joe
Bruid

Oeps! My inskrywing wil nie laai nie. Wat is die rede?

Probleem: Jy word nie toegelaat om die inskryfvorm in te vul nie.
Oplossing:
Jou antwoord was nie korrek nie. Onthou, ons soek die bladsynommer waarop die wedstrydaankondiging in dié uitgawe begin.

Probleem: Jou foto’s laai nie op nie.
Oplossing:
Jou foto’s is té groot of té klein. Sorg dat elkeen van jou foto’s groter as 100 kB en kleiner as 4 MB is. Vra jou fotograaf vir raad as jy onseker is.

Probleem: Jou foto’s is die regte grootte, maar wil steeds nie oplaai nie.
Oplossing:
Die foto’s is heel moontlik in die verkeerde formaat. Alle foto’s moet in ’n jpeg-formaat wees.

Probleem: Jou motivering word nie aanvaar nie.
Oplossing:
Jou motivering is dan te lank. Die woordbeperking is 400 woorde. Skryf jou motivering eers in in ’n Word-dokument en toets jou woordtelling só: Bepaal (‘highlight’) jou hele motivering en klik op ‘Word Count’ onder ‘Tools’ om jou woordtelling te toets.

Dit kan ook gebeur dat jou internetverbinding tydens die oplaai onderbreek word. Probeer dan later weer.

  • Lolla

    Ek wil so graag inskryf maar kry nerens Sarie bruid nie! Help groot asb!

  • http://rpkeugirxiwx.com/ mwikpwrg

    kp2qwM tjxhyqkhbiiw, [url=http://xivyptkdtmgf.com/]xivyptkdtmgf[/url], [link=http://gpnscwscuzyh.com/]gpnscwscuzyh[/link], http://eevvcisuzzyv.com/

  • RENE

    Ek wil ook inskryf, maar die antwoord wat gegee word se hulle is nie reg nie – wat nou?????

  • Lize-ann

    Ek wil inskryf, maar hy bly vir my ook se my antwoord is nie reg nie!!! Hoe kry ek dit reg????????

  • Vallerie

    Hi, ek het verlede week al ingeskryf maar is nie seker of jul my inskrywing ontvang het nie omdat daar nog niks op jul webtuiste wys nie. Nadat dit opgelaai was het die webblad terug na die vraag wat jul vra voor ‘n persoon kan inskryf gespring, beteken dit dat die inskrywing suksesvol was of nie?

  • Antoinette

    JY MOET NET 128 INSIT EN NIE BL128 NIE. DAN SAL HY HOM VAT AS DIE KORREKTE ANTWOORD

  • talita

    wil ook inskryf maar my antwoord is blykbaar verkeerd??

  • Zelma

    ek het ingeskryf, maar my internet het my bly afgooi, dan begin ek van voor af. nou is die inskrywing 3 maal op?

  • Leanie

    Ek tik heeltyd net 128 in, maar hy wil dit nie vat nie.

  • Johan

    mag ek stem vir my bruidspaar van die jaar?

  • Elaine

    Ek het ingeskryf en registreer wel op die webblad – maar nou is daar net een foto in plaas van drie – hul is die regte grootte en in j-peg formaat. Wat doen ek nou? Hoe kry ek die ander twee foto’s opgelaai?

  • Ingrid

    Ek wil graag iets edit in my inskrywing wat klaar op die web blad is, maar ekt nooit ‘n link gekry na my e pos toe nie.. hoe log ek in? Kan iemand help, dankie!

  • Lynette

    Ek het al twee keer gelaai, my internet sluit nie af nie, nou is daar twee inskrywings sonder fotos, kan nie my profile edit nie.

    My fotos in die regte formaat en kleiner as 4MB.

    Help asseblief.

  • Madelein

    Ek sukkel om my inskrywing op te laai – vandag is die laaste dag en sodra ek als wil laai, maak die bladsy toe en gooi ‘n error uit.
    Al my ingligting is korrek en foto’s is regte grootte… Hoe nou gemaak?

  • Marnarie

    Asb kan iemand help!? Ek probeer al van gister heeldag en vandag in te skryf, maar wanneer ek klaar alles ingevul het en die foto’s ingesit het en ek druk enter (of kliek op stem) dan load hy, maar na ‘n paar minute gooi hy my net sommer uit en se die internet werk nie. Ek het al seker 20 keer die hele proses gedoen. My foto’s is kleiner as 2MB, my woorde is minder as 400, en my foto’s is JPEG. Ons wil graag inskryf, is al ‘n maand getroud en dis ‘n fees!!

  • Marnarie

    Kan iemand asb vir my help!? Ons wil graag inskryf, maar elke keer as ek klaar alles ingevul het, reg geantwoord het en dan kliek stem, of enter, dan vat dit vrek lank en dan eweskielik gooi hy my sommer heel uit. Ek sukkel al die hele gister en vandag. Alles is ingevul, antwoord is reg, foto’s is kleiner as 2 mb asook in JPEG. Woorde is minder as 400! asb help die tyd raak nou min en ek sukkel:(

  • Callista

    Ek wil graag uitvind- nou dat ons ingeskryf is en die sluitingsdatum is verby- wat nou? Wat is die proses van hier af? Baie dankie- ek sien uit om te hoor!

  • Carin

    HI Daar, kan ek nog steeds in skruif vir bruid van die maand ?

    13 Maar 2011

  • Tanya Smit

    Hi daar, dit vra nêrens op die inskrywingsvorm vir my om die vraag te beantwoord nie? waar vul ek dit in? Dankie!

  • SARIE

    Tanya, daar is geen vraag om te antwoord by die kompetisie nie. Jy moet net jou details invul.

  • Euruka

    Daar is nerens plek om die antwoord in te vil n ie. HELP!!!!!!!!

  • Euruka

    Kan ek my motiveering in Engles skryf. Ons is Engels.

  • trudie

    Ek het al alles probeer maar kan nie my inskrywing laai nie kry n diagnosis …. fout rede op die blad help asb

  • Melise

    Hi! Ek is SO opgewonde om in te skryf maar sukkel nou al 4 dae! Alles is reg, minder as 400 woorde, fotos regte grootte, alles ingevul? Wat kan dit moontlik nog wees? Help asseblief! Dankie.

  • Rochelle

    hi ek wil soooo graag inskryf maar my goedtjies wil nie deur gan nie waar tik ek die bladsy nommer in niks wil werk nie. HELP ASB

  • Erna

    Hi ! Ek sukkel om die inskrywing deur te kry, alles weer na gegaan, alles is reg, en sien ook nie plek waar die vraag beantwoord moet word nie.. Help asseblief!

  • Mariette

    Ek probeer ook inskryf maar die inskrywing wil ook nie deur gaan wat wat staan my te doen. Alles is in die regte format soos versoek maar met geen sukses. Kan iemand my asb help om die inskrywing deur te kry asb

  • Desiree van den Berg

    hi ek sukkel alles is reg foto grote en formaat minder as 400 woorde vir die liefdes verhaal en elke keer as ek se skryf in load hy n rukkie en se internet explorer can not display this web page! kan iemand my help ?

  • Anine Nolte

    Ek sukkel om my inskrywing deur te kry. Ek het weer na alles gekyk en alles is reg, maar as ek se "skryf in" dan kry ek ‘n "problem loading page" Ek probeer nou al 3 dae, help asb!