Bruid

FOTO’S: Droomtroue in Lynnwood Bridge

Enige paartjie (en veral ook die ouers!) sal droom van ’n troue waar alles geborg is – van die ringe tot die wittebrood.

En dié droom het waar geword vir Elmien van Rooyen en Danie Kruger.

FOTO Cindy Klaver Photography

FOTO Cindy Klaver Photography

Hoe het dit gebeur?

Lynnwood Bridge in Pretoria het saam met Bruidsgids die 22ste Expo4Bride aangebied. Hier kon paartjies inskryf om ’n troue van R300 000 te wen.

Die vraag: Happily ever after

Om in aanmerking te kom vir die groot prys moes paartjies die vraag beantwoord: Hoe sal jóú huwelik happily ever after wees?

Altesame 900 inskrywings, toe 10 semi-finaliste, ’n laaste onderhoud en die wenpaartjie is gekies.

Die wen-inskrywing

Danie het geskryf:

“Ons liefdesprokiesverhaal het begin toe ons onderskeidelik 10 en 11 jaar oud was. Laerskool-liefde wat ’n mens nie eintlik ernstig opvat nie, maar ek het daardie tyd al gesê ‘Ek gaan met Elmien trou’, al klink dit hoe simpel.

Ná 14 jaar weg van mekaar ontmoet ons weer in Januarie 2015. Ons click toe net weer en op 6 Junie 2015 vra ek haar uit: ‘Whala!’. Op 15 Oktober vanjaar vra ek haar die groot vraag – en sy sê JA!

Eerstens weet ek dit is net ’n ongelooflike blessing van die Here af om ons twee se paaie weer te laat kruis. Die feit dat ons vir mekaar die opregte en onvoorwaardelike liefde uitstraal, straal ook God se liefde vir ons uit.

So voel ek Hy het ’n doel met ons liefdesverhaal om net WARE liefde uit te straal. Liefde is ’n voorreg en ek dink ’n mens moet dit altyd met ’n dankbare hart waardeer.

Ek dink die eerste ding met onvoorwaardelike liefde is dat ek selfsugtigheid heeltemal sal elimineer en dat ek altyd Elmien se belange eerste sal stel. Dat ek haar sal respekteer in elke liewe opsig en haar op my hande sal dra tot die dag wat ek doodgaan. Ek voel ons vul mekaar so goed aan en ons albei het baie dieselfde belangstellings, wat baie belangrik is in my opinie.

Ons lag ongelooflik baie saam, ons albei praat altyd met mekaar oor situasies, en die belangrikste ding is dat ons mekaar altyd respekteer. My hart en motiewe is altyd suiwer teenoor haar.

Ons kan nie wag om die res van ons lewens saam met mekaar te spandeer nie en weet dat ons net onvoorwaardelike liefde sal uitstraal vir die res van ons lewens.”

Kyk nou na die foto’s van hul troudag

Troubeplanner: Alet Wessels
Fotograaf: Cindy Klaver
Videograaf: Feature Films (Kyk na die trouvideo HIER)
Hare, grimering en naels: SkinPhd
Trouringe: Louie Daniele
Trourok: Bridal Wardrobe
Pakke: Designer Guys
Strooimeisierokke: Faire L’Amor Designs
Ma van die bruid & bruidegom: Alto Boutique
Kos ná seremonie: Col’Cacchio
Kos by onthaal: Stephnie’s
Troukoek: Stephnie’s
Wyn: La Couronne
Musiek: Kanada Records / BAD PETER
Blomme en dekor: Bella Fiore
Dekor vir die seremonie: Silver Star Function Hiring
Kerse: Candle-Lite
Meubels vir die onthaal: TFM Innovation
Geskenkies: Bruidsgids
Perdekoets: Golden Carriages
Akkommodasie: City Lodge
Huweliksbevestiger: Deon van der Berg, Lewensverryking Seminare
Huwelikskontrak: Le Roux van Niekerk Prokureurs
Meubels en geskenkbewys: Homewood
Wittebrood: Rovos Rail

Nóg opwinding by Lynnwood Bridge

Van 16-18 Maart 2017 hou SARIE groot fees. Dis Nataniël, Theuns Jordaan, Zelda la Grange, Johrné van Huyssteen, Schalk Bezuidenhout, Michélle en die SARIE-span!

Lees meer HIER.

SARIEfees Fader