Jessica Simpson
Bruid

TROUVIDEO: Jessica Simpson se troudag

Sangeres en aktrise Jessica Simpson en Eric Johnson is op 4 Julie in ’n swierige seremonie getroud. Die Amerikaanse tydskrif People het dié video van die troue gedeel.

In die video kan jy Jessica se goudkleurige Carolina Herrera-rok sien, asook die dekor en hoe lekker die 275 gaste gedans het!

Nadat Jessica se pa, Joe, die paartjie as mnr. en mev. Johnson aankondig, loop hulle uit die saal op die maat van die filmmusiek van Great Expectations (1998). Die onthaalsaal is ook deur dié fliek geïnspireer.

Great Expectations gwyneth paltrow 1998

Die troubeplanner Mindy Weiss vertel aan People dat daar baie blomme was. Die blomme wat bo-oor die tafels hang is amarante en skep ’n woud-effek.

Kyk na die video hier:

Só lyk die ontwerperskets van haar rok

FOTO: People

FOTO: People

Bron: People

Nóg in SARIE.com se bruid-afdeling