Bruid

In jou nuutste SARIE BRUID

“My eie troue was rose en kant en die klein kerkie op Bloubergstrand. Die dag se blou is my helderste herinnering. So perfek blou soos die koringblommetjies in my konfetti-mandjies. Ek dink ook aan my hoë wit sandale. Die paar met die fyn bandjies wat ek móés hê vir my rok se kantsoom wat om my enkels geswiep het.

Ek onthou nóg ’n troue – ook oor die skoene. Ek was maar vier, en my blommeisierok was ’n wonderlike waatlemoenpienk in die rykste satyn. Die beste van als was my skoene. Goud, met ’n effense punt. Vir ’n vierjarige met ’n voortydige passie vir skoene was dít beter as pienk roomys en groen koeldrank op ’n Overbergse somerdag. Hoe verras was ek nie toe ek onlangs weer ’n klompie van dié foto’s sien nie. Daar was soveel meer waaroor ek opgewonde kon geraak het: satyn-handskoene in die kleur van my rok, ’n hoedjie op my kop, so ewe met ’n stukkie net.

Maar al die jare was daar net één prentjie in my kop: daardie goue skoene. Dit bly my beste onthou.

Geniet hierdie uitgawe van SARIE BRUID.”

Michélle van BredaMichélle is die blommemeise aan die linkerkant

- Michélle van Breda, redakteur

IN SARIE BRUID 2009 / 2010

 
40+ droomrokke

Regte troues! Kry inspirasie by
Shine 4 se Marlese en Desiree
Whitey Basson se Mari
Sanger Jak de Priester
Sjef Reuben Riffel
Nicole Fox
+ nog 11 troues

Hope styl-idees vir ‘n klein beursie

2-in-1 haarstyle wat werk van seremonie tot onthaal

27 droomrokke vir &aposn droomdag

DEEL JOU TROUE

Ons wil sien hoe jul troue gelyk het – dalk verskyn julle in die volgende SARIE BRUID! Stuur 2 troufoto’s of ’n CD met foto’s aan SARIE BRUID, Posbus 511, Kaapstad 8000. Sluit ’n gefrankeerde koevert in as jy die foto’s wil terughê.

WAAR KAN JY SARIE BRUID KOOP?

Dis beskikbaar by uitsoek-winkels landwyd. Indien jy nie ‘n SARIE BRUID in die hande kry nie, SMS SARIE BRUID na 32510 en ons kontak jou (‘n tarief van R1 per SMS geld).

  • Emsie

    Hi daar, ek is op soek na die Sarie Bruid boek om te koop en kry dit nerens nie. Waar kan ek dit kry? Of kan ek bestel en dit vir my gestuur word?

    Groete
    Emsie

  • Maryke van SARIE

    Hi Emsie. As jy sukkel om ‘n eksemplaar in die hande te kry, sms SARIE BRUID na 32510. Hulle sal jou dan kontak en sê presies waar jy nog ‘n uitgawe kan kry. Baie groete!

  • Mignon Erasmus

    Goeie dag!

    Ek bly in Stellenbosch omgewing, maar kry nêrens ‘n Sarie bruid tydskrif in die hande nie.

    Kan jul dalk vir my sê watter winkels hou dit aan in die omgewing?

    Vriendelike groete,
    Mignon Erasmus

  • Yolandie Smit

    Kan julle my help waar ek die Sarie Bruid kan kry, ons bly op ‘n klein dorpie, sal graag wil deelneem in die bruidspaar van die jaar kompetisie.

  • Lezani Enslin

    Ook opsoek na Sarie bruid GROOT asb.

  • karin

    Ek kry nerens die sarie bruid tydskrif. Julle het my gebel en gese waar ek dit in worcester area kan koop, maar daar is nie. Ek wil dit so graag he.

  • Gwyneth Abrahams

    Ek wil graag ‘n kopie van Sarie Bruid he. Help my asseblief?

  • Lisa

    Waar kan ek meer foto’s kry van die Franse Karnaval styl troue in die nuutste Sarie Bruid op bladsy 94? Dankie vir die wonderlike uitgawe.

