Bruid

Wedstryd: 2011/2012 Bruidspaar van die jaar – dis wat julle kan wen!

[box:full:grey:both]

SKRYF SÓ IN- 3 stappe

[/box]

1. Klik vir die inskrywingsvorm.

2. Beantwoord die volgende vraag: Op watter bladsy begin die Bruidspaar van die Jaar-wedstryd in die nuutste SARIE BRUID-uitgawe (sien hooffoto bo)?

3. Hou ook 3 foto’s gereed

* ’n Nabyskoot van julle as 
’n bruidspaar,
* ’n vollengte-foto van 
julle twee,  
* en ’n foto van jou eie keuse. Onthou dat elkeen van dié foto’s kleiner as 4 MB en in ’n jpeg-formaat moet wees.

4. Deel ook in minder as 400 woorde jul liefdesverhaal en spesiale trou-oomblikke met ons. Sodra jou inskrywing suksesvol op sarie.com gepubliseer is, sal jy ’n e-posbevestiging kry met die web-adres van jou inskrywing. Stuur dit gerus vir jou vriende en familie sodat hulle kommentaar kan lewer en deel dit ook met al jou Facebook-vriende!

* Jy kan deur al die ander inskrywings vir dié wedstryd kyk op sarie.com/bruid.

[box:full:grey:both]

DIS WAT JY KAN WEN

[/box]

ROMANTIESE VERBLYF

Grande Roche

Grande Roche, aan die voet van Paarlberg, is in 2009 weer eens deur Condé Nast Traveller benoem as een van die wêreld se beste hotelle. Dié prag-eiendom bied ’n uitsig van die Drakensteinberge in die hart van die Kaapse Wynland.

Hier wag net die beste. Luukse verblyf, moderne dekor, ’n ryk erfenis en puik diens. Die hotel se restaurant, Bosman’s, is wêreldbekend. Elke ete is ’n belewenis.

Die hotel, met sy swembaddens, wandelpaadjies en fietsroetes is die ideale plek om te ontspan en van jou sorge te vergeet. Geniet ’n massering of gesigsbehandeling hier of in die privaatheid van jou suite. Grande Roche is ook ’n paradys vir gholfliefhebbers. En die kapel is die regte plek vir ’n romantiese huwelikseremonie.

* Die pryse sluit akkommodasie vir 3 nagte in met bed en ontbyt, een driegangete by Bosman’s Restaurant, ’n privaat-wynproe met die sommelier, retoer-vliegkaartjies van 1time asook vervoer tussen Kaapstad Internasionale lughawe en Grande 
Roche. Die prys sluit lughawe-belasting uit.

* Bykomende uitgawes is vir jul eie rekening.

* Die prys is geldig vir 6 maande vandat die wenner aangekondig is.

* Verblyf is onderhewig aan beskikbaarheid, kan nie oorgedra word nie en kan nie vir kontant verruil word nie.

* Bepalings en voorwaardes geld.

‘n WARE LIEFDESVERHAAL

Forever Secret Diamond Collection van SternsForever Secret Diamond Collection van Sterns

Wat is nou meer klassiek as ’n diamantring? Sterns bied ’n pragtige 
versameling diamant-juweliersware, soos hierdie diamantringe van 
9-karaat witgoud met bypassende diamanthangertjie van witgoud.
Dié unieke, eksklusiewe versameling staan ​​as die Forever Secret 
Diamond Collection bekend. Die woord “forever” is binne die ring 
gegraveer met ’n versteekte diamant in die letter “O”. 
Dis soos ’n geheime liefdesbriefie! Wen ’n juweliersware-geskenkbewys ter waarde van R7 500 van Sterns om jouself te bederf.

VARS BRIESIE

L'Eau d'Issey

Die wenpaar kry ’n luukse Issey 
Miyake geskenkpakkie ter waarde van R5 040. Dit sluit in: L’ Eau d’Issey, vars en klassiek, en L’ Eau d’Issey Florale, ’n sagte nuwe blomme-geur met ondertone van hout vir haar en vir hom. L’ Eau d’Issey Pour Homme is ’n vars geur met hout- en kruiegeure daarby.

