Bruid

Hier is ons Bruidspaar van die jaar 2010

Dit het die Vrydagaand voor die troue gestortreën… Maar toe Jonét van den Heever van Pretoria en haar romantiese De Wet van der Westhuizen van Bloemfontein op 3 April verlede jaar voor ’n boomkansel staan, was daar net ’n ligte windjie.

Hulle wou buite trou en sy het geglo die weer sál opklaar. Boonop is sy dol op die landelikheid van The Cowshed, ’n plaas naby Dullstroom in Mpumalanga. Wat dit vir haar nog meer spesiaal gemaak het, was dat haar rok van haar ouma se trourokkant gemaak was.

“Ons pastoor-vriend wat ons getrou het, was so vol liefde, vreugde en vrede. Saam met die snikke en gelag van familie en vriende was die makietie en kuier ’n wonderlike naweekbruiloffees!”

Daar was krismisrose (die confetti was laventel), musiek uit die 80’s, en Elsabé Templeton, ’n vriendin van die familie, het die boerekos en kolwyntjie-koek gemaak.

“Ek sal nooit vergeet hoe ek op Nina Simone se It’s a New Dawn ingestap en my ma en pa gegroet het nie.Die trane het gevloei. Maar ek was gereed om my geliefde se hand te vat …”

De Wet en Jonet se troue De Wet en Jonet se troue
De Wet en Jonet se troue De Wet en Jonet se troue
De Wet en Jonet se troue De Wet en Jonet se troue
De Wet en Jonet se troue De Wet en Jonet se troue
De Wet en Jonet se troue De Wet en Jonet se troue
De Wet en Jonet se troue De Wet en Jonet se troue
De Wet en Jonet se troue De Wet en Jonet se troue

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • Renza

    Great couple en pragtige troue.

  • Jonet van der Westhuizen

    dankie Sarie!wat ‘n wonderlike verassing en voorreg!

  • Karen du Preez

    Absoluut pragtig! Met so ‘n mooi begin, sal hierdie storie beslis ‘n lang, en gelukkige einde hê…

  • Carla Swanson

    Hartlik geluk! Julle was my gunstelingpaartjie.
    Seënwense vir die toekoms.

  • Lynette McMillan

    Ek is mal oor al die detail en fieterjasies!

  • Louise Terblanche

    Geluk Jo en DeWet!! Julle verdien dit!!! Ek het nog nooit sulke lang trane gehuil by ‘n troue nie! Wat ‘n pragtige preek! Geniet julle pryse! xxx

  • Melisha Wessels

    Ek hou baie van die gemaklikheid wat ek sien deursyfer in die fotos. Deesdae se troues is so grand dat die intimiteit van die seremonie verlore gaan. Hierdie was twee baie slim mense wat hulle "heritage" nie laat verlore gaan het nie en wat weet hoe om die meeste te maak van hul omgewing en dit wat hulle tot hul beskikking gehad het gebruik. "Less is more" en die "eenvoud" getuig van styl. Wat ‘n pragtige natuurlike bruid!

  • Antoinette Labuschagne

    Die fotos is net eenvoudig briljant! Puik kiekies.

  • Marie Visagie Kyna House of Design

    Puik keuse van Sarie!

  • Theresa

    Wonderlike troue! Baie geluk julle twee!
    Wie het die asemrowende trourok ontwerp? Beautiful!!

  • Petra

    Pragtig Pragtig Pragtig en natuurlik!

  • Esteé vd Westhuizen

    Wow wat n belewenis!!! Sowaar iets uit n ander wêreld! Toe my broer en sy nuwe vroutjie (hallo nuwe sussie) daar onder die wapperende lap, buitelug-kerkie staan, het my hart so vol gevoel. Alles is tot op die fynste detail beplan – tot die klein klokkie aan haar rok! Al die gaste is ‘n handvol regte Zim dollars gegee warmee ons poskaarte by die strooimeisies en strooijonker kon koop en dan vir die bruidspaar terugstuur London toe. Dis was n troue wat so uniek was soos hulle persoonlikhede! Die sinkdak-onthaal, en die Spur se verjaarsdag "sparkels" toe hulle die saal verlaat en die gaste vaarwel roep, het soos in die movies gevoel. Julle troue was so spesiaal! Baie geluk! Julle verdien dit! XXX

  • Magdel Pretorius

    So mooi, so romanties, landelike plaas gevoel, soveel onthou wat jul deur die toekoms gaan dra.. vir ewig en ewig.. Baie seeninge vir julle!