  • Maryke van SARIE

    Hi Lisa, die beste is om op Otto de Jager se webtuiste te kyk. Hy was die trouebeplanner. Dit is werklik ‘n inspirerende troue! Gaan kyk op http://www.ottodejagerevents.co.za

  • Maryke van SARIE

    Gwyneth, dit lyk asof dié SARIE BRUID-uitgawe baie goed verkoop het. Ons weet self nie presies waar daar nog voorraad is nie. As enigiemand dalk ‘n kopie iewers in ‘n winkel sien, sal julle laat weet asb!

  • Elaine Cockrell

    In Namakwaland area, Springbok, Okiep om presies te wees, het ek SARIE-Bruid tydskrifte opgemerk.

    Elaine

  • Liza

    Ek woon in Bellville en is was byna by elke winkel wat tysskrifte verkoop, maar ek kry nerens die Sarie bruid nie. Waar kan ek dit te koop kry?

    Liza

  • Elma

    Wat n briljante tydskrif! Eks die eerste van my vriendinne om te trou en weet nie regtig waar om te begin nie – veral nie met my baie beperkte begroting nie. Het nou die dag n hele arm vol tydskrifte gekoop om op ‘n vlug te lees en gaan nou aanmekaar terug na Sarie Bruid toe en sien weer en weer iets anders raak.

  • http://www.gmail.com Jessica

    Halo. Ek sit met ‘n krisis. Ek wil vir die kompetisei van bruidspaar van die jaar inskryf, maar my antwoord word nie aanvaar. Is daar ‘n spesifieke manier hoe hy submit moet word?

    Help asb?

  • Caroline Greyvenstein

    Ek wil graag ons trou fotos vir hulle stuur,kan ek dit vir julle email as om dit met pos te stuur?
    Dankie
    Caroline Greyvenstein

  • Natasha Lee

    ek het ingeskryf vir bruidspaar van die jaar. maar sien nie ons foto nie. help asb. moet ek re-submit?

  • Ronel

    Ek’s in Bellville en is ook op soek na Sarie Bruid. Het iemand dalk dit iewers gesien op ‘n rak??? Of wanneer kom die volgende uitgawe uit?

  • Lorika Odendaal

    Ek trou 27 Februarie en sien dat troues tot en met 28 Feb 2010 nog onder die 2009 kompetisie val. Moet ek inskryf vir 2009 of sal ek die geleentheid kry om in te skryf vir 2010 s’n. Dit sal my darem meer tyd gee om eers my foto’s te kan kry. Ek kom eers middel Maart van honeymoon af en dit laat my nie baie tyd oor nie.

    Ek het SARIE BRUID gesms want ek weet nie of hier nog tydskrifte in die Weskus sal wees nie.

    Hoop iemand kan my help

  • Nicholle

    Ek sit in London en wil baie graag die Sarie Bruid tydskrif in die hande kry. Het enige iemand vir my enige voorstelle?? Sal dit baie waardeur. Dankie, Nicholle

  • Melinda

    Wat ‘n wonderlike tydskrif. Wanneer is die volgende uitgawe beskikbaar? Baie dankie Melinda

  • Kim Muller

    Ek soek nou al ‘n Sarie bruid in elke winkel, maar tevergeefs. Watter winkels in die Kaap (stad area) kan ek by gaan loer?

  • Andeon

    Ok, lyk my daar is neres meer n sarie bruid beskikbaar nie. Hoe nou gemaak om die vraag te beantwoord om deel te neem aan die kompetisie om n droom troue te wen? Het klaar die mooiste 400woord beskrywing getik..

  • http://www.sarie.com Lou-Ann van SARIE

    Die inskrywingskode vir hierdie wedstryd is 106. SARIE Bruid is tans uitverkoop.

    Groete,
    Sarie.com-span

  • Eureka Kruger

    Ai ai SARIE ek dink julle het ‘n krisis op hande. Al die bruids pare is beautiful en so ook die wat in geskryf het vir die Wen ‘n troue kompetisie. Ek het al die stories gelees (my kompetisie) en ek stort elke nou en dan ‘n traan met die beautiful stories en die kommentaar wat hul familie en vriende los. Elkeen besonders.

    ;-)

  • eureka

    Liza daar was nou die dag nog sarie bruid tydskrifte in die Super spar in riebheeckshof in Bellville. Ek hoop jy kry nog een anders kan jy myne "leen" Ek het myne al ‘n duisendkeer deur geblaai maar sal hom met graagte deel as jy nie reg kom nie.

