Jessica Simpson met Maxwell en Ace

Bruid

Jessica Simpson op haar troudag

Sangeres en aktrise Jessica Simpson het die afgelope naweek getrou. En só het haar trourok gelyk.

Die Amerikaanse tydskrif People wys die 33-jarige aktrise se troue eksklusief in hul volgende uitgawe, maar hulle het die ontwerperskets én die eerste foto van die stralende bruid reeds gedeel.

Die media het eers berig dat Jessica in ’n pienk rok sou trou, maar toe verbaas sy almal met haar sjampanje-en-goue Carolina Herrera-skepping. Ontwerper Carolina het gesê die rok het ’n koninklike gevoel.

Dít is die skets en die inspirasie vir haar rok:

FOTO: People

FOTO: People

FOTO: People

FOTO: People

Jessica is getroud met Eric Johnson – die pa van haar kinders, Maxwell en Ace.

People het die eerste amptelike foto op hul Instagram-profiel gedeel. Jessica was ’n blosende bruid met haar gesonde vel en natuurlike grimering.

FOTO: Instagram  peoplemag

FOTO: Instagram peoplemag

 

Nóg in SARIE.com se Bruid-afdeling