Bruid

WEDSTRYD: 2012/2013 Bruidspaar van die jaar!

[box:full:grey:both]

SKRYF SÓ IN

Let wel: Jy hoef nie meer die vraag te beantwoord nie.

[/box]

1. Klik vir die inskrywingsvorm.

 

SARIE BRUID 2012/2013

2. Hou ook 3 foto’s gereed

* ’n Nabyskoot van julle as 
’n bruidspaar,
* ’n vollengte-foto van 
julle twee,  
* en ’n foto van jou eie keuse. Onthou dat elkeen van dié foto’s kleiner as 4 MB en in ’n jpeg-formaat moet wees.

3. Deel ook in minder as 400 woorde jul liefdesverhaal en spesiale trou-oomblikke met ons. Sodra jou inskrywing suksesvol op sarie.com gepubliseer is, sal jy ’n e-posbevestiging kry met die web-adres van jou inskrywing. Stuur dit gerus vir jou vriende en familie sodat hulle kommentaar kan lewer en deel dit ook met al jou Facebook-vriende!

4. Sien die wedstrydreëls hier! Sluitingsdatum: 28 Februarie 2013

* Jy kan deur al die ander inskrywings vir dié wedstryd kyk op sarie.com/bruid.

[box:full:grey:both]

DIS WAT JY KAN WEN

[/box]

HEMELSE VERBLYF

Hou wittebrood in die paradys. Die Le Touessrok-hotel aan die ooskus van Mauritius is soos ’n Mediterreense dorpie uitgelê en is een van die romantiesste bestemmings denkbaar. Hier wink ’n wit, songebaaide strand, die asuurblou Indiese Oseaan, en tropiese sonsondergange. Geniet tot sononder verversings op die strand, ’n wêreldklas-gholfbaan, spa, fiksheidsentrum, skubaduik en diepsee 
hengel. Dié eilandvakansie van World Leisure Holidays is R61 000 werd.

* Die prys sluit akkommodasie vir 7 nagte in ’n luukse-suite en ontbyt en aandete in, asook internasionale retoer-vliegkaartjies, vervoer tussen die lughawe en die hotel, ’n ete vir twee by ’n à la carte-restaurant, ’n verwelkomingsgeskenk, vrugte en vonkelwyn in jul kamer, nie-gemotoriseerde watersport en vermaak. Binnelandse vliegkaartjies, lughawe-belasting en reisversekering is nie deel van die prys nie.

* Julle benodig paspoorte wat 6 maande ná jul terugkoms in Suid-Afrika nog geldig sal wees.
* Die prys is geldig van 1 Maart 2013 tot 
1 Maart 2014.
* Verblyf is onderhewig aan beskikbaarheid, kan nie oorgedra word nie en is nie vir kontant omruilbaar nie.
* Bepalings en voorwaardes geld.

Le Touessrok-hotel in Mauritius

Le Touessrok-hotel in MauritiusLe Touessrok-hotel in MauritiusLe Touessrok-hotel in Mauritius

VERRUKLIKE GEUR

Elie Saab, ontwerper van asemrowende rokke, toor ook met geur. Hy bewaarheid die universele kindertyddroom om ’n prinses onder vroue te wees – hetsy om 
’n beeldskone bruid of die godin by ’n gala-geleentheid te wees, of om op die rooi tapyt te skitter. 
Die wenbruid kry ’n geskenkpak verruklike geur ter waarde van R3 540.

Dit sluit in: 90 ml Elie Saab Eau de Parfum, Body Lotion, Shower Gel, Body Cream en Deodorant Spray.

Elie Saab

GESOGTE KOMBUISSTELLE

Of jy die dag met ’n vrugte-smoo
thie afskop of koffie en roosterbrood verkies – met dié stylvolle broodrooster, ketel en versapper in Breville se Ikon-reeks sal jy nie ’n voet in die kombuis verkeerd sit nie. @home, die eksklusiewe verskaffers van dié gesogte Australiese handels
naam, skenk dié driestuk ter waarde van R3 780.

Breville is wêreldbekend vir vindingryke kombuistoestelle van vlekvrye staal. Besigtig @home se volledige reeks by www.home.co.za.