    Groete
    Eureka
    074 173 1479

  • Andrea Greyling

    Ek bly in die Parys/Sasol/Vanderbijl omgewing en wil baie graag ‘n Sarie bruid in die hande kry. As enige iemand in hierdie omgewing dalk een opgemerk het, laat weet my asb!! Dit lyk na so ‘n oulike tydskrif. Ek het die vorige 3 jare se Sarie bruid by ‘n vriendin geleen en elke oomblik daarvan geniet, die jaar is dit egter my beurt om voor die kansel te staan en sal graag die jaar se tydskrif wil lees.
    Groete Andrea

  • Angie

    Waar kan ek asb BAIE DRINGEND ‘n Sarie bruid 2009/2010 boek kry ek sal hom koop???? GROOT ASB

  • Maryke Havina

    bly in Durbanville en wil graag ‘n Sariebruid koop.Al die winkels is uitverkoop.

  • Lizelle

    Goeie middag,
    ek is amper al ‘n week verloof en kan nie wag om te begin beplan aan ons groot dag nie, dit sal eers oor ‘n rukkie wees, maar daar is darem niks mooier en lekkerder om ‘n bruid tydskrif deur te blaai nie. Gaan dadelik kyk om Sarie Bruid in die hande te kry! Dankie SARIE!!! :)

  • Melinda

    Wanneer is die volgende uitgawe van Sarie bruid? Baie dankie Melinda

  • Tanya Otto

    Ek het ingeskryf vir die kompetisie vir Bruidspaar van die jaar wil graag weet of julle dit ontvang het, Tanya Otto, my e-pos creativelearning@adept.co.za
    Baie Dankie

  • Chrisna

    Ek het ingeskryf vir sarie – bruidspaar van die jaar, maar sien nie die inskrywing op die internet nie. Hoe weet ek of dit aanvaar is en of die inskrywing wel deurgegaan het. Dankie vir ‘n puik tydskrif!!!

  • http://www.ernawolmarans.co.za Erna

    Hi! Ek koop gereeld die Sarie Bruid. Wanneer presies word hy vrygestel? Hulle is nie te lank op die rakke nie, ek will graag weet watter maande ek moet uitkyk daarvoor.
    Groete Erna

  • melissa

    ek wil ook graag weet wanneer word die tydskrif vrygestel…by ons is hulle nooit vir lank beskikbaar nie…baie dankie

  • Marie

    Hi, ek wil graag weet wanneer die wenners bekend gemaak gaan word van die 2 kompetisies.

  • Adele

    ek wil graag weet wanneer die sluitingsdatum is

  • Alecha

    Is dit dalk moontlik dat ek ou kopies van die Sarie bruid kan kry? Soos verlede jaar se uitgawes? Hoeveel keer ‘n jaar kom die Sarie bruid uit?

    Dankie!

  • Carmen du Toit

    Waar kan ek ‘n Sarie Bruid kry?
    Ek soek al van verlede jaar af en kan nerens kry nie.
    Help asb!!!!!

  • Adri

    Ek sal graag wil inskryf vir die Sarie – bruidsppaar kompetisie vir 2010 se bruide! Hoe moet mens maak en wanneer is die sluitings datum, en kan ek nog inskryf as ek die laaste naweek van Febr getrou het? Ek sien nerens die reels nie… Baie dankie.

  • MICHELLE BOTHA

    MY TROUE OP 2 OKTOBER 2009 BY DE JAVU IN PRETORIA WAS SPROKIES MOOI EN EK WIL DIT BAIE GRAAG MET JULLE DEEL. LAAT WEET MY ASB WAARNA EN OF EK MY FOTOS KAN STUUR

  • Lourika Horn

    Gaan daar ‘n Sarie – bruidsppaar kompetisie vir 2010 wees?

    Ek is op 26 Februarie 2010, op Oakfield Farm, Muldersdrift, Johannesburg getroud. Ek sal baie graag wil inskryf vir die bruidspaar kompetisie. Ek sien nerens iets oor die kompetisie nie.

    Baie dankie

  • Imelda

    HI
    Ek wil weet of Sarie hierdie jaar ook n bruidspaar kompetisie gaan hou?
    Ons is op 03-04-2010 getroud op Riebeek – Kasteel.
    Ons wil graag inskryf.
    Dankie
    xxx

  • Liezel Kleynhans

    Wanneer is die volgende SARIE bruid beskikbaar ? Of waar kan mens n kopie van die laaste uitgawe in die hande kry? Ek het in Kaapstad en Gauteng area gesoek en kry dit nerens.

