Bruid

‘n Nuttige troue-tydlyn

12 MAANDE

* Stel ’n troudatum vas.
* Besluit hoe groot jou troue gaan wees.
* Kontak ’n huweliksbeplanner (indien julle een wil gebruik).
* Besluit waar die seremonie en onthaal gaan wees en bespreek die plek.
* Bespreek die persoon wat julle gaan trou.
* Stel ’n begroting op en besluit wie gaan vir wat betaal.
* Bespreek die fotograaf.

10 MAANDE

* Stel ’n spesifieke gastelys saam.
* Nader ’n ontwerper of boetiek vir jou trourok.
* Kies jou gevolg en bespreek hul uitrustings.
* Besluit op die spyseniering en bespreek ’n spysenier.
* Besoek ’n paar bloemiste oor jou blomme en kies die een waarvan jy hou.
* Kies die musikante, orkes en DJ en bespreek so gou moontlik.

8 MAANDE

* Bespreek en vergader met jou bloemis, dekorkonsultant en beligtingspesialis om die styl van jul troue te bepaal.
* Indien jy ekstra tafels, stoele of breekgoed moet kry, bespreek dit nou, nadat die atmosfeer en styl van jul troue bepaal is. 
* Bespreek jou hare- en grimeerkunstenaar.
* Begin met die spyskaart- en wynbeplanning.
* Stuur ’n “save the date”-e-pos of -kaartjie aan al die gaste.

6 MAANDE

* Stel ’n geskenklys saam. (Onthou om die lys later by te werk, nader aan die troudatum, aangesien sommige items later nie meer op die rak sal wees nie.)
* Ontwerp en bestel jou uitnodigingskaartjies.
* Sit besonderhede soos jou geskenklys en verblyfvoorstelle by die uitnodigingskaartjies of skep ’n webtuiste vir jou troue.
* Begin reël jul wittebrood.

4 MAANDE

* Pos die uitnodigingskaartjies. (As heelparty gaste ver woon, kan jy dit nog vroeër pos.)
* Praat met jou aanstaande oor sy en die strooijonkers se uitrustings.
* Beplan tafellyste vir die onthaal en kerkprogramme.
* Besoek juweliers vir inspirasie van trouring-ontwerpe.
* Finaliseer vervoer vir die troudag.
* Besluit of julle geskenkies vir die gaste gaan gee en kry dit gereed.

2 MAANDE

* Koop die trouringe.
* Raadpleeg ’n prokureur oor die huwelikskontrak en reël die troulisensie.
* Bestel drank (as dit nie deur die spysenier verskaf word nie).
* Koop bykomstighede wat by jou rok pas.
* Laat die strooijonker of een van die bruidegom se vriende die ramparty reël.
* Laat een van jou vriendinne of strooimeisies die kombuistee reël.

1 MAAND

* Pas jou rok aan en laat die gevolg ook hul uitrustings aanpas.
* Handel die tafellyste af sover jy kan en teken ’n sitplekplan.
* Teken finale skryfbehoefte-bestelling af.

1–2 WEKE

* Gaan haal jou trourok.
* Maak seker die bruidegom en gevolg se uitrustings is gereed.
* Bevestig gastelys (bel genooides wat nie reageer het nie).
* Bevestig die aantal gaste, tyd, plek en ander besonderhede finaal met die spysenier.
* Bevestig alles met die bloemis, fotograaf, videograaf, DJ en ander diensverskaffers. Maak seker alles is op skrif en dat genoeg tyd gelaat word vir moontlike verkeers- of ander probleme.
* Praat met die gevolg en seremoniemeester oor hul take.
* Bevestig die wittebroodreëlings.
* Reël dat iemand jou trougeskenke huis toe neem ná die onthaal.

3 DAE VOOR DIE TROUE

* Pak jou wittebroodstas.
* Bederf jouself met ’n skoonheidsbehandeling of massering (gesigbehandelings niks later as drie dae voor die troue nie).

2 DAE VOOR DIE TROUE

* Doen ’n proeflopie van die seremonie op die plek waar julle gaan trou, min of meer dieselfde tyd as wat die troue gaan plaasvind.

