sariebruid_2012_small_
Bruid

SARIE BRUID 2012/2013 wedstrydreëls

1. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 28 Februarie 2013 en geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Die wenner word in ’n latere uitgawe van SARIE bekendgemaak.

2. Slegs inskrywings wat korrek op sarie.com gedoen word, sal aanvaar word. Geen posinskrywings sal oorweeg word nie.

3. Paartjies wat tussen 1 Februarie 2012 en 28 Februarie 2013 in Suid-Afrika trou, mag inskryf.

4. Alle ekstra uitgawes soos drankies, lughawebelasting, fooitjies, ens., is uitgesluit.

5. Geen direkteur, lid, vennoot, werknemer, agent of konsultant van Media24, enige van die borge van die wedstryd, reklame-, advertensie- en digitale maatskappye betrokke of hul huweliksmaat, lewensmaat, ouer, kind, broer, suster, besigheidsvennoot of enigiemand anders met hegte verhouding met dié persoon, mag deelneem nie.

6. Inskrywings moet een vollengte-, een kop-en-skouers-naby-kleurfoto en een foto van jul keuse insluit.

7. Inskrywings en foto’s word die eiendom van SARIE BRUID. Alle foto’s mag in SARIE, SARIE BRUID en op sarie.com gepubliseer word.

8. Enige paartjie wat nie meer getroud is wanneer die finale keuse gemaak word nie, sal gediskwalifiseer word. Indien die huwelik verbrokkel voordat die paartjie die pryse gebruik, sal hulle dit verbeur en die pryse sal aan ander deelnemers gegee word.

9. Wenners en finaliste moet bereid wees om afgeneem of verfilm te word vir ander mediadoeleindes wat aan die wedstryd gekoppel is.

10. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.

11. Pryse 
is nie verhandelbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.

12. SARIE BRUID bied die wedstryd namens World Leisure Holidays, Arthur Kaplan Jewellers, Elie Saab, @home en Michel Herbelin aan as diens vir haar lesers. Die borge voorsien en is verantwoordelik vir pryse.

13. Hotelverblyf is onderhewig aan beskikbaarheid.

14. Media24, direkteure en werknemers asook die wedstrydborge, hul families en digitale en bemarkingsagentskappe word gevrywaar teen alle eise en/of laste wat die wenners kan hê weens skade/beserings vanweë deelname aan die wedstryd of benutting van pryse.

15. Met die inskrywing stem elke paartjie in om by die reëls te hou.

16. Die wedstryd is onderhewig aan die toepaslike regulasies en wette.

  • Lize

    Middag
    Ons het in Namibie getrou, mag ons ook deelneem?
    Groete

  • Nadia

    Ek wonder ook hoekom mens net mag inskryf as jy in Suid-Afrika getrou het…?
    Ons het in Switserland getrou en ek sou so graag ook my mooi troufoto’s met jul wou deel.
    Voel byna soos diskrimminasie :-)
    Groete,
    Nadia.

  • San-mari Swartz

    ons bly in namibia maar is getroud in Port Nolloth in SA mag ons deelneem??

  • Phumzile

    Ek kry nie nie info en foto’s gestuur nie, het al 4 keer probeer help asb. Is dit dalk te groot???

  • Mariske

    Mag ons inskryf as ons vir ‘n soortgelyke kompetisie (in ‘n ander Media 24 publikasie) ook ingeskryf het?

  • Riekie Wolmarans

    Ek trou die 16 Februarie 2013 in Oudtshoorn ‘n dag na my verjaarsdag wat die 15de Feb 2013 is ek gaan beslis inskryf, nou is dit net die finale reelings en slaapies wat ek moet aftel!!

  • Yolandie

    Ons het in Mosambiek getrou, mag ons deelneem aan die sarie bruid kompetisie?

  • Anine Vermeulen

    Hi! Ek wil graag he dat my broer en my skoonsus inskryf- maar hulle het die 6de Januarie 2012 getrou ?

  • CHAMELL

    Ek wil graag weet wanneer die bruide van januarie maand 2012 mag inskryf? Ons troudag was 14 jan 2012 ek wil bitter graag ook inksryf. Ek voel dis nie regverdig dat julle net vanaf 1 feb bruide soek julle se dan bruid van die jaar wat van januarie maand se bruide ?

  • chamell

    Wil graag weet wat van bruide wat in januarie maand getrou het mag hulle ook inskryf? Ek is op 14 jan getroud wil graag inskryf!!! Hoe werk die kompetisie dan julle se dan bruid van die jaar die jaar begin mos by januarie maand!! Ons troudag was 14 jan 2012 mag ek ook deelneem asb laat weet dringend!!!