  • Drienie Cornelissen

    soos net die LIEFDE kan ‘praat’..

  • Sharon Dippenaar

    Hallo Theresa, haar tannie Nina van Heerden het die rok ontwerp volgens die bruid se smaak asook die rok gemaak. Die ouma se rok se kant is gebruik en die sy en tule vir die res van die rok geskenk as trougeskenk.

    Haar oom Danie van Heerden (neefs Carel en Nico) en Niggie Annece en man Brendon het haar wens laat waarkom deur haar dakkie waaar ondersy wou trou op te slaan met voortrekkerpale. Haar oom en tannie het die lap van die dakkie geskenk.

    Die hartjies om die pale en op die lapdakkie en pale het haar tannie Erika vir haar gemaak en help opsit, dit wasd ‘n familiespanpoging om haar dag volmaak af te rond.

    Ek werk vir Danie en het die hele pad van die troue saam met hulle gestap en gesien hoe dinge gebeur.

    Die kant om die 8 valle agter in die rok het ongeveer 6 ure per val gemeen om vas te werk. Elke steek kon ek sien is met liefde gewerk,

  • Jonet van der Westhuizen

    So baie dankie aan almal wat ons troue werklik spesiaal en intiem laat voel het, my ma se hande het ook vir niks verkeerd gestaan nie en sy was by alles betrokke die dag, my ouma (wie se trourok-kant op my rok was) het ook vrek hard gewerk en ek waardeer almal se tyd en liefde en ondersteuning vreeslik baie!
    Dankie ook aan die vreemdelinge wat Sarie se besluit beaam, dit beteken baie vir ons en maak ons avontuur meer spesiaal!
    Seeninge uit London! Die Van’s

  • Elza vd Westhuizen

    Elza vd Westhuizen
    van dag 1 af toe DeWet uit London praat oor dié meisie – (ma , onthou haar naam is Jonét …) , het ek geweet hier kom ‘n fees ! DeWet het sy droom-trou-vrou ontmoet ! en hoe opgewonde was ek nie oor die hele verloop van die verhouding – ‘n meisie wat my enigste seun se hart en lewe kom vul met haar sprankel persoonlikheid.
    Die troue is beplan uit London en ‘n pluimveer vir Jonét, DeWet en al die betrokkenes wat hierdie feestelike troue gereël het. Mense… dit was feestelik , dit was ‘n belewenis , dit was troue uit die boonste rakke. Jonét se trourok ‘n familie herinnering – uit ouma se dae, die prediker het die Woord so uit die hart gebring , die onthaal ‘n onvergeetlike opskop – ons het troue gehou wat in jou siel gegraveer is ! En toe die kersie op die koek !! ‘n Wen paar … vir 2010 … DeWet en Jonét – julle verdien die wen. Mag jul lewe saam net so ongekomplisseerd wees soos jul natuurlike , diep liefde vir mekaar. maElza

  • Johann van den Heever

    En die Pa se hart is nog trots op die twee wat in Londen woon. Kan nie wag om julle te sien wanneer julle aankom om julle pryse op te neem nie! Geluk weer julle twee diebares! Baie lief vir julle! x Pa

  • Annette Engelbrecht

    Hi my dogter Carla trou die 12 Nov 2011 dit is my 1 st dogter wat trou en ek wil so graag iets besonders doen vir haar ma ek was maar op min troues en weet nie wat doen n mama vir ha dogter op ha trou dag nie kan julle asb help met raad dankie

  • annerika van zyl.

    BAIE MOOI!!!!!!!!

  • Annatjie

    Dag se,

    Ek wil ook graag weet wat doen n ma vir haar dogter op haar trou dag ?
    Sy reel haar troue self en ek is net genooi. Ek wil graag ook iets spesiaals vir haar
    doen want dis vir my ook n groot dag.

    Enige raad sal wardeer word.

    Dankie