Bruid

Is jy ons bruid van die maand?

Omdat julle inskrywings van jul mooiste dag ons só inspireer, het ons besluit om vir die eerste keer hier op sarie.com uit dié bruidspaar van die jaar-inskrywings elke keer ‘n bruid van die maand te kies. Dis sommer ’n ekstra lekkerte om die opwinding hoog te hou! Onthou net dat die bruid van die maand-wenners nie noodwendig finaliste in die bruidspaar van die jaar-wedstryd is nie.

Elke maand se wenner sal hier op die SARIE se bruid-webtuiste gewys word.

DÍT KAN JY WEN!

Elke bruid van die maand sal ‘n spesiale SARIE-skoonheidspakkie van sowat R350 tot R400 elk wen. Dis spesiaal deur ons skoonheidsredakteur, Mariska van Rooyen, vir julle bymekaar gesit.

SLUITINGSDATUM: 28 FEBRUARIE 2011

* Wedstrydreëls