SKERMGREEP Fascinaton Pictures

SKERMGREEP Fascinaton Pictures

Bruid

7de Laner Carina se trouvideo

7de Laan-kykers ken die pragtige Carina Nel in die rol van jong dr. Alexa Welman. Onlangs het sy nog ’n rol aangepak, dié van getroude vrou. 

Carina het haar wittebroodfoto’s eksklusief met SARIE.com gedeel. Sy en haar man, Deon Nagel, het ’n tropiese wittebrood op Mauritius gehou.

“Ons was agt dae weg. Dit was ’n ongelooflike wittebrood. Alles was net mooi!” het sy destyds aan SARIE.com vertel.

Kyk Carina en Deon se wittebroodfoto’s hier.

Nou draai ons die horlosie terug en deel die video van hul troudag. Op 21 Oktober het die twee voor vriende en familie getrou op Oakfield Farm by Lanseria. Die video is deur Fascination Pictures geskiet.

Kyk die video hier:

Deon + Carina from Fascination Pictures on Vimeo.

– Die paartjie bedank die Afrikaanse sanger Joshua na die Reën vir sy liedjie “Dromers”.

Jul dag het ongelooflik gelyk, Carina!

Lees nou

7de Laner se wittebroodfoto’s

7de Laan se Hildegardt deel groot nuus