FOTO Shanna Jones

FOTO Shanna Jones

Bruid

FOTO’S: Aktrise Rolanda Marais se sprokiestroue

Verlief op die lang pad Kaap toe, verloof op ’n koppie in die Karoo, en getroud op ’n snikhete dag in die Overberg. Spontaan en ongekunsteld. Voorste aktrise Rolanda Marais en die bekroonde regisseur Jozua Malherbe sou dit nie anders wou hê nie. Hy sê sy sien die wêreld anders; deur haar hart. Sy sê sy wil oud word saam met hom; hom elke dag leer ken. 

Dit gons oor Rolanda en Jozua Malherbe, SA se “nuwe glanspaartjie”, maar gesels jy met hulle, besef jy gou hulle is allermins ’n paartjie vir die kollig. Eerder onkonvensioneel, sonder gewone reëls en roetine, elk hul eie mens … tog in pas met mekaar.

Dié dat Rolanda net geskree het “wheeeee” en vir die gaste gewaai het toe sy die paadjie afstap na waar Jozua op haar gewag het. SARIE het kort ná hul wittebrood in Turkye met die twee kunstenaars gepraat oor hul troue in Februarie.

FOTO: Shanna Jones

FOTO Shanna Jones

“Die oomblik was byna te groot … My trane het vlak gelê. Nick Cave se ‘Into My Arms’ het gespeel, en elke keer dat ek die liedjie voor die troue geluister het, het ek begin huil. Toe besluit ek nee, ek gaan nie al my grimering afhuil nie. Toe ek skree, was die ys gebreek en ons almal het ontspan,” lag sy en Jozua met die herleef van dié onthou-oomblik.

Dié staaltjie spreek boekdele van haar en Joz, soos sy hom noem, se verhouding – en van die atmosfeer by hul troue in die Overberg.

“Ons is albei ontspanne mense. Ons gun mekaar die ruimte om onsself te wees en ons is
lief vir ons vriende, familie en vir kuier. Die laaste ding wat ons wou hê, was ’n stywe, formele troue. Ons albei werk in ’n wêreld van pretensie en ons troue moes oor óns gaan nie oor die show nie,” sê Rolanda.

FOTO: Shanna Jones

Die bruidspaar met hul strooimeisies en strooijonkers. Van links is Wolfgang Muller, Chan (agter Jozua weggesteek), Daniel, Rentia, Adam Bentel en Nadia.
 FOTO Shanna Jones

Die seremonie en onthaal was by Old Mac Daddy in die Elgin-vallei naby
Grabouw – ’n luukse plaas waar gaste in omskepte woonwaens met aweregse
dekor kan bly. Voor die seremonie het Jozua, sy strooijonkers en vriende in een van dié woonwaens sit en wag, enkelmout-whisky en Kubaanse sigare in die hand.

“Daar was niks stres voor die troue nie,” sê Jozua. “Ek en Rolanda is nie gepla as alles nie 100% volgens plan verloop nie. Ek het sommer so ’n paar weke voor die troue eers my pak laat maak! Die hele dag het gegaan oor ons nabye mense, ons almal se liefde vir mekaar. Toe ek uiteindelik voor die kansel in die tuin gaan staan om haar in te wag, was daar niks bekommernis nie – net ’n oorweldigende vreugde. Toe ek haar sien … sy het stunning gelyk! Die rok het perfek by haar gepas – elegant, pragtig, opreg sý.”

Rolanda se rok is deur die ontwerper Suzaan Heyns gemaak. “Ek kon dadelik sien Suzaan verstaan my goed. Ek het haar vertrou om iets te maak wat by my pas. Die rok was vir my só mooi dat ek nou nóg ’n partytjie wil hou vir die vriende wat nie daar kon wees nie sodat ek dit weer kan dra. Miskien sal ek dit selfs verkort en aantrek vir ons eerste huweliksherdenking.”

y-rolanda-jozua-13

Vir haar troue is haar hare in ’n kort, sexy styl gesny deur Navnit Beharie van die haarsalon ME Myself and I in Johannesburg. Die haarstuk is deur Suzaan Heyns ontwerp. 2. Die perfekte somerdag by Old Mac Daddy.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Die rok se fyn kant is só gesny dat dit soos vlokkies gehang het. Elke detail was belangrik – selfs die knope is met dieselfde materiaal as die rok se onderlaag oorgetrek.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Rolanda se ruiker is bymekaar gesit deur haar vriendin Latisha Duarte, ’n blomme- en produksie- ontwerper in New York.
FOTO Shanna Jones

Haar beste herinnering van die dag bly toe sy voor die kansel gestaan het.

“My broer, James, het my weggegee en my pa, Fanie, was ons predikant. Hy het mooi gepraat, oor hoe daar talle definisies van die liefde is, maar dat ons ons eie betekenis daarvoor moet vind. Ek het in ’n stadium omgekyk na die see van gesigte, en gesien hoe my sussie se kind Emma (2) op die Persiese tapyt waarop ons gestaan het, lê en speel met die roosblare wat daar gestrooi was. Dit was ’n perfekte oomblik, ’n volle sirkel,” sê sy, en haar oë blink sommer.

Dis juis omdat hulle hul eie definisie van ’n verhouding geskep het dat dit so goed werk, glo Jozua. “Ek kan aan niks ergers dink as om in ’n verhouding te wees waar jy jouself en jou lewe vir iemand moet verander nie. Ons is lief vir mekaar nes ons is, en nie een verwag van die ander om by mekaar aan te pas nie. Daar is ook geen van daai gewone reëls, soos dat iemand ’n sekere tyd tuis moet wees of op ’n spesifieke aand skottelgoed moet was nie.”

Rolanda stem saam.

“Ons lewens het nie roetine nie, en dit werk vir ons. Ons máák tyd vir mekaar deur geleenthede van alledaagse dinge te maak, soos om soggens saam koffie te drink. Ons sit ons selfone weg en geniet mekaar se geselskap. Verlede jaar het ons mekaar altesame ses maande nie gesien nie omdat ons gereeld weggaan vir werk, daarom waardeer ons die tyd wat ons saam het net meer.”

FOTO: Shanna Jones

Spesiale oomblikke. Hulle het mekaar vier jaar gelede op die stel van Wolwedans in die skemer ontmoet. Voor die kansel, sê Jozua, was daar geen bekommernis nie, net oorweldigende vreugde.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Rolanda se pa, Fanie, het die paartjie getrou. Vir die seremonie het Rolanda ook ’n bolero van chantilly-kant aangehad.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Die perfekte somerdag by Old Mac Daddy.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

FOTO Shanna Jones

Jozua het sy ma, Salomé, se trouring (sy ouers is geskei) laat herontwerp as verloofring. Die goue pand is oopgesny sodat ’n tweede pand, die trouring, daarby kon inpas om soos een ring te lyk. Saam is daar drie smaragde. “Hy ken my so goed, ek is mal oor die ring. Ek is nogal ’n sentimentele mens, baie familievas, en ek hou van ou goed wat ’n storie vertel.”

“Dis iets wat ek van Rolanda waardeer,” sê Jozua. “Sy sien die wêreld anders, sy’s kreatief en kunstig, en sy kyk na dinge deur haar hart.”

Hulle vul mekaar goed aan, sê Rolanda. “Joz is ’n ekstrovert en ek ’n introvert, maar hy het geleer om die stilte te waardeer vandat ons saam is. En hy hou my voete plat op die aarde – ek kan soms soos ’n deurmekaar kunstenaar voorkom.”

Maar die beste deel van getroud wees, sê sy, is dat hulle nou die res van hul lewens kan deel. Sy kyk diep in Jozua se oë. “Ek wil oud word saam met jou en oor alles gesels, jou elke dag leer ken.”

Top Billing (SABC 3) wys Donderdag, 14 April, om 19:30 Jozua en Rolanda se troue!

– Rolanda was op die voorblad van ons April-uitgawe. Vir die volledige storie oor hul troue koop die SARIE hier.

Nóg foto’s van hul pragtige sprokiesdag

FOTO: Shanna Jones

Sonsondergang in die Overberg en die begin van ’n nuwe lewe saam.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Rolanda en haar strooi- meisies (van links): aktrises Nadia Valvekens en Chan Marti, en haar suster, Rentia Fobian.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Rolanda en haar ouma Rolanda Naudé.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Rolanda, Jozua en haar ouers, Fanie en Charlotte.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Die pragtige en elegante Rolanda!
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Die gaste het al die aand voor die tyd by Old Mac Daddy aangekom en begin kuier.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Op die bruidspaar! Die blomme, deur 4 Every Event, was ’n kombinasie van rose en Overbergse fynbos.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Rolanda het al ’n jaar vooraf vintage-plekmatjies begin versamel en elke gas se matjie was anders. Haar ouma Rolanda het van hulle borduur, en ander is deur vriende as geskenk gegee. Op die spyskaart was vye in parmaham, diepgebraaide parmesaan-en- risotto-balletjies, lamsvleis met geroosterde groente en aartappel- dauphinoise, en kaas en beskuitjies.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

n Versameling vintage-breekware is vir die tee- en koektafel gebruik. Jozua se ma, Salomé, het die troukoeke gebak – ’n sjokoladekoek, ’n wortelkoek en ’n suurlemoen-en-papawersaadkoek.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

In haar toespraak sê Rolanda sy kan nie haar geluk glo dat Jozua die res van sy lewe met haar wil deurbring nie.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Die onthaalsaal was ’n sprokieswêreld van kerse en feëliggies.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Jozua lag vir seremoniemeester Neels van Jaarsveld se grappies.
FOTO Shanna Jones

FOTO: Shanna Jones

Die eerste dans! By haar droomrok het Rolanda haar ouma Emmerentia se goue horlosie gedra. Haar ouma, Rolanda Naudé, het vir haar die pêreloorbelle gegee en hul ringe was Jozua se ouers, Gideon en Salomé, s’n.
FOTO Shanna Jones

Verskaffers

• Fotografie deur Shanna Jones
• Rolanda en die strooimeisies se rokke is deur Suzaan Heyns
• Jozua se pak is deur Shaldon Kopman van Naked Ape
• Rolanda en die strooimeisies se hare is gedoen deur Navnit Beharie van die ME Myself and I-haarsalon
• Rolanda en die strooimeisies se grimering is deur Mari Conradie
• Trou-webwerf deur Lumico
• Nagereg deur Love Made Edible
• Blomme en dekor deur 4 Every Event
• Wyn verskaf deur Durbanville Hills

– Rolanda was op die voorblad van ons April-uitgawe. Vir die volledige storie oor hul troue koop die SARIE hier.

APR april 2016 Rolanda Marais voorblad cover