FOTO Tasha Seccombe

FOTO Tasha Seccombe

Bruid

Ons Bruidspaar van die Jaar 2015/6

Buite het die herfsson koper oor die gekleurde wingerdblare van Stellenbosch geskyn terwyl Silke en Brink Bosman binne in die gloed van kerslig getrou het. En toe vloei Silke se trane …

“Ek het besef my troudag gaan oor my prins, die een deksel wat pas, die ridder op sy perd en die belofte wat ons aan mekaar maak vir ’n leeftyd saam,” vertel sy oor hul troudag op 9 Mei 2015 by 401 Rozendal.

FOTO Tasha Seccombe

FOTO Tasha Seccombe

“Ons wou graag hê ons gaste moes ’n stukkie van ons liefde vir mekaar ervaar.”

Daarom het hulle ’n warm atmosfeer geskep met koper blinkertafeldoeke, baie kerse, ’n kaggel en katoensade tussen die blomme.

“Dit was ook vir my baie spesiaal om my belofte voor Brink se kinders, Mienke (9) en Luhan (5), te maak.”

Binnekort verwelkom hulle ’n eie seuntjie, Benn, en hul storie word al hoe mooier en voller.

FOTO Tasha Seccombe

FOTO Tasha Seccombe

Sien nóg foto’s én kry hope trou-inspirasie in SARIE BRUID, te koop vanaf 29 Augustus 2016.

Silke en Brink wen ’n wegbreek as tweede wittebrood by Tintswalo Atlantic aan die Atlantiese kus naby Houtbaai in die Kaap, asook juweliersware, reistasse en parfuum.

*Ons 2016/7-wedstryd skop af sodra SARIE BRUID te koop is, 29 Augustus 2016. As julle tussen 1 Februarie 2016 – 28 Februarie 2017 getrou het, kan julle inskryf.