sarie_bruid2011
Bruid

SARIE BRUID 2012/2013 wedstrydreëls

1. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 28 Februarie 2013 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Die wenner word in ’n latere uitgawe van SARIE bekendgemaak.

2. Slegs inskrywings wat korrek op sarie.com gedoen word, sal aanvaar word. Geen posinskrywings sal oorweeg word nie.

3. Paartjies wat tussen 1 Februarie 2012 en 28 Februarie 2013 in Suid-Afrika trou, mag inskryf.

4. Alle ekstra uitgawes soos drankies, lughawebelasting, fooitjies, ens., is uitgesluit.

5. Geen direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van Media24, enige van die borge van die wedstryd, reklame-, advertensie- en digitale maatskappye betrokke of hul huweliksmaat, lewensmaat, ouer, kind, broer, suster, besigheidsvennoot of enigiemand anders met hegte verhouding met dié persoon, mag deelneem nie.

6. Inskrywings moet een vollengte-, een kop-en-skouers-naby-kleurfoto en een foto van jul keuse insluit.

7. Inskrywings en foto’s word die eiendom van SARIE BRUID. Alle foto’s mag in SARIE, SARIE BRUID en op sarie.com gepubliseer word.

8. Enige paartjie wat nie meer getroud is wanneer die finale keuse gemaak word nie, sal gediskwalifiseer word. Indien die huwelik verbrokkel voordat die paartjie die pryse gebruik, sal hulle dit verbeur en die pryse sal aan ander deelnemers gegee word.

9. Wenners en finaliste moet bereid wees om afgeneem of verfilm te word vir ander mediadoeleindes wat aan die wedstryd gekoppel is.

10. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.

11. Pryse 
is nie verhandelbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.

12. SARIE BRUID bied die wedstryd namens World Leisure Holidays, Arthur Kaplan Jewellers, Elie Saab, @home en Michel Herbelin aan as diens vir haar lesers. Die borge voorsien en is verantwoordelik vir pryse.

13. Hotelverblyf is onderhewig aan beskikbaarheid.

14. Media24, direkteure en werknemers asook die wedstrydborge, hul families en digitale en bemarkingsagentskappe word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat die wenners kan hê weens skade/beserings vanweë deelname aan die wedstryd of benutting van pryse.

15. Met die inskrywing stem elke paartjie in om by die reëls te hou.

16. Die wedstryd is onderhewig aan die toepaslike regulasies en wette.

  • Linda

    Ek sukkel om in te skryf, die ding se ek maak ‘n fout en ek moet die terme en voorwaardes aanvaar. maar ek het die boksie getick.

    Help asb

  • Melanie

    Ek probeer om die foto’s op te laai, maar hy laai al die foto’s by die kop-skouer foto op. Help asb

  • Elene

    Mag ek n foto in my inskrywing omruil vir n ander een? ek het perongeluk die verkeerde foto gelaai , donker foto inplaas van kleur

  • Tarien Fourie

    Hoe word finaliste gekies? Moet daar vir hulle gestem word of kies beoordelaars die finaliste?

  • Janine

    Ek kry nie my foto’s opgelaai nie, dit sê heeltyd dis die verkeerde formaat….maar wat is dan die regte formaat? HELP asb

  • Yolanda

    Julle internet website en julle termes en voorwaardes verskil. Op die website wys dit die volgende:

    Ons soek na die sprankelendste bruidspaar van die jaar. Het julle op of ná 1 Februarie 2011 en voor of op 28 Februarie 2012 getrou?

    Die termes sê slegs paartjies wat van 28 feb 2011 af getrou het mag inskryf. So mag almal wat vanaf 1 Feb 2011 getrou het inskryf?

  • Mareth

    Ek sien die termes en voorwaardes sê: "Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 Februarie 2012 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie."

    Die inskrywings voorblad sê egter: "Ons soek na die sprankelendste bruidspaar van die jaar. Het julle op of ná 1 Februarie 2011 en voor of op 28 Februarie 2012 getrou?"

    Die termes en voorwaardes stem dus nie ooreen met advertensie nie, of verstaan ek dit verkeerd?

