FOTO Juan Voges

FOTO Juan Voges

Bruid

Laudo Liebenberg se Karoo-troue

Met sy diep stem bekoor Laudo Liebenberg sedert 2007 gehore as hoofsanger van aKING. En op 1 Oktober het hy en Cara Bastiaanse voor familie en vriende op Snyderskloof in die Karoo getrou.

Dis asof tyd teruggedraai is, want Laudo en Cara het albei gelyk of hul uit die 1950’s kom. Hul fotograaf, Juan Voges van Rooiwolf, het net met film gewerk. En ons kan sien hoekom – dis perfek!

Volgens Juan, wat bekend is vir sy werk met film, het Laudo-hulle spesifiek daarvoor gevra.

“Ek het al voorheen met Laudo gewerk. Laudo en Cara het my gevra of ek die troue wil  afneem, want hulle hou van my foto’s en styl.”

Film is Juan se eerste liefde. “Dis maar my keuse van werk, die beperkings en dissipline. Ek hou van die gevoel, grein en kontras.”

Bekendes soos Pierre Greeff van Heuwels Fantasties en sy vrou, Jani, was ook deel van die bruilof.

Juan het spesiaal dié foto’s met ons gedeel.

Lees nou

FOTO’S: Springbok Pieter-Steph du Toit se troue

Aktrise Rolanda Marais se sprokiestroue