Breville-kombuistoestelle

JOU DROOMRING

Jou droom van ’n eksklusiewe troupand met unieke ontwerpdetail word bewaarheid met ’n pragtige ring van Arthur Kaplan Jewellers. Dié juwelier verstaan dat ’n troupand ’n simbool van liefde en ’n lewenslange verbintenis tussen twee geliefdes is. Die wenbruid kry ’n manjifieke diamantring van haar keuse ter waarde van R7 500. Elke beto-
werende Arthur Kaplan-ontwerp is geïnspireer deur die estetiese kombinasie van klassieke prag en verfynde gesofistikeerdheid.

Troupand deur Arthur Kaplan

MEESTERSTUK

Stylvoller as ’n Michel Herbelin-horlosie kry jy nie. Vir die wenbruid is daar ’n kabelhorlosie van vlekvrye staal met ’n perlemoen-
wyserplaat en handgesette stene ter waarde van R6 750. Michel Herbelin-horlosies het hul oorsprong in Charquemont op die grens van Frankryk en Switserland. Horlosies word geslagte lank al sorgvuldig volgens die hoogste standaarde vervaardig en versinnebeeld Franse elegansie en innoverende Switserse tegnologie. Skakel 
011 448 2210 of besoek 
www.luxco.co.za.

Michel Herbelin-horlosie

SKRYF IN!

[box:full:grey:both]

OEPS! MY INSKRYWING WIL NIE LAAI NIE!

[/box]

Klik vir moontlike redes en oplossings.

Volg SARIE op TwitterFacebook en Pinterest
 

  • Linda

    yippee kannie wag nie!!!!

  • Lize

    Kan mens van Namibie af in skryf?
    Suid Afrikaners wat in Namibia getrou het?

  • nicolene

    Hallo ek wil baie graag my skoon sussie in skryf,sy trou die 13Ocktober 2012

  • Iresa

    As mens inskryf, dan wil die foto’s glad nie wys nie, en ek het ook nog geen epos gekry nie. Maar as die bladsy klaar gelaai het, dan se daar tog "veels geluk, jy is ingeskryf".

  • Mia

    Ek het ook ingeskryf, nog nie ‘n epos ontvang nie en ook ‘n boodskap wat sê "veels geluk, jy is ingeskryf". En daar wys geen foto’s nie?

  • Lou-Ann van SARIE

    Iresa, Mia
    Ons ondervind tans probleme op die admin-kant van die webtuiste. Ons webmense werk tans hieraan. Hou asb sarie.com dop! Ons gaan sodra ons weer als reg het, julle laat weet of ons jul inskrywing ontvang het.

  • Lou-Ann van SARIE

    Lize, ja, Namibiërs kan inskryf.

    Hier’s die antwoord vanaf ons adjunkredakteur, Alida Vos: Lesers van Namibie kan inskryf. As iemand van daar wen, sal hulle net self hul vlug moet betaal tot in Johannesburg en om hul pryse op te neem, sal hulle sal self die belasting (of wat dit ook al is ) wat deur hul poskantoor/doeane gehef word, moet betaal.

  • cara smit

    Ek wil graag inskryf, ek vul inskrywingsvorm in en het die 400 woorde getik en die foto’s gekies, dan na ek op die skryf in ikoon klik, dan se hy "oops! something went wrong with the page"? My fotos is NIE TE GROOT NIE, so moet mens maar een foto op ‘n slag laai? kan mens?

  • Nadilene van Wyk

    Ek het nou al ‘n hele paar keer probeer inskryf, maar elke keer gooi hy ‘n foutiewe blad op. Ek het ook op verskillende rekenaars ingegaan en elke keer het ek dieselfde resultate gekry. Help asseblief.

  • Maggie Botes

    Hi! Sukkel ook om in te skryf. Gee ook ‘n foutiewe blad. Help asb.

  • Marene Krause

    Mense lewer kommentaar, (want hul se my so) maar daar wys niks op ons profiel nie?

  • Marene Krause

    En waar moet ek die vraag beantwoord? Daar is nie plek in die inskryf vorm nie.
    Baie dankie

  • Sonja

    Waar beantwoord ek die vra en kan julle help met elke keer wat ek inskryf gooi hy uit ‘n foutiewe blad!

  • Mariaan

    My foto’s wil nogsteeds nie laai nie. Dit is in JPEG en is ook kleiner as 4MB! Ek het al ‘n paar keer probeer! Help asb!!!!

  • Alida

    Hallo, Waarom kan ek nie die boodskappies / kommentaar sien wat mense vir ons los nie ?