HOU TYD

Rotary-dameshorlosieRotary-manshorlosie

Vir elkeen is daar ’n Rotary-horlosie. 
Die dameshorlosie is R2 950 werd en 
die manshorlosie R2 750. Bel Luxco 
Importers op 011 448 2210 of besoek www.luxco.co.za om vas te stel waar jou naaste Rotary-handelaar is.

COBRA, ‘N BLINK IDEE

Spoggerige krane van Cobra

Met spoggerige krane van Cobra lyk jou badkamer soos ’n ontwerpersdroom! Die wenpaartjie kry ’n Cobra-wasbak en menger ter waarde van R7 000. Cobra vervaardig ’n omvattende reeks kombuis- en badkamertoebehore in ’n wye verskeidenheid van style. Besoek www.cobra.co.za om Cobra se katalogus te besigtig.

[box:full:grey:both]

OEPS! MY INSKRYWING WIL NIE LAAI NIE!

[/box]

Klik vir moontlike redes en oplossings.

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • Mariska

    Wow, dit is asemrowende pryse, ek gaan koop vandag my sarie bruid en skryf nog vandag in….

    Groete.

  • Bonita Pretorius

    Wonderlike prysse, gaan nou my sarie koop!

  • Elza Bester.

    Die kinders trou volgende maand. Ma gaan beslis sorg dat hulle inskryf. Sulke oulike pryse sal handig te pas kom vir twee pas getroudes :))

  • Lorné Roestorf

    Great! Ons het in Maart getrou! Sal sommer vandag die Sarie Bruid gaan koop! Jipee! 🙂

  • Marika Rose

    Ek bly in London, my hart is in SA! Ons het Julie in SA getrou! My vriendin bring Sarie Bruid vir my volgende week!Ek kan nie wag nie!Event van die jaar!

  • Eureka Broberg

    Ek is bly ek is nie die mense wat die bruidspaar van die jaar moet kies nie. Almal is Stunning….

  • Adri

    Wow dit lyk heel belowend.
    Ek kry vandag nog my Sarie en skryf dadelik in.

    Groete
    Adri

  • Nadine Viljoen

    Ek wil ongelooflik graag inskryf vir die 2011/2012 Bruidspaar van die jaar kompetisie, maar kan dood eenvoudig nie ‘n Sarie Bruid te koop kry nie. Woon in Carletonville, geen te vinde en was tot al in Potchefstroom op soek na die Sarie Bruid. Kan iemand my asb help? Waar gaan ek hom aan die hande kry?

  • sheree

    Ek bly in die kaap. kan neres ‘n sarie bruid kry nie. waar ka nek gaan soek?

  • Landrie

    ook in Julie getroud, wil vreeslik graag inskryf – as ek net die Sarie Bruid te koop kan kry!!

  • Denise

    Wanneer word die wenners gekies?? xx

  • Alicia

    Ag help my tog! Ek sukkel soooo om die Sarie bruid iewers op die rakke te kry, wie is die bruide wat dit staan en op koop en vir ons niks los nie! Ek wil inskryf maar kry nie die boek sodat ek die bladsy nommer kan kry nie…..

  • shirley

    dis wonderlike pryse! wie nie waag nie sal nie wen nie:) laatweet my tog waar ek my sarie kan kry….PTA-OOS. Getroud 25junie 2011.

  • Lynette

    Hoe kan persone stem vir ‘n bruidspaar?

  • Sune Venter

    Ek gaan die Sarie koop en in skryf…

  • Sune

    Ek gaan nou in skryf….

  • Henriette Bieldt

    Ag yeah! Ek maak sommer dadelik so!!

  • Gena

    Hoe kan mense stem vir ‘n bruidspaar?

  • Melani Grobbelaar

    Hoe stem ‘n mens?

  • Marlet

    Ons troue en honeymoon was n fees! My man is die BESTE!

  • Leani

    Ek het nou al `n paar keer ons inskrywing opgelaai. Die inkrywingsvorm met die 400 woorde beskrywing en die fotos word alles opgelaai. Sodra dit wys dat alles opgelaai is, gooi dit weer net die skoon inskrywingsvorm uit, maar die vraag kom nooit op nie, so ek kan nie my antwoord oplaai nie. Kan julle asb help. Dankie

  • Nadia Basson

    Ek kan nie wag om in te skryf nie, manlief het gou vir my sarie bruid gaan koop. Fototjies en alles is gereed.

    Die pryse lyk wonderlik.

