andrea streso trou

FOTO: Schantél Merwé

Bruid

TROUFOTO’S: Andrea Streso en haar Hoffman se mooiste dag

Op Ceres, in die hartjie van die Wes-Kaap, het die voormalige 7de Laan-aktrise Andrea Streso met Hoffman van Zyl getrou. Die geleentheid by Olive Rock is deur 100 gaste bygewoon, onder andere twee lede van haar 7de Laan-familie, Hildegardt Whites (Bonita) en Corné Crous (Kim).

Andrea vertel aan SARIE.com dat haar troudag ongelooflik was. “Dit was perfek, en Hoffman sê ook so. Elke aspek daarvan was uiters spesiaal. Dit het werklik al my verwagtinge oortref. Dit was die mooiste, mooiste dag en alles was so persoonlik nes ek dit wou gehad het. Die natuurlike ‘beligting’ was ongelooflik: Toe ons ons plekke by die tafels inneem, was dit asof ons almal met ’n goue randjie omlyn was.”

Hoffman&Andrea592 FOTO: Schantél Merwé

“Volgende vir ons is huis opsit in Nederland, en fietse koop met ’n lekker mandjie voor vir al ons inkopies. Verder sal Hoffman weer by die werk inval en ek wil graag myself vestig en my beroepsplanne uitvoer.”

FOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél Merwé

ALLE FOTO’S: Schantél  Merwé | www.schantelmerwe.com | TwitterPinterestInstagramFacebook

FOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél Merwé

Die afgelope paar maande woon sy in Amsterdam, Nederland. Hoffman werk as prokureur by die internasionale firma Freshfields Bruckhaus Deringer.

“Al mis ons familie en vriende, is Amsterdam ’n ongelooflike avontuur. Ons het reeds nuwe vriende en voel al tuis. En ons ry fiets! In die son, in die reën en in die sneeu!

– Andrea Streso

Ná hul troue gaan die pasgetroudes terugkeer na Amsterdam.

“Dit was ’n moeilike besluit. Maar ons is nog jonk en ons doen dit gelukkig saam!”

Lees meer oor hul lewe in Amsterdam HIER.

FOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél MerwéFOTO: Schantél Merwé FOTO: Schantél Merwé

Andrea se verskaffers

Venue: Olive Rock

Trourok: Magda Grové 

Trouringe: Daneel Diamond Manufacturers

Dekor: Sitting Pretty

Skryfbehoeftes: Stephanie Cruywagen

Grimering en hare: Adri Hugo

Troukoek: Susan Smith