FOTO Gallo Images / Getty Images

Bruid

Kyk hier hoe is Eloise gevra om te trou

Deesdae se kêrels is baie romanties. YouTube lê vol video’s van groot, romantiese gebare wat mans gedoen het om hul meisies te vra om te trou. Maar dit was dié eenvoudige gebaar wat ons beïndruk het.

Donnie McGilvray het vir sy meisie Eloise Donnelly gevra om die melk in die yskas te bêre, maar toe sy die yskas oopmaak, is dít wat sy gevind het.

En dié Coca Cola-liefhebber het die verloofring in die glas gesit!

Hoe is jy gevra om te trou? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

VIDEO: Wenke vir ’n romantiese verlowing