Piper en haar medester in Covert Affairs Nic Bishop
FOTO: Instagram (@nicbish)

Piper en haar medester in Covert Affairs Nic Bishop FOTO: Instagram (@nicbish)

Bruid

Hollywood-aktrise Piper Perabo trou PLUS 10 maniere om metaal-kleure by jou troue in te sluit

Nóg ’n Hollywood-paartjie het onlangs afgehaak. Aktrise Piper Perabo en haar regisseur-kêrel Stephen Kay het Saterdag in New York getrou, berig E! Online

Piper, bekend vir haar rolle in Coyote Ugly en Covert Affairs, en Stephen het verlede September hul verlowing aangekondig. Stephen is die uitvoerende vervaardiger en regisseur van die TV-reeks Covert Affairs, waarin Piper ’n CIA-agent speel. Die paartjie het op die stel van dié reeks ontmoet.

Nadat hulle hul troubeloftes afgelê het, het Piper en Stephen na hul onthaalplek gestap – deur die strate van New York met ’n orkes wat hulle begelei, berig Us Weekly.

Dié paartjie het die eerste foto van hul troue met ’n paar vermaaklikheidswebtuistes gedeel, onder andere E! Online.

Piper Perabo en Stephen Kay op hul troudag FOTO: verskaf deur Piper Perabo aan E! Online

Piper Perabo en Stephen Kay op hul troudag
FOTO: verskaf deur Piper Perabo aan E! Online

Kyk na ’n groter weergawe van dié foto HIER.

Piper het ’n neutrale, noupassende lang rok met metaalkleurige detail gedra en haar trou-voorkoms afgerond met ’n geel sluier.

Die bruid se grimering was eenvoudig en natuurlik en haar blonde hare was opgesteek in ’n bolla in haar nek.

Bronne: E! Online & Us Weekly

10 idees om metaalkleure by jou troue in te sluit

Kry inspirasie uit Piper se metaalkleurige trourok! Die SARIE.com-span het op Etsy idees gaan soek om metaalkleure by jou troue in te sluit. Van trourokke tot skoene en dekor – hier is ons 10 gunsteling-idees.

Kry nóg idees op Etsy!

Watter idee is jóú gunsteling? Gaan loer op Etsy vir nóg idees.

Nóg trou-idees op SARIE.com