Stylvol.
Sprankelend.
Inspirerend!
Kommentaar van die
beoordelaars
FOTO: Jenni Elizabeth Photography

Stylvol. Sprankelend. Inspirerend! Kommentaar van die beoordelaars FOTO: Jenni Elizabeth Photography

Bruid

Só lyk ons Bruidspaar van die Jaar!

Rachel en Chris Venter van Kleinmond het op ’n warm Karoo-dag op Gary Player se perdeplaas Rietfontein naby Colesberg getrou – ’n plek wat vir die bruidegom besonderse herinneringe inhou.

Ons troudag was ’n dag propvol omgee, pret en DIY-elemente,” sê Rachel. Familie van die bruidspaar was by alles betrokke. Chris se suster het die trourok in meerminstyl gemaak, sy pa het gehelp met die onthaalplek, Rachel se ma het die spyseniering behartig, Chris se ma die blomme, en Rachel en haar span het gesorg vir dekor en vlaggies. Die bruid het ook haar eie hare en grimering gedoen.

“Ons was omring deur mense wat nie twee keer gedink het om hulp aan te bied nie. Met die samewerking van ons geliefdes en vriende sal ons altyd ons troudag onthou as ’n gemaklike, informele fees!” het Rachel as deel van hul inskrywing geskryf.

’n Elegante swart tweestukpak vir die bruidegom en ’n kraakwit hemp daarby, spesiaal vir hom gemaak deur sy suster, Wilhelmina. Vir “something old and something borrowed” het hy sy peetpa se dasspeld gedra FOTO: Jenni Elizabeth Photography

’n Elegante swart tweestukpak vir die bruidegom en ’n kraakwit hemp daarby, spesiaal vir hom gemaak deur sy suster, Wilhelmina. Vir “something old and something borrowed” het hy sy peetpa se dasspeld gedra
FOTO: Jenni Elizabeth Photography

Stylvol. Sprankelend. Inspirerend! Kommentaar van die beoordelaars FOTO: Jenni Elizabeth Photography

Stylvol. Sprankelend. Inspirerend!
Kommentaar van die beoordelaars
FOTO: Jenni Elizabeth Photography

FOTO: Jenni Elizabeth Photography

FOTO: Jenni Elizabeth Photography

Soos ’n droom! Rachel se trourok is ’n kombinasie van drie trourokke waaroor sy aanvanklik glad nie kon besluit nie. Toe ontwerp sy haar eie, met detail van elk. Haar skoonsuster, Wilhelmina Bracken, het die rok gemaak. Die satynsy wat vir die onderste deel gebruik is, het Wilhelmina ook self gekleur – van wit na sampioen. Sy het dieselfde gedoen met die lang sluier, wat ’n donkerder skakering is. Die nousluitende bo-stuk tot net bokant die knie is gemaak van ’n effens deurskynende materiaal met blink borduurwerk. Rachel se handruiker was ’n bossie eenvoudige gipskruid FOTO: Jenni Elizabeth Photography

Soos ’n droom!
FOTO: Jenni Elizabeth Photography

Rachel se trourok is ’n kombinasie van drie trourokke waaroor sy aanvanklik glad nie kon
besluit nie. Toe ontwerp sy haar eie, met detail van elk. Haar skoonsuster, Wilhelmina Bracken, het die rok gemaak. Die satynsy wat vir die onderste deel gebruik is, het Wilhelmina ook self gekleur – van wit na sampioen. Sy het dieselfde gedoen met die lang sluier, wat ’n donkerder skakering is. Die nousluitende bo-stuk tot net bokant die knie is gemaak van ’n effens deurskynende materiaal met blink borduurwerk.

Rachel se handruiker was ’n bossie eenvoudige gipskruid.

’n Perdekar – perfek vir ’n pasgetroude paartjie FOTO: Jenni Elizabeth Photography

’n Perdekar – perfek vir ’n pasgetroude paartjie
FOTO: Jenni Elizabeth Photography

Die kerkie op die plaas het Gary Player destyds vir sy dogter gebou FOTO: Jenni Elizabeth Photography

Die kerkie op die plaas het Gary Player destyds vir sy dogter gebou
FOTO: Jenni Elizabeth Photography

*Ons paartjie wen ’n tweede wittebrood by die luukse Narina Lodge in die Krugerwildtuin, asook juweliersware horlosies, reistasse en parfuum.

Sien als oor die troue in SARIE BRUID wat vanaf 10 September te koop is