FOTO: Mark Cameron

FOTO: Mark Cameron

Bruid

SARIE BRUID: Trourokke + pragtige haarstyle vir jou groot dag

 

In die nuutse uitgawe van SARIE BRUID kyk ons na die mooiste trourokke en kry inspirerende idees vir haarstyle vir jou troudag.

 

Nimf in die bos

Jou sprokiestroue begin met ’n asemrowende rok

FOTO: Mark Cameron

FOTO: Mark Cameron

Sag

’n Ligte bries of beweging skep onverwagse detail in sagte moue wat oor die skouers val.

  • Irina dra ’n Satynrok wat op die skuinste gesny is, met krale- en knoopdoop-detail (R23 950), Hendrik Vermeulen Couture.
  • Mias dra Snyersbaadjie en -broek (R10 500) van Hugo Boss Red. Katoenhemp (R1 295), Lacoste. Bruin leerskoene (R1 299), Zoom.
FOTO: Mark Cameron

FOTO: Mark Cameron

Fleurig

Blompatrone en -detail skep ’n prentjie van fyn vroulikheid.

  • Skouerlose rok met blomme-detail op korset (R26 000), Kobus Dippenaar. Kopstuk van nagemaakte blomme (R1 200), Stefania Morland.
FOTO: Mark Cameron

FOTO: Mark Cameron

Treffend

’n Lae rug met mooi detail is iets wat jou gaste kan bewonder terwyl julle voor die kansel staan.

  • Satynrok met kant- en krale-detail op die rug (prys op aanvraag), Jenni Button.
FOTO: Mark Cameron

FOTO: Mark Cameron

Bloesend

Kies die kleur wat jou soos ’n prinses sal laat voel. Kyk ook na kleurpalette soos pastel.

  • Skouerlose korset-styl rok van maasstof en tulle met krale- detail (R13 500), Bride & Co. Diamanté-kopband (R500), Anella Wedding Shoes. Ligpienk skoene van kuns-suède (R329), Zoom.
FOTO: Mark Cameron

FOTO: Mark Cameron

Asimmetries

Rokke in die 80’s se mullet-styl is groot nuus. Die valle skep volume, wat die rok se kort soomlyn voor beklemtoon. Die eenvoudige bostuk en vol maasstof-romp is ’n klassieke kombinasie met ’n moderne kinkel.

  • Irina dra Kort-voor-langer-agter-rok van satyn en maasstof met lae rug (R22 000), KLûK CGDT. Kopstuk met krale en diamanté- detail (R890), Anella Wedding Shoes. Ooptoon-hakskoene met krale-detail (R1 500), Love by Enzoani.
  • Mias dra Vlootblou snyersbaadjie (R1 599) en -broek (R699), albei van Carducci by CSquared. Kraaghemp van katoen (R999), Fabiani. Satyndas (R3 400), Emporio Armani. Swart leerskoene (R899), Zara.
FOTO: Mark Cameron

FOTO: Mark Cameron

Sonder smuk

Jy sal jou mooiste mooi wees in iets wat jou gemaklik laat voel soos ’n vleiende en eenvoudige halslyn.

  • Ivoorkleurige rok van chantilly-kant en sagte maasstof met krale-detail op die bostuk (R17 900), Elbeth Gillis. Tiara met krale-detail (R750), Anella Wedding Shoes. Witgoud-blomring van 18 kar., versier met wit en geel diamante van 3,33 kar. (R109 000), Jack Friedman
FOTO: Mark Cameron

FOTO: Mark Cameron

Pak wat perfek pas

  • Mias dra Snyersbaadjie en -broek (R10 500) van Hugo Boss Red. Hemp van katoen (R1 295), Lacoste.

LEES JOU SARIE BRUID DIGITAAL

* Teken in op Zinio

* Teken in op My Subs

* Teken in op Magzter