehad, maar hare was veel groter :)