DIE DAG VOOR DIE TROUE

* Sien ons skoonheidskalender vir alles wat jy vandag moet doen.
* Gee die ringe vir die strooijonker.
* Bring tyd deur saam met jou familie en geliefdes.

OP JOU TROUDAG

* 30 minute voor jy instap: die plekaanwysers moet gereed staan
* 20 minute voor jy instap: die musiek begin
* 5 minute voor jy instap: die bruidegom se ouers sit
* Net voor jy instap: die bruid se ma sit  en bruidegom, strooijonker en dominee staan

NÁ DIE TROUE

* Handel laaste betalings af.
* Laat jou rok skoonmaak en stuur dit terug as jy dit gehuur het.
* Stel alle instansies so gou moontlik in kennis van jou naams- en/of adresverandering.
* Stuur dankie-kaartjies aan almal wat die troue bygewoon het of geskenke gestuur het.

deur Aleit Swanepoel, Aleit Wedding Coordination 021 887 4448, www.aleit.co.za

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • Dis ook maklik om AL die bogenoemde in 2 maande te doen, baie minder uitgerek en ook glad nie stresvol nie.
    Dit gaan immers oor die droom man en nie oor die droom troue nie… dis wel ook moontlik om albei te he!

  • COLENE VISSER

    Baie goed maar ek het n program vir die laaste week voor Saterdag my troudag nodig! en ook op die troudag soos 8 uur staan op……9 ontrby….10pak tassie en neem trourok na hotel 11 uur gaan vir hare 2 uur ligte ete by hotel 0 strooimeisie by my hare klaar nou kamer en nee bad dan kom joabne en grimering eers Ma strooimiesie dan ek die Bruid
    kar kom 4.30 …
    nou by die ker ligte musiek kinders stap in ma;s stap in klokkelui, belofte gelees – troumars begin en bruiden pa stap; wanneer sing JaCO wabwanneer kerse aansteek- ens

  • Sune Greef

    Het iemand dalk vir my ‘n "program" waarvolgens die onthaal verloop? Watter heildronke kom eerste ens ens ens?

  • Maryke van SARIE

    Hi Sune. Ons bevestig jou vraag net met ‘n troubeplanner en antwoord jou dan hier terug.

  • Monnique

    Ek wil weet oor die begroting is dit tradisie dat die bruid se ouers vir die hele troue betaal? En moet mens ‘n trou koek hê?

  • Monnique

    Julle al ooit gehoor van ‘n bruid wat 2 keer met selfde man trou, in twee verskillende lande in 6 maande! Wel ek moet en voor die magistraat gaan my eerste een wees, daarna die droom troue wat ek nog altyd wou gehad het! My vraag is hoe kan mens die diens voor die magistraat romanties maak?

  • Elizma

    Monnique, trou julle buite gemeenskap? Jy kan jou hvk en register voor die tyd kry en teken en dan net n romantiese diens dalk by julle huis of in n mooi tuin hou wat jy dan self kan opmaak.

  • mariette

    kan julle my dalk help met bewoording vir troukaartjies asb?

  • 3UTsIn itvpwqmvmhex, [url=http://ooktsujtpfyl.com/]ooktsujtpfyl[/url], [link=http://gqegzqdnkehf.com/]gqegzqdnkehf[/link], http://rotyttabkehj.com/

  • Jana

    Ek wil graag die antwoorde op al die boonste vrae of kommentaars hê!? Lol

  • Troukaartjies,is dit nodig vir n strooimeissie?

  • Troukaartjies,is dit nodig vir n strooimeissie?

  • Ronel

    Kan iemand dalk vir my n program stuur oor hoe die onthaal verloop, bedankings ens ens. Dankie Ronelo

  • Sandra Gage

    Kan iemand vir my asb se wat die rol van die blommemeisietjies presies behels.

  • Amanda

    Ek is dringend opsoek na die korrekte Afrikaanse bewoording vir die seremonie program, oftewel "Order of Service". Kan iemand help, groot asb?

