FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Bruid

Cheryl Cole trou in die geheim – só lyk haar ring PLUS 15 ander ringe

Die Britse sangeres en haar Franse kêrel van net drie maande het besluit om in die geheim te trou, berig The Guardian. Lees die volledige artikel hier.

Cheryl Cole, beoordelaar op die Britse realiteitsreeks The X Factor en sangeres van onder meer “Parachute” en “Fight for This Love”, het haar Franse man by vanjaar se Cannes-rolprentfees ontmoet.

Sy en Jean-Bernard Fernandez-Versini het op die eiland Mustique in die Atlantiese Oseaan ewige trou aan mekaar beloof. Die geleentheid was klein en intiem met slegs vier gaste. Cheryl se ma, Joan Callaghan, was onder die gaste.

Die sangeres het haar groot nuus gister op haar Instagram-blad gedeel saam met ’n foto van haar troupand en verloofring, lg. met ’n diamant in die radiant-snit.

Die verliefde paartjie het reeds verlede Maandag, 7 Julie, getrou!

“Ons is baie gelukkig en opgewonde om saam vorentoe te beweeg met ons lewens,” het sy geskryf nadat sy eers verduidelik het dat sy gewoonlik nie sulke private inligting deel nie.

Cheryl, wat Desember in die Kaap vakansie gehou het, was voorheen getroud met die Britse sokkerster Ashley Cole. Dié twee se paaie het in 2010 geskei.

Bron: The Guardian

Nóg verloofringe soos Cheryl s’n – kies jou gunsteling!

Die diamant van die verloofring wat Cheryl se restaurateur-man vir haar gegee het, is in die radiant-snit gesny. Met Cheryl se ring as inspirasie het ons 15 ander verloofringe met radiant-diamante op Etsy gesoek.

Watter een is jóú gunsteling?

Kyk na nóg ringe op Etsy.

Nóg in SARIE.com se bruid-afdeling

  • Taryn Pretorius

    Is dit nie Kimberley Walsh van die groep Girls Aloud op die foto nie?

  • Leandri

    Daai is Kimberley wat saam Cheryl gesing het in Girls Aloud. Defintief nie Cheryl nie!