    Ons trou die 28st Januarie 2012 so ons val defnitief in die 2011/2012 jaar en wil baie graag inskryf vir die kompetisie. Ons fotos gaan egter seker eers erens in Februarie reg wees, so sal ons kan inskryf in Feb 2012?

  • Louise Middleton

    Ek het my inskrywingsvorm ingevul, maar daar was nie ‘n plek om die vraag in the vul nie.
    Ek het ook ‘n e- pos ontvang om te se my inskrywing was suksesvol.
    Volgens die wedstrydreels, word net korrekte inskrywingsvorms aanvaar.
    Is my inskrywing aanvaar of nie?

  • Rudine Bekker

    Bevestig asb die sluitings datum vir die Sarie Bruid kompetisie.

  • Anneke

    Is die sluitingsdatum van kompetisie 1 Februarie 2012 of 28 Februarie 2012 ,want volgens jul webtuiste is dit 28 Februarie 2012 &by termes&voorwaardes is dit 1 Februarie 2012???????????????????????

  • Claudette Janse van Rensburg

    Ek het 2 keer gelaai, is daar n manier wat die verkeerde een net verwyder kan word asb.

  • Marie

    Hoe kan mens jou foto’s verander????

  • Lerissa Pretorius

    Hoe kan ek die fotos verander???Het die verkeerde fotos opgesit….HELP ASB???En hoe stem jy vir die kompetisie???

  • Antoinette

    ek het alles probeer wat is die probleem

  • Lerey

    Hi hoe verander n mens jou foto,en dan hoe stem mense of stem Sarie?

  • Willoé

    HI Sarie, hoe stem mens en waar beantwoord ek die vraag? dankie

  • Nicola Theron

    Hi daar uit namibie!
    Ek het 28 februarie ingeskryf maar my inskrywing verskyn nie op die webtuiste nie? Neem dit n paar dae of is iets fout? Help asb!
    Nicola Theron

  • Frances

    Hoe skryf mens in as jy 25 Februarie 2012 getrou het, maar die sluitingsdatum is 28 Februarie 2012?

  • Chris-Marie

    Ek het die 10de Desember 2011 getrou en het eers baie laat my fotos gekry, gaan daar nog n kans wees vir desember bruide om in te skryf??

  • Megan Marais

    Hi!!

    Ons het 21 Januarie 2012 getrou, en ons fotos eers laas week ontvang?!
    Sal daar nog ‘n geleentheid wees vir ons om in te skryf na die kompetisie toe?

    Sien uit daarna om van julle te hoor!
    Groete

    Megan Marais*

  • Annali de Jongh

    Hi. Ek het die 12de Januarie 2012 getrou en eers vandag my foto’s ontvang. Mag ek nog inskryf?? Annali de Jongh

  • Elise Yssel

    HELP! Is daar enigsins nog ‘n kans dat ek nog kan inskryf vir bruid van die jaar 2011/2012? Ek het helemal deurmekaar geraak met die sluitingsdatum. Dit sal soooooo baie beteken as ek nog kan inskryf, GROOT ASB!!!! Ek sal die geleentheid baie waardeer. Dit was nog altyd my grootste wens dat ek sou kon inskryf! Maar nou het ek die sluitingdatum helemal mis gehad!Sien uit om van julle te hoor.Elise

  • Elaine Nolte

    SARIE, ek wil ook graag weet of daar nog ‘n kans is dat my dogter kan inskryf? Ek weet dis al amper ‘n maand na die afsny datum, maar my ma het vir my die uitknipsel gebring en gesê dat my dogter moet inskryf. Sy het gesien die SARIE is ‘n Maart uitgawe, maar nie gekyk na die sluitingsdatum nie. Ek sal heeltemal verstaan indien sy nie meer kan inskryf nie, maar ek het net gedink dit sal nie skade doen om te vra nie. Ek sal jul besluit respekteer. Baie, baie dankie.

    Groete

    Elaine Nolte

  • Mariki

    Hallo, Ons het 17 Des getrou en ek het eers onlangs ‘n paar van my foto’s gekry (het nogsteeds nie eers al my foto’s nie). Wat is die kans dat ek dalk nog kan inskryf? of kan ek nie maar vir die volgende jaar sn dan inskryf nie.