  • http://www.metsi-metsi.co.za Linda Laubscher

    Ons het ‘n venue en wil graag in Sariebruid adverteer. Waar kry ek die regte inligting en hoe gaan ek te werk?

  • Jean-Mari Burger De Klerk

    Ek en my Johan is op 20 Maart 2010 te Diamond HIll, Cullinan getroud – wat ‘n ONGELOOFLIKE mooi dag! My droom het waar geword met alles in pienk skakerings en pragtige kristalle wat deur kerslig verhelder is! Ek wil graag met julle ons spesiaalste dag deel en weet sommer ons troue se styl sal perfek in Sarie Bruid pas! Hoe kan ek dit reggkry om van ons fotos vir julle te stuur/wys?

    Dankie, Jean-Mari de KLerk

  • http://www.destinygaming.co.za Rene

    Baie interesant – kan u dalk vir ons laat weet of mens nog kan inskryf vir die bruid van 2010

  • Luandri Bloem

    Hallo,

    Ons wil graag meer uitvind oor die Bruidspaar vd jaar kompetisie vir 2010, sal graag wil inskryf.

    Waar kan ons die Sarie Bruid 2010 koop?

    Sal opreg waardeer word as jul na ons toe kan terug kom.

    Baie dankie,
    Luandri Bloem

  • Martinette Hibbert

    Die Bruidspaar 2009 is pas aangekondig en wow watter stunning foto’s. Ek wil graag uitvind of daar ‘n kompetisie vir Bruidspaar van die jaar 2010 gaan wees? Sal dit baie waardeer as jul kan laat weet en waar kan ek inskryf daarvoor.

  • Esmerelda

    Soek asb inligting vir Sarie bruid van die jaar 2010, sowel as nuuste Sarie bruid.
    Dankie

  • http://www.tshwane.gov.za MERCIA BEUKES

    MERCIA BEUKES

    GOEIE DAG MENSIES, EK WIL NET GRAAG WEET, GAAN DAAR N BRUID VAN DIE JAAR KOMPETIESIE WEES, EK SIEN BAIE BRUIDE STEL BELANG, MAAR KRY GEEN REAKSIE OP DIE GROOT VRAAG, "VAN GAAN DAAR SO N KOMPITIESIE WEES"?????? KAN IEMAND SO GAAF WEES EN MENS LAAT WEET OF NET OP HOOGTE HOU GROOT ASB

    ONS WAG IN SPANNING VER TERUG VOER THAX

  • anri

    hallo daar!sou ook graag vir sarie bruid van die jaar 2010 wou inskyf.kan julle my asseblief se hoe en waar?dankie – anri

  • Lindi van SARIE BRUID

    Môre almal!

    *Die vorige uitgawe van SARIE Bruid het dadelik uitverkoop – probeer by ons bemarkingsafdeling of daar dalk nog ‘n paar tydskrifte by hulle is – e-pos seblief Dale Niehaus by DNiehaus@media24.co.za.

    *Ons het beslis weer in 2010 ‘n wonderlike Bruidspaar van die Jaar-kompetisie. Ons is nog besig met die onderhandelinge – die tydskrif sal 15 September op straat wees met al die inligting en hoe om in te skryf.

    Goeie nuus – ons gaan die drukoplaag vir ons September uitgawe verhoog. Ek is baie opgewonde oor die pragtige troues wat ons gaan wys propvol idees – moenie dit misloop nie!

    Groete!

    Lindi Projekbestuurder BRUID

  • heloise

    ek wil ook net uitvind wanneer moet ons inskryf vir bruidspaar van die jaar 2010

  • Maryna Becker

    Wanneer kan ons inskryf vir bruidspaar van die jaar 2010

  • Zanell

    Hi! Ons het 17 April 2010 getrou en sal graag wil inskryf vir bruidspaar van die jaar 2010 kompetisie. Waar kry ek ‘n inskrywingsvorm en wanneer is die sluitings datum? Dankie

  • Anne-Marie Smit

    Kry nie ‘n elkele Sarie Bruid in die Paarl te koop nie, soek dit dringend!
    Waar kan ek dit in die hande kry?

  • Leanne

    Hallo, ek wil graag inskryf vir die SARIE Bruid 2011. Hoe kan ek inskryf?