FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Bruid

Sangeres Jessica Simpson gaan pienk dra op haar groot dag PLUS 15 pienk trourokke

Wit is die tradisionele kleur vir jou trourok, maar ons begin al hoe meer bruide sien wat pienk dra – en Jessica Simpson is een van hulle! 

Volgens die tydskrif In Touch gaan Jessica Simpson in ’n ligpienk Marchesa-rok voor die kansel staan wanneer sy en Eric Johnson later vanjaar trou. Dié troue gaan in Santa Monica, Kalifornië, plaasvind en gaan glo baie uitspattig wees. Sy noem dit ’n “supersize wedding”.

Pienk

Ander bekendes wat al in pienk afgehaak het, is Reese Witherspoon en Jessica Biel. Die gewilde trourokontwerpers Vera Wang, Carolina Herrera en Monique Lhuillier se nuutste versamelings sluit ook pienk trourokke in.

Volgens Brides.com is blos of perske-pienk ’n goeie keuse vir nie-tradisionele bruide wat steeds ’n kleur soek wat die ontwerp van ’n tradisionele trourok sal komplementeer.

Kyk na dié 15 pienk rokke wat ons op Etsy gevind het. Watter een is jou gunsteling?

Kyk na nóg trourokke op Etsy

Nou wil ons jóú mening hoor! Sal jy ’n pienk trourok dra?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Nóg in ons BRUID-afdeling