verloofring

FOTO Unsplash / Sweet Ice Cream Photography

Bruid

Die gewildste verloofring lyk só

Elke meisie het dit en as sy sê sy het nie, dan is dit omdat sy dit as ’n “Secret board” het. Jip, die Pinterest-lêer vol trou-inspirasie, trourokke, verloofringe en kleurpalette is ’n moet vir elke meisie se droomdag. Hier is die gewildste verloofring op Pinterest. No pressure, ouens …

Ek wil nie sê dit is die belangrikste nie, maar dit is wel die ding wat die bal aan die rol sit. Ná die ring volg troureëlings en allerhande ander groot lewensbesluite. Ons verstaan dus hoekom vroue graag verloofringe pin, daaroor droom, deur winkelvensters loer of selfs voorbeelde aan hul kêrels stuur.

HelloGiggles het berig dat dié ring van Raymond Lee Jewelers in Florida, Amerika, al meer as 63 000 keer na Pinterest-inspirasieborde gestuur is.

verloofring

FOTO Pinterest (Raymond Lee Jewelers)

Die ring se spesifikasies? 18-karaat-witgoud en 0,4-karaat-diamante wat om die hoofdiamant geset is.

Die koste? $4 300, dis om en by R60 646.

verloofring

FOTO Raymond Lee Jewelers

Met hierdie verloofring aan jou vinger, is die trourok wat die internet gebreek het al wat jy nog nodig het. Dan kan jy dalk een van die gewildste bruide op Pinterest wees! Nè? Dis mos hoe dit werk …

Lees nou

Laudo Liebenberg se Karoo-troue

7de Laner Carina se trouvideo

EKSKLUSIEF: Aktrise Christel van den Bergh se troue