  • Felicity Shadrach

    ek will asseblief in skryf names iemand wat on lanks ge trou het en ek dink dat hulle regtig ‘n mooi paartjie gemaak het.

  • Rozanne

    Ek wil ook net bevestig hoe kan ek ons stem vir ‘n bruidspaar?

  • Lize Meyer

    Hoe stem ‘n mens en wanneer word die wenners aangekondig?

  • Elzaan

    Is baie bly en opgewonde dat ons ingeskryf het, maar wil net weet hoe kan die mense stem?

  • Christelle Wells

    Ek wil graag vir die "Liefa’s" stem – nie seker hoe om waar te stem nie……

  • Nevileen

    Wow al die Bruidspare lyk besonders mooi.!!!! Wil graag net weet hoe stem n mens vir n bruidspaar??
    Sterkte vir al die bruidspare.

  • Lehani Benson

    Ons is op 6 Augustus 2011 getroud, wanneer is die sluitingsdatum vir inskrywings, ek het die Sarie Bruid gekoop maar is tans by my man in Tanzanie en het nie die boek by my nie, ons fotos se "editing" het langer geneem as beplan en ons wou graag inskryf maar ek het gedink die sluitingsdatum is 31 Desember 2011, is dit korrek of kan ons nog inskryf?

  • Anneli Petrowski

    as ons op die 29ste Feb 2012 trou mag ons ook dan inskruif of nie??

  • Elouise

    Is daar ‘n afsluitings datum? Hoe stem mens en wanneer word die wenpaar aangekondig?
    Ek sukkel om die inskrywings te sien, waar kan ek vir dit gaan soek?

  • Sansunette

    Ek wil net weet hoe word die finaliste en wenners gekies?

  • Amelia

    Ek wil ook net graag weet hoe stem mens?

  • Elzefrieda Potgieter

    Hoe moet die mense vir die bruidspaar stem?

    Dankie

  • Nelia Smit

    HOE STEM MENS VIR DIE BRUID VAN DIE JAAR

  • Tessa

    Ek kan nie sien Op watter bladsy begin die Bruidspaar van die Jaar-wedstryd in die nuutste SARIE BRUID-uitgawe is ni. dis baie onduidelik kan iemand my hulp asb?

  • Adéle Swart

    Hoe stem ‘n mens vir jou gunsteling paartjie. Laat asb weet.

  • Joanie Carr

    Ek wil ook graag inskryf – maar kry nerens die Sarie Bruid in die hande nie!

  • Henriette

    Hoe stem ‘n mens en wanneer word die wenners bekend gemaak??

  • Naomi van der Westhuizen

    Waar kry mens die Sarie bruid en hoe stem ‘n mens?

  • Islari

    Hallo daar.

    Wil ook graag weet hoe mens stem vir die paartjie, asook waar ek die Sarie in die hande kan kry om sodoende te kan inskryf asb?

    Baie dankie

  • Yvette

    Hi Julle…Vir die wat wou weet waar en hoe n mens kan stem…Mens kan nie stem nie…Sarie het n paneel wat self die finaliste en wenners kies…Hoop dit help! 🙂

  • surika

    waar gaan kyk mens na die profiles van die bruide en waar stem ek

  • Kayleen

    Goeie dag, ek het klaar ingeskryf, maar op via die internet. Daar was geen vraag toe ek inskryf nie. Hoe maak ek nou, want ek het all die res gedoen. HELP ASB!!! DANKIE!!!!

  • Sylvia

    Waar kan ‘n mens stem behalwe facebook en twitter?

  • Larise

    Ek wil ook asseblief weet hoe die mense kan stem vir die Sarie bruid?

  • Celeste

    Hoe kan ons stem vir die mooiste foto?

  • Marissa Bezuidenhout

    Ek sien almal vra hoe om vir die Sarie bruid waarvan ons hou te stem. Ek sien nerens dat daar op jul webwerf aanwysings is nie, dis nogal verwarrend. Help asseblief???

  • Kayleen

    Goeie dag, Wanneer sluit hierdie kompetiesie? En wanneer word die wenners gelaat weet?