  • chamell

    EK en manlief wil ook inskryf ons het 14 januarie 2012 getrou!!! Ek wil ook graag weet Anine wat van die bruide van januarie maand die kompetisie se dan bruid van die jaar dit maak nie sin nie !!! Ek ons ook deelneem????????

  • CHAMELL

    BRUIDE WAT IN JANUARIE GETROU HET MAG ONS OOK DEELNEEM EN HOEKOM NIE ?

  • danel

    Ek’s bekommerd oor die vraag in verband met op watter bladsy die kompetisie begin, wat ek nooit beantwoord het nie, was dit op die inskrywingsvorm?

  • Adel

    Ek is ook bekommerd oor die vraag wat beantwoord moet word?

  • Lizandia

    Ek sukkel ook om my inskrywing deur te gee dit bly ook vir my ‘n web error gee. En waar beantwoord ons die vraag?

  • yvette

    ek het nerens om die vraag te beantwoord nie… hoe werk dit?

  • chrizel

    Ek het nou net my inskrywing in gestuur. Maar ek kan glad nie ons fotos sien nie? Wat nou?

  • Monique

    Goeie dag,

    Ek wil net weet hoekom is daar geen pryse vir die man nie behalwe die vakansie, die wenner wil ook spesiaal voel en ietsie hê om oor te brag oor wat hy by sarie bruid van die jaar gewen het. Ek dink regtig dis belangrik om vir die wenner man ook ‘n prys te gee, ek is bereid om ‘n borg te soek. Laat weet my asb.

  • Minette

    Hi. Ek het ook nie die vraag beantwoord nie, hoe nou?

  • esmeralda

    Hi ek wil net gou weet ek het ingeskryf maar hoe werk die stemme??moet jou vriende comment of dit like of hoe?

  • Andrea

    Ek het nie die vraag op my inskrywings vorm gesien nie? Asb help?

  • Karen

    Hoe word die wenners bepaal? Deur middel van beoordeelaars of hoe stem ‘n mens dan?

  • Marli

    Ons het Desember getrou mag ons deelneem?

  • TENEALE DIRKER

    COULD I ENTER THE COMPETITION IN ENGLISH? (THE 400 WORDS- IN ENGLISH?)

  • Rethana

    Hoe verander ek my foto’s op my inskrywing en waar antwoord ek die vraag??

  • Crystal

    Ek wil graag weet hoe die wenners bepaal word, asseblief?

  • Inge Smit

    hoe word die wenners bepaal?
    En waar is die vraag wat geantwoord moet word?

  • Karla Roodt

    Moet mense kommentaar lewer op ons troue om jou kans te verbeter?

  • Christal

    ek het nerens om die vraag te beantwoord nie… hoe werk dit?
    en hoe word die wenners bepaal?

  • Marie

    Hey

    Wil graag weet waar sit ek die antwoord in?

    Dankie

  • Vicky

    Waar sit ‘n mens die antwoord op die vraag in?

  • Elsje

    Kan jy jou fotos verander nadat jy alreeds ingeskryf is?

  • Michelle Engelbrecht

    Ek wil net ook graag weet hoe bepaal julle die wenners? Word dit beslis deur die hoeveelheid kommentaar?
    Ek het ook nie n vraag gekry om te beandwoord nie.

  • Corneil

    Hoekom mag mens nie inskryf as jy nie in SA trou nie? Ons koop nog stteds julle tydskrif al het ons nie SA getrou nie? Sal graag julle antwoord hierop wil he omdat n bruis gewoonlik in haar tuisdorp trou?

  • Mari-Louise

    Hi Sarie
    Ek het al twee keer ingeskryf, maar my 400 woorde storie wys glad nie. Slegs die eerste 5 woorde of so… WAT NOU? My storie is so oulik?

  • Joanie Ferreira

    Goeie middag!
    Het al ‘n paar keer probeer. Inskrywing wil nie oplaai nie. Dit begin laai, maar hou ure aan totdat ek dit op die ou end kanselleer. Foto’s is die regte grootte. Hoe nou?
    Groete

  • Louise

    Hi, Wil graag weet waar sit ek die antwoord vir die vraag in?

  • Mari

    Die vraag het nie opgekom toe ek ingeskryf het nie. Wat nou? En bepaal die hoeveelheid kommentaar die wenner?

  • Manuela

    Hi,

    Kan Namibia ook inskryf? My fotograwer is van SA …. :)