  • AMANDA

    BAIE NUTTIG. HET OOK NET ‘N LYS NODIG VAN VOLGORDE VAN VERRIGTINGE MET SEREMONIE, ASOOK ONTHAAL.

    Baie Dankie

  • Jo-Anne Edwards

    Kan iemand my asb help met die verloop van die onthaal, toesprakke ens..en ook wat die stooijonker se pligte is?

    Dankie

  • M

    Het iemand dalk vir my ‘n "program" waarvolgens die onthaal verloop? Watter heildronke kom eerste ens ens ens?

  • rbidsvtkxg

    fqhDml hoyaagfdsyaz, [url=http://ricyngfnskbi.com/]ricyngfnskbi[/url], [link=http://kjicdcxjfvuq.com/]kjicdcxjfvuq[/link], http://phdpvnffpqwf.com/

  • Rachie Vra

    Het iemand dalk vir my ‘n "program" waarvolgens die onthaal verloop? Watter heildronke kom eerste ens ens ens?

  • Estee

    Ek wil ook graag weet watse heildronke kom eerste, en hoe di onthaal verloop, asb…

  • Ilisma

    Het iemand dalk vir my ‘n "program" waarvolgens die onthaal verloop? Watter heildronke kom eerste ens ens ens?

  • Zelda Jonker

    Ek soek n program van hoe die seremonie kan verloop? Enige raad asb!?

  • Cornell

    Wil graag uitvind in watter volgorde die heildronke op ‘n troue ingestel word. Is dit eerste die oupa’s en ouma’s of eerste die ouers?

  • Ena Hamman

    Kan iemand my asb help met troukaartjie- bewoording?

  • Anton

    Iemand het my gevra om seremonie meester te wees op hul troue. dis my eerste keer. het iemand dalk vir my inligting wat moet wanneer gebeur ( program). Baie dankie.

  • Elize Roux

    Middag
    Ek wil graag weet wat is die Bruidegom se ouers se verandwoordelikheid rondom ‘n troudag van hul seun>

  • Tanya

    Het iemand dalk vir my ‘n "program" waarvolgens die onthaal verloop? Watter heildronke kom eerste ens ens ens?

    Middag Ek wil graag weet wat is die Bruidegom se ouers se verandwoordelikheid rondom ‘n troudag van hul seun

    Kan iemand my asb help met die verloop van die onthaal, toesprakke ens..en ook wat die stooijonker se pligte is? Dank

  • Ora Kuhn

    Kan iemand asb stipuleer wat is die bruid se ouers se verantwoordelikheid en wat is die bruidegom se ouers se verantwoordelikheid (tov blomme, onthaal ens).

  • RONEY

    EK WIL NET WEET WAT MOET PRESIES IN DIE KERKBLAADJIE STAAN GEDURENDE DIE SEREMONIE?
    VANAF 1 TOT DIE LAASTE?

  • Lizette

    Middag kan iemand dalk help?? Ek is opsoek na ‘n moontlik program van hoe die seremonie moet verloop.

  • Leoni

    Hallo…
    Ek is opsoek na hoe ‘n kerkprogram moet lyk asook die program vir die onthaal …
    Kan enigeeen my asb help…..
    Het geen idee hoe dit werk nie….

  • Sonja

    Het iemand dalk vir my ‘n "program" waarvolgens die onthaal verloop? Watter heildronke kom eerste ens ens ens en ek is opsoek na hoe ‘n kerkprogram moet lyk asook die program vir die onthaal!
    Dankie, enige hulp sal waardeur word.

  • BRENDON

    DIT IS N BAIE GEWILDE PLAN

  • magda

    enige iets anders vir dankie se geskenk

  • Liesel

    Goeie more

    Ek soek graag ‘n program van hoe die onthaal verloop.

  • Teresa

    Goeie dag mense, ek soek groot asb ‘n program van hoe die onthaal moet verloop ek soek dit stap vir stap asb ek het ni n idee hoe dit gedoen word nie!

  • Zani

    Ek het hulp nodig. Ek trou oor 9maande en sukkel om ‘n voorbeeld van die kerk program te kry vir die troue. Is daar enige iemand wat my kan help asb.