camera
Bruid

Troufotografie: Kiek oomblikke wat lewe

JACO LE ROUX

Fotograaf: Jaco le Roux

Kies ‘n fotograaf wat by jou familie en vriendekring sal inskakel.

“Daar is niks in die wêreld wat nie ‘n beslissende oomblik het nie,” het die vader van moderne fotojoernalistiek, die Fransman Henri Cartier-Bresson, gesê.

“Ek soek daardie beslissende oomblikke, die oomblikke wat die dag en die paartjie opsom.’n Mens kry dit net as jy kan deurbreek tot die essensie van die verhouding tussen die bruid en bruidegom. Jy is dan nie meer die troufotograaf wat almal laat poseer nie, maar jy is soos een van die gaste.

“Soms selfs soos ‘n vlieg teen die muur. En jou lens verewig die onvergeetlikheid van die dag.

Kontakdetails: www.jacoleroux.com of 072 252 8363

LIZELLE LOTTER

Lizelle Lotter

Werk saam met jou fotograaf ‘n tydskedule uit vóór jy die uitnodigings pos, want julle moet seker maak daar is genoeg tyd vir foto’s neem voordat die lig te min raak.

“Die mense wat ek afneem, inspireer my wanneer hulle net hulself is. Hoe meer energie daar tussen hulle is, hoe meer kom my gemaklike styl na vore. My styl is meer dokumentering as stilering.

“Die foto’s moet die geaardheid van die paartjie weerspieël. Goeie nuus: Polaroids is terug! Fotograwe “speel” weer met nie-digitale vorme van fotografie vir variasie en nuwe uitdagings.

“Dis weer tyd om Polaroid-oomblikke vas te vang.”

Kontakdetails: www.lizellelotter.co.za of 076 548 1007

CHRISTINE MEINTJES

Fotograaf: Christine Meintjies

As jy gespanne is, wys dit op die foto’s. Wees jouself en geniet elke oomblik!

“Paartjies wil deesdae meer dikwels ‘n joernalistieke styl hê, waar die foto’s ‘n storie vertel. Ek is ‘n “natuurlike” fotograaf.

“Die natuurlike element kom in by al die aspekte van die ervaring wat ek probeer skep. Ek verkies ook om met natuurlike lig te werk en fokus op baie detail. Dit vertel ‘n groot deel van die storie van die troue.

“Dit is dikwels dinge wat die paartjie op hul troudag miskyk, maar wat ná die tyd vir hulle spesiaal sal wees. Minimalistiese ruimtes maak my baie opgewonde, want dit gee my vryheid om kreatief te wees.

Kontakdetails: www.christinemeintjes.co.za of 021 880 2440

DROR EYAL

Oor 20 jaar moet jou fotograaf se werk steeds die atmosfeer, emosie en romanse van jou troudag vasvang. Kyk dus voor die tyd na sy styl.

“Ek was ‘n fotojoernalis en het sewe jaar gelede toevallig in ‘n internasionale tydskrif afgekom op troufoto’s wat soos ‘n dokumentêre opsomming van ‘n troudag gelyk het. Dít het my geïnspireer.

“Ek noem dit nie-trou-troufotografie en dis ligjare weg van die oninspirerende geposeerde troufoto’s wat ons almal ken.

“Mense het eers gedink my informele dokumenteringsfoto’s is vreemd, maar nou verkies baie dit, want dit kiek oomblikke wat lewe.

Kontakdetails: www.droreyal.co.za

JOE DRYER

Drink ‘n glasie vonkelwyn vóór jou grimering aangesit word – dit sal jou lekker laat ontspan!

“Die paartjie self, die lig en ruimte is my inspirasie. Die troudag gaan nie oor die foto’s nie, maar die foto’s gaan oor die dag.

“Dit moet die betowering van die dag vasvang. Ek gebruik al meer “alledaagse” elemente om foto’s ontspanne te maak en die menslikheid daarvan te weerspieël, soos om ‘n paartjie in hul trouklere te laat sit en roomys eet.

Kontakdetails: www.joe.co.za of of 082 229 1516

  • Karien

    Baie goeie raad. En ek dink die belangrikste van almal is om gemaklik met die fotograaf te wees m.a.w chill net!!! Dit maak die mooiste fotos. O en natuurlik as mens erg verlief is vergeet jy anyway van alles wat om jou aangaan, en mens sien dit in die stunning fotos.

    Foute uit my eie troufots:
    – Meer fotos van my man
    – Meer detail van my rok
    – Meer fotos saam spesifieke mense (my eie skuld)

    Love die joernalistieke styl van vandag se troufotos, myne was self so maar hou ingedagte Ma en Skoonma soek tog steeds daardie een tipiese troufoto wat hulle kan raam :)

    Wow, geniet dit, dis die lekkerste dag van mens se lewe!