    Ek verstaan kompetisies moet reels he, maar sonder foto’s kan mens nie inskryf nie, en die foto’s is buite my beheer. Dis darem nie my skuld dit het so lank gevat nie.

    Hoop daar is dalk ‘n oplossing.

  • Curious

    Kan iemand dalk vir ons ‘n aanduiding gee van wanneer die finaliste bekend gemaak gaan word, dus nou al ‘n maand na die sluitingsdatum???

  • Carina Meiring

    Ek stem saam – dis onregverdig vir Feb 2012 bruide!!!! Hoop ons kry volgende jaar darem kans?

    Dan is dit vir bruide 01/02/2012 – 28/02/2013?

    Ek hoop so….

  • Amanda

    Ons het die 31ste Maart 2012 getrou – wanneer kan ons – ons inskrywing instuur ???

  • Veronique

    Ek het getrou die 28ste Januarie 2012.
    Ek wil graag inskryf, maar soos jul weet vat dit gewoonlik ‘n hele ruk tot mens jou foto’s kry en ek het dit toe eers na die sluitingsdatum gekry…

    Sal ek nog kan inskryf? GROOT ASB!

    Of sal ek volgende jaar kan inskryf?

  • Lizelle Strydom

    Ons het 31 Maart 2012 getrou. Wanneer sal ons ook kan inskryf vir die kompetisie?

  • Roxane

    Ek wil ook inskryf maar het nou die 14de April 2012 getrou, gaan daar ‘n volgende kompetisie wees waarvoor ons kan inskryf? Laat weet asb. Dankie.

  • Nicolene Camher

    My vriendin is naby einde February 2012 getroud en wil ook graag inskryf. Soos talle ander se kommentaar is dit onmoontlik om in te skryf as jy nog nie fotos ontvang het voor 28 Februarie nie.
    Sal sy later kan inskryf vir die 2013 Bruid van die jaar?

  • Vanessa van der Merwe

    Wanneer kan ons inskryf vir 2012/2013? Ons het 24 Maart 2012 getrou en wil vreeslik graag deelneem.

  • Frances

    SAL GRAAG WIL WEET: AS JY 25 FEBRUARIE 2012 GETROU HET, HOE KRY JY JOU FOTO VOOR 28 FEBRUARIE 2012 IN VIR DIE KOMPETISIE? OF SKRYF JY DAN VIR 2013 IN? KAN SARIE TYDSKRIF MY ASB KONTAK IVM HIERMEE????

  • Rochelle van Staden

    ek wil graag inskryf vir bruidspaar vani jaar 2013 kan julle my asb help hoe ek dit doen, baie baie dankie

  • Marlie Vosloo

    Is daar nog enige inskrywing wat ek kan doen as ek des 2011 getrou het, enige plek asb?

  • Vanessa Reyneke

    Ons het 28 Januarie 2012 getrou en ons het eers langer as maand die troufotos gekry. Ek wil graag die kompetisie inskryf. Kan ek steeds inskryf of wag vir 2013 se kompetiesie? Help asb

  • Lanie Godsil

    Hi! Ek het 24 Feb 2012 getrou. Wanneer kan ek inskryf?

  • Renée

    Hi ons is 18 Maart 2012 getroud. Wanneer kan ons inskryf en hoe?

  • Helanie de Wet

    Ons troudatum is 28 April 2012, wanneer kan ons inskryf vir die kompetisie vir 2012/2013.

  • Louise Staebe

    Hello ons het 7 April 2012 getrou, wil weet wanner ons kan in skryf vir kompetisie!

  • LYNMARI BRINK

    Hi daar, nes al die ander wil ek graag weet hoe en wanneer ek kan inskryf vir 2012/2013, het 07 April 2012 getrou!

  • Lou-Ann van SARIE

    As jy getroud is tussen 1 Februarie 2012 en 28 Februarie 2013, kan jy vir ons nuwe wedstryd wat later vanjaar afskop, inskryf. Die nuwe uitgawe van SARIE BRUID (met al die inligting rondom die nuwe wedstryd) sal rondom September 2012 op die rakke wees.

  • Annelize botha

    Ons troudatum was 28 April 2012. Wanneer kan ons inskryf vir die kompetisie

  • Lizanne

    Ons het op 16 Junie 2012 getrou en wil graag vir die kompetisie inskryf.
    Kan julle my asb help met hoe ek kan inskryf en die fotos kan oplaai?
    Dankie

  • Tarynne

    Ek en my man is op die 3de Maart 2012 getroud, kan ons nog inskryf vir bruidspaar?

  • Lizanne du Plessis

    Sal die Sarie dophou in September maand 2012! Is 28 April 2012 Getroud!

  • Amanda

    Ek en my man het getrou op die 28 April, wanneer is die volgende inskrywings

  • Leana en Andrew

    Ons het 3 Maart 2012 getrou en sal in spanning wag vir die September uitgawe van Sarie bruid sodat ons kan inskryf!! x

  • Cicilia Beukes

    Ons is die 3 Augustus getroud en wil graag inskryf vir die bruidskompetitiese vir 2012

  • Yolandi

    Yolandi

    Ek en my man is maart 2012 getroud wane kan ek inskryf vir ‘n bruids kompetiesie asb ek wil graag deel neem aan so iets

  • LEIZL

    EK WIL GRAAG WEET WANNEER DIE KOMPETIESIE PLAAS VIND VIR DIE WAT IN APRIL GETROU HET? EK HET AL GESOEK VIR DIE INSKRYWINGS VORM EN NIKS GEKRY WAARIN SAL DIT DUS GEPUBLISEER WORD IN DIE SARIE SELF SARIE BRUID? KAN JY IN SKRYF OP DIE WEB WERP.

  • Elmarie van Straten

    Ons het die 31ste Maart 2012 getrou – wanneer kan ons – ons inskrywing instuur ?

  • Danny

    Is daar regtig nie n opsie om deur die internet in te skryf nie??

  • Erna

    Na 5 dae is van ons kommentaar verskyn kommentaar nog nie.
    Is julle onder druk om te modereer?
    Is geduld die antwoord.

  • CHAMELL

    Ek wil graag weet met trane in my oe wanneer kan die bruide van Januarie maand inskryf?Julle soek bruid van die jaar,maar wat van januarie maand dis mos die begin van die jaar 2012.Ek wil baie baie graag inskryf ons het 14 januarie 2012 getrou Help!! Help asb!!

  • CHAMELL

    ONS TROUDATUM WAS 14 JANUARIE 2012 EK WIL BAIE GRAAG WEET WANNEER ONS KAN INSKRYF?EK WIL BAIE GRAAG OOK INSKRYF JULLE SOEK BRUIDE VAN DIE JAAR WAT VAN JANUARIE MAAND 2012?ASB HELP EK WIL BAIE BAIE GRAAG OOK INSKRYF!!!!!

  • Natasha

    waar skryf ek in?? help asb

  • Bianca

    Ek en christo is die 13de oktober 2012 getroud …..wil graag weet waar ons kan inskryf vir bruidspaar?

  • Karen Visser

    soveel mense het al kommentaar gelewer op ons inskrywing maar ek sien geen. hoe sien mens dit ?

  • ADELINE

    ONS IS GETROU DIE 17 NOVEMBER 2012 WIL GRAAG WEET WAAR ONS INSKRYWING KAN KRY
    ASSEBLIEF

  • Sonja van Wyk

    Hi, My brief sê heeltyd daar is korrikteer die foute maar ons het al almal gekyk en sien niks, hoe maak ek nou?????????????? Sonjab.botha@gmail.com

  • Maruschka

    Hi, ek het perongeluk n tik fout gemaak met my man se naam op ons inskrywing… Hoe kan ek dit verander????

  • Francis Steyn

    Hallo, ons is die 17de november 2012 getroud, waar kan ek inskryf?

  • Elné Stapelberg

    Hi ek het 13de Oktober 2012 getrou. Hoe skryf ek in?

  • Karin Klopper

    My dogter ondervind probleme om jul webtuiste te open.Is daar dalk iets foutief met jul webwerf? Sy is getroud op 27 Oktober 2012 en wil graag inskryf.Dankie

  • Marthani

    My foto’s wil nie wys nie en ek het al twee keer probeer stuur. Ek het wel gesien dit se dat ek suksesvol ingeskryf het aan die einde nadat ek alles ingevul het.