Bruid

Jy sal blom!

KLEUR IS KONING

Jy moet heel eerste op jou kleurskema besluit en dan jou blomme daarby laat inpas, sê Ben Theron, wat al tientalle bruilofruikers geskep het. “Onthou, blomme is seisoenaal. Tulpe en pinksterrose is byvoorbeeld net sekere maande in blom.”

Moet dus nie oor die blomme besluit voor jy by ’n bloemis vasgestel het wat beskikbaar is nie. Ben stel blomme met ’n sterk aroma voor ter wille van atmosfeer. Jy moet ook seker maak jou bloemis kry al die blomme vroegtydig oop.

Vir vars blomme op die koek (maak seker dis nie giftig nie!) het Ben ook raad: “ Jy kan hulle in ’n plastieksak in die yskas hou en dit nét voor die onthaal op die koek sit. Of jy kan hulle in ’n suiker-eiermengsel doop – maar die blom is dan nie eetbaar nie.”

Ben Theron van Hoy p’loy,  011 325 5836, hoyploy@iafrica.com

GEHALTE TEL

“Blomme ís duur; moenie aan die hoeveelheid dink nie, maar eerder aan die gehalte,” sê Franz Gräbe van Franz Gräbe Flower Couture. “Hou by jou begroting en bespaar op onnodighede soos geskenkies vir gaste.” Tans, sê Franz, is daar twee hooftendense vir bruilofblomme. Die nuwe-barok voorkoms het ryk teksture, baie silwer, goud, kristal en ’n oorvloed vol, smeulende blomme. Tweedens val die klem op intelligente ontwerp. “Dis meer minimalisties en buitengewoon gedetailleerd in lyn, komposisie, ritme, tekstuur, vorm en kleur.”

Hy waarsku egter: “Moenie dat modegiere en tendense jou oordeel aantas nie. Luister na die bloemis se raad, maar moenie dat hy of sy persoonlike voorkeure op jou afdwing nie. Besoek daarom ook altyd meer as een bloemis voordat jy besluit.”  

Franz Gräbe van Franz Gräbe Flower Couture, 011 447 0250, www.franzgrabe.co.za

MOOI MET MIN

Om jou begroting te help klop, oorweeg min blomme, maar in massas op slegs enkele plekke, nie bietjies-bietjies orals nie. En as dit dan moet, vervoer die blomme van die kerk na die onthaal, mits dit stilletjies en uit die oog gedoen kan word, sê Nicci Scholtz van Aspen Flowers.

Sy maan ook dat bruide realistiese verwagtinge van blomme moet hê. “Moenie stringe orgideë wil hê as jou begroting beperk is nie. Laat ook die onthaalplek die styl en soort blomme bepaal.”

Dit help die bloemis baie as die bruid foto’s saambring, sê Nicci. “Ek kry dadelik ’n gevoel van wat die bruid in gedagte het.”
Wit bly ’n gunsteling, maar deesdae in “weelderige, luukse blompotte met slegs een of twee soorte blomme.”

Nicci Scholtz van Aspen Flowers, 021 424 6511, www.aspenflowers.co.za

DEEL JULLE BLOMME

Dis baie belangrik dat die bloemis die lokaal ken voordat ruikers beplan word, sê Flower Walker van die Petals Group. “Ek wys nooit voorbeelde tot ek vasgestel het waar die lokaal is en daarna gaan kyk het nie.” Sy beklemtoon ook die invloed van die weer – jou bloemis sal raad hê.

’n Kostebesparingswenk: “Al die bruide wat op een dag in dieselfde kerk of lokaal trou, kan hul kerkblomme deel, verkieslik alles in wit.” Flower glo ook jy hoef nooit skaam te wees oor ’n klein begroting nie: “ ’n Slim bloemis moet altyd ’n plan maak.”

Flower Walker van die Petals Group, 021 448 7528, www.petalsgroup.co.za

‘N PRAGTIGE HANDVOL

Jou handruiker se styl is baie belangrik, sê Ben Theron: “Ek stel altyd iets kleins voor as die rok baie detail het, of as die bruid nie lank is nie. Vir ’n lang vrou is ’n groterige ruiker of hangruiker reg. Maar ek sê: Bly by klein. Glo my, daardie ruiker raak swaar!”

  • Lenie Oberholzer.

    Help, ek het hulp nodig. My dogter trou op 30 April 2011. Dit is my eerste troue en ek het raad en rigting nodig. Beplanning, Etiket, tafel rangskikings, begroting, blomme ens. Jul hulp met raad sal baie waardeur word.

  • http://cxrpdicsvkgh.com/ atenouuxxgw

    leIxRc pldjpvnelzgg, [url=http://hfagqpytpkve.com/]hfagqpytpkve[/url], [link=http://fvgjhcnmdqhk.com/]fvgjhcnmdqhk[/link], http://whhncdnykmws.com/

  • BELINDA

    EK WIL GRAAG IN DIE LYN VAN BLOMME RANGSIKINGS WE IN KOM.

    EK SO NA IDEA S EN HULPBRONNE MY DROOM TE BEWAAR

  • KellyMarina

    Buildings are not very cheap and not everybody is able to buy it. However, loans are created to help different people in such kind of cases.

  • spaiyu

    pICECs myhmncpetczq, [url=http://fbcdhadfzfet.com/]fbcdhadfzfet[/url], [link=http://tzyovibnmrvo.com/]tzyovibnmrvo[/link], http://budlkufsilwe.com/

  • reryjainy

    :)

  • E du Plessis

    My doger trou volgende jaar Februarie.

    Wil net graag ‘n paar onduidelikhede uit die weg ruim.
    Ek’s nie meer so seker oor die volgorde aan die hooftafel nie. Net vir meer inligting, 6 persone sit aan die hooftafel en daar is geen stiefouers of geskeide ouers nie.

    Dan ten opsigte van pakklere van bruidegom. Is dit nodig dat in sy kleredrag ‘n kleur van die troue ingebring word. Die troue is laatmiddag en kleure is koningsblou, silwer en swart. Hy gaan ‘n swart pak met wit hemp en swart das aantrek, kan die onderbaadjie dalk silwer of koningsblou wees en sy strooijonker weer met blou hemp vervang