img_3957e
Bruid

SARIE se Bruidspaar van die Jaar 2009 – hier’s hul foto-album

Op versoek van ‘n vriend het sy Dino Giovannoni ná ‘n biopsie by die hospitaal gaan haal – en toe Mari-Lize Viljoen hom sien, was sy onmiddellik verlief. ‘n Jaar later was dié paartjie van Pretoria verloof en kon hulle uitsien na hul droomdag op 24 Oktober 2009.

Maar toe word Dino met beenkanker gediagnoseer en die drome oor hul groot dag het skielik minder rooskleurig gelyk. Saam het hulle egter besluit dít gaan nie hul liefde en ‘n lewe saam keer nie.

Hul troudag was ‘n intieme see-troue by Moyo Ushaka Pier in Durban saam met 35 spesiale vriende en familie. Met skemerkelkies, sandale, ‘n riksja-troukar en reggae-musiek het hulle die aand saam gevier.

Elke dag is ‘n uitdaging, maar daar is niemand wat so kan veg, positief bly en steeds sy lewenspassie vir sport uitleef soos my man nie! Hy is daagliks ‘n inspirasie vir my en ek weet net soos hy hierdie siekte beveg, sal hy vir my veg,” sê Mari-Lize.

Hulle wen . . . ‘n Luukse wegbreek ter waarde van R31 000, sowel as huisware, parfuum, juweliersware, horlosies en vliegtuigkaartjies.

Foto’s geneem deur CUSTO PHOTO

  • Dee

    AHHH ek is SO BLY hulle het gewen! Dis my gunsteling paartjie van die begin af! Ekt sommer geweet hulle sal wen! Yey! Geluk!

  • http://yahoo.com zelda

    Ek is mal oor hul deftige, maar tog gemaklike klere. Mari-Lize het asemrowend gelyk, soos ‘n prinses, maar een wat maklik kan beweeg en nie stokstyf en ongemaklik lyk nie. Dino, aan die anderkant, was stylvol en ook baie gemaklik sonder ‘n das/strikdas en het tog baie elegant gelyk. Dit is ‘n baie ‘sexy’ paartjie, bly hul het dit gewen en hul verdien dit. Hul het aan ons bewys dat jy hoef nie ongemaklik te voel om soos ‘n prins en prinses te lyk nie.

  • Christine

    Just sooooo happy Dino & Mari-Lize won this competition – they truly deserved it. There are always blessings and I pray that your blessings will continue to flow and the love of our Lord follow you all your days as you are both very special!! Luvya too much Pooks & family xxxxx

  • Henk en Anien mede-finaliste

    Congratulazions! Julle huwelik is die bewys dat liefde waarlik alles oorwin.

  • Sulani

    Ek het self deelgeneem aan die kompetisie, maar hierdie couple het regtig styl. Ek is bly vir julle! Mari-Lize jy het asemrowend gelyk! ( mal oor jou bridesmaids se rokkies).

  • Maureen du Plessis

    Moira

    Soveel styl het ek lanklaas gesien, dis stunning en ek bid die Vader dat Hy vir Dino sal genees en dat hul baie jare van geluk sal smaak. My mooiste wense aan ‘n pragtige paartjie.

  • lesley

    this is just gorgeous. please can I ask where the dress is from…its absolutely beautiful adn jsut what i am looking for…..

  • http://dnzxgzjughrv.com/ gigpre

    iKKYzv hojshczpsvme, [url=http://wvxbnwckrepq.com/]wvxbnwckrepq[/url], [link=http://cslpwckxpera.com/]cslpwckxpera[/link], http://opinxvcwkuvd.com/

  • Mari-Lize

    Hi Lesley,

    This dress was awesome!! It’s from Butter by Nadia (her website is http://www.butterbynadia.com) She is based in New York – the dress can be worn in almost 10 different ways, it’s a wrap dress. No ugly surprises from a dressmaker and it fits like a glove!

    Best Wishes,
    Mari-Lize

  • Mari-Lize

    Hallo almal,

    Baie dankie vir al die mooi woorde en wense!

    Baie liefde,
    Dino & Mari-Lize