  • Leanne

    Goeie dag, ek het klaar ingeskryf, maar op via die internet. Daar was geen vraag toe ek inskryf nie. Kan iemand asseblief raad gee hoe nou? Ook meer inligting oor hoe die stem proses werk is nerens te vinde?
    Help asseblief. Xx

  • Minette Deetlefs

    Die vraag word nie gewys op die inskrywing nie, wat kan ek doen? Kan ek dit nog vir julle deurstuur asb? Dankie lekker dag verder!

  • Theraze

    Hi I also wrote in for Sarie Bruid, I was not asked the question either but got email to say I was entered in. Must I re-enter,Could anyone help!

  • Nathellie

    Wat ‘n voorreg om die jaar te kan inskryf vir SARIE se GLANS BRUIDSPAAR!! Baie dankie vir die geleentheid en ek moet sê SARIE BRUID het my met baie besluite gehelp deur die verloop van beplanning vir my groot dag!!
    Alle sterkte vir al die nuut getroudes wat ingeskryf het en baie geluk.

  • Yolandi

    Hi

    Hoe stem ‘n mens vir die mooiste bruidspaar? EN wanneer sal ons weet wie is finaliste? En presies wanneer word die wenner aangewys?

  • Karlien

    Ons het ingeskryf, maaar sien dat ons inskrywing sommer mer as een keer veskyn. Kan iemand dit meskien regmaak asseblief? Sal dit moontlik wees?
    Asook, kan mense stem op die inskrywing?

  • Kayleen

    Hi, wanneer sluit die kompetisie? en wanneer & hoe sal ons weet wie gewen het??

  • Maryke van SARIE

    Hi almal. Die wedstryd sluit 28 Februarie 2012, ‘n SARIE-paneel sal die finaliste en uiteindelike wenner kies. Die finaliste sal hier op sarie.com en op SARIE se Facebook en Twitter-bladsye aangekondig word en die wenner hopelik in die Mei-uitgawe van SARIE.

  • Nicole

    Ek het vandag ingeskryf , maar was nerens die vraag gevra wat ek moes beantwoord nie? Is daar ‘n rede hiervoor?

  • Drusilla Kleb

    Ek het ook ingeskryf op die internet maar het ook nie ‘n vraag gehad om te beantwoord nie. Hoop nie dit tel teen mens nie??

  • Natascha Rossouw

    Hi

    Ons het Maandag ingeskryf vir die kompetisie. Daar was nie ‘n spasie om die vraag te beantwoord nie? Enige raad?Dankie

  • Carien

    Ek wil ook graag inskryf maar sien soos die laaste 3 meisies dat daar nie ‘n plek is om die vraag te beantwoord nie?

  • Franciska

    Ons het vanoggend ingeskryf, maar daar is geen vraag om te beantwoord nie. Hoop nie ons word benadeel nie! Hoe moet ons nou maak?

  • Desire

    Hoe stem ‘n mens vir jou gunstelling?

  • Michele

    Ek wil graag inskryf vir die Bruid van die Jaar, maar op die inskrywingsvorm kom die kompetisie vraag glad nie voor nie. Sal ek benadeel word of my inskrywing nie tel as dit nie beantwoord word nie? Asb laat weet, ek sien die sluitingsdatum is môre en ek wil BAIE graag inskryf.

  • Ina Botes

    Sjoe – wat ‘n ongelooflike hoeveelheid stunning inskrywings!!!
    Net weer ‘n bewys dat ons pragtige jongmense in hierdie land het wat nog omgee oor hoe hulle lyk en wat hulle doen. Tradisies word defnitief nie oorboord gegooi nie!!
    Sterkte aan die Sarie paneel wat ‘n keuse moet maak.
    Ek is seker dat julle ‘n wonderlilke Sarie Bruid Tydskrif kan saamstel met jul finaliste?
    Voorwaar ‘n wonderlike kompetiesie!!
    Doen so voort.

  • Romeene Buhr

    Is daar ‘n manier om jou inskrywing te edit?

  • Michelle

    Hi SARIE crew, ek het 3 weke terug getrou so kwalifiseer dus in terme van die datums en ek wil so graag inskryf, maar ek het nog geen fotos nie. Is dit enigsins moontlik dat Februarie bruide nog ‘n week of twee kry om in te skryf? En wat gebeur as jy byvoorbeeld 25 Feb trou? Dan is jy heel moontlik nou nog op wittebrood? Of skryf jy vooraf in sonder fotos? Dankie…