Bruid

Snaakse trouvideo’s

Dit is die mooiste dag van jou lewe, maar daar is soveel goed wat kan verkeerd gaan. Of soms gebeur daar net iets wat werklik snaaks is. Hier is ’n paar snaakse trouvideo’s.

Telefoontjie

Dié Amerikaanse bruid moet definitief aan Fomo (fear of missing out) ly. Want toe haar selfoon tydens die seremonie afgaan, kon sy haarself nie keer om te kyk wie vir haar ’n boodskap gestuur het nie. Kyk net die bruidegom se reaksie!

Dankie, sus

Baie mense raak op hul senuwees om voor baie mense ’n toespraak te maak, maar dié bruid se suster het besluit sy gaan vir dié paartjie rap (kletsrym), eerder as om ’n vervelige toespraak te maak. Wat dink jy hiervan?

Nóg trou-artikels: