Beyoncé se verloofring is die langwepigge diamant aan haar linkerhand
FOTO: Instagram  @beyonce

Beyoncé se verloofring is die langwepigge diamant aan haar linkerhand FOTO: Instagram "http://instagram.com/beyonce" target=”_blank”> @beyonce

Bruid

Soveel is bekendes se verloofringe werd PLUS 15 saffierringe – watter een is jou gunsteling?

Hoeveel moet ’n man spandeer aan sy geliefde se verloofring? Kyk bietjie hoeveel die bekendste verloofringe van ons tyd werd is. Kan jy raai wie is bo-aan die lys?

Dis nie ’n verrassing dat prins William se Kate op die oomblik die bekendste ring afwys nie. Dié beeldskone saffierring is ’n skitterende £300 000 (ongeveer R5,2 miljoen) werd. Maar dit was nie altyd die geval nie. Die ring het voorheen aan prinses Diana behoort en was net £28 000 (R490 000) werd toe prins Charles haar destyds gevra het om te trou.

Kate Middleton

Ons wil jou mening oor nóg 15 saffierringe hoor. Kyk onderaan hierdie artikel en sê vir ons watter een jou gusteling is of watter ring jy nooit aan jou eie vinger wil sien nie.

Tweede op die lys van bekendste ringe is nóg een van ’n Britse koninklike. Koningin Elizabeth se ring is vandag  £100 000 (ongeveer R1,7 miljoen) werd, omtrent ’n derde van Kate se ring se waarde. Die ring bestaan uit ’n driekaraat-diamant omring deur vyf kleiner diamante en geset in platinum.

Michelle Obama se ring neem die derde plek in, maar dié ring is meer bekend vir sy beskeie voorkoms as sy prys. Toe Barack haar in 1991 gevra het om te trou, was hy nog ’n onbekende prokureur en die ring was slegs £7 500 (R130 000) werd. Vandag is die skatting vir dié stylvolle ring se waarde £20 000 (R350 000).

Michelle Obama ring

Kyk hier! Oulike video van Michelle Obama

Beyoncé se ring, wat sy in 2007 by Jay Z ontvang het, is maar 11de op die lys van bekendste ringe. Tog is dit op die oomblik die duurste ring aan ’n bekende se vinger. Toe Jay Z die groot vraag gevra het, het die ring reeds £2,7 miljoen (R47 miljoen) gekos. Vandag is dit ’n skokkende £5,8 miljoen (meer as R100 miljoen) werd.

Beyoncé se verloofring is die langwepigge diamant aan haar linkerhand FOTO: Instagram "http://instagram.com/beyonce" target=”_blank”> @beyonce

Beyoncé se verloofring is die een met die langwerpige 18-karaat-diamant aan haar linkerhand
FOTO: Instagram @beyonce

Jennifer Aniston is ring is vierde op die lys van bekendste verloofringe en is £825 000 (R14 miljoen) werd.

Die ring wat Kanye vir Kim gegee het, is die vyfde bekendste verloofring, maar die naasduurste. Dié 15-karaat-diamantring is £5 150 000 (R90 miljoen) werd.

Kim Kardashian

Bron: Hello Magazine

Saffierringe – watter een is jou gunsteling?

Ons het op Etsy gaan loer vir nog 15 saffierringe. Watter een is jóú gunsteling? Hou jy van iets wat glinster of van iets meer beskeie?

Los jou Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Nóg in ons BRUID-afdeling

  • Annatjie Kruger

    Nommer 2 vir my dankie. Nommer agt lyk teveel soos Prinses Diane se ring wat nou deur Katherine gedra word. Daar moet derduisende ringe soos hierdie wees, want almal wie in die jaar of twee na Prins Charles en Prinses getrou het, het haar ring nageboots. Ek verkies om iets unieks te hê.

  • Annatjie Kruger

    Miskien nommer 13

  • Annamarie

    13