VIDEOGREEP: YouTube

VIDEOGREEP: YouTube

Bruid

Hartroerende video van bruid se dans by haar troue ná pa se dood

’n Bruid se dans met haar pa op haar troudag is baie spesiaal. Maar toe Andrea se pa kort voor haar troudag oorlede is, het die mans in haar familie vir ’n spesiale dans gesorg. Trek die snesies nader – hierdie is ’n tranetrekker …

Kort voor haar troudag het Andrea se pa, Mark, sy stryd teen kanker verloor. Andrea se broer Nick het die liedjie “Butterfly Kisses” van Bob Carlisle vir haar opgeneem. Eerste het haar oupa, haar pa se pa, met haar gedans. Daarna het haar broers Luke en Nick met haar gedans en laaste haar nuwe skoonpa, Scott.

Dié video is deur die trouvideograwe van die Amerikaans LaFrance Films-maatskappy geneem.

SARIE.com het ’n soortgelyke storie vroeër vanjaar gedeel. Die 11-jarige meisie het “getrou” sodat haar pa wat terminaal siek is die geleentheid kan hê om haar by die kansel af te stap. Kyk na dié foto’s van die aangrypende verhaal HIER.

Nóg in ons BRUID-afdeling