    Groete

  • Anneri

    Ek wil baie graag inskryf, maar ondervind ook dieselfde probleme soos van die ander mense wat ‘n foutiewe blad kry. Kan julle my dalk help asb?

  • Nadine

    Hi, ek het al 2 keer ingeskryf maar net ons name, plek, en troudatum wys op die inskrywings. Doen ek iets verkeerd?

  • Rosme Henn

    Haai Sarie
    Ek het Sondag ingeskryf, Maar ons fototjies wys steeds nie. Is dit ‘n probleem aan my kant?

  • Maryke van SARIE

    Hi julle. Dit lyk asof ‘n hele paar mense die afgelope dag of twee sukkel met die foto’s. Ek het die tegniese span gevra om te kyk of daar dalk fout is. Ek sal laat weet. Groete!

  • Maryna Mizen

    HI SARIE, EK WIL NAMENS MY DOGTER (SONDER HAAR WETE) HAAR INSKRYF IN JULLE KOMPETISIE. KAN JULLE VIR MY LAAT WEET HOE DOEN EK DIT ASB..MY EMAIL ADRES IS maryna@collabrisk.co.za, tel nr 083 243 5428 of 011 894 2195.

    baie dankie

    Maryna

  • Carina

    Hoekom wys nie al die komentaar wat mense lewer nie?

  • Belinda Erasmus

    Hi,ek wil graag inskryf vir Sarie bruidspaar van die jaar,maar die webblad is foutief.My fotos is in ‘n jpg-formaat en kleiner as 4mb,en my liefdesverhaal is minder as 400 woorde,maar steeds wil my inskrywing nie laai nie.Asseblief help,is daar moontlik ‘n ander manier wat mens kan inskryf,dal deur e-mail?

  • Annel Pieterse

    Ek kan nie inskryf nie. My browser gooi heeltyd uit: Internet Explorer cannot display the webpage??? HELP?

  • Belinda Erasmus

    Asb help,ek het alles al probeer,ook na julle moontlike redes hoekom dit gebeur gelees,maar my inskrywing gooi die heeltyd "Internet Explorer cannot display the webpage" uit.

  • Lou-Ann van SARIE

    @Belinda en @Annel, probeer selfs julle foto’s nog kleiner maak na onder 2MB en probeer dan weer.

  • Danel

    Steeds bekommerd oor die vragie wat nie beantwoord is nie?
    Dit was nie op inskrywingsvorm nie, net bang ek’t dit gemis dalk op n ander plek?
    Wat nou?

  • Claire Oberholzer

    Hallo hallo,
    ek het ingeskryf en nou vra almal hoe hulle kan vote hoe kan mens vote as daar so opsie is, en hoe maak ek as daar nie n antwoord boksie was vir die vraag nie?

  • Carina

    Hi Sarie, Wil vra wat ek dink baie bruide wonder. Waarop word die wen paar keuse gebaseer? Is dit op hoeveel komentaar jy kry of is daar n paneel beoordeelaars wat die wenpaar kies? Ons sal graag wil weet hoe julle die wenner kies.

  • Petra

    dis baie unfair, ons is getroud op die 28Jan 2012! julle kom maar net sowel daardie naweek ook ingesluit het, die 1ste val nie eers op ‘n naweek nie!

  • Lize Schlebusch

    Hoekom kan ek nie die kommentaar sien van die mense nie? En waarop word die besluit baseer? Kies julle die wenner/ die aantal kommentare? Of hoe? Want lyk my niemand weet regtig nie.

  • Andre

    Hi.. is die webblad nogsteeds af ek kan nogsteeds niks oplaai nie? hy kom ook met die foutiewe blad op? Ek probeer al van gister af en nogsteeds dieselle?
    Help asb.

  • Ilze

    Is daar iets fout met die blad? Ek probeer al heeldag inskryf!

  • Dedre’ Venter

    Ag nee regtig! Ek weet wat die antwoord is maar daar is nerens n opsie om die antwoord in te sit nie.

  • Chantal Marx

    Hi daar!

    Dit lyk my ek het twee keer ingeskryf! Oi!
    Los ek dit net so of hoe kry mens een inskrywing af?

  • Desiree van den Berg

    ek sukkel vreeslik om in te skryf en ek wil graag in skryf my fotos is in jpeg formaat en grooter as 100km en kleiner as 4mb maar sodra ek kliek op skryf in dan load hy so rukkie en se internet cannot display this web page! enige hulp asb????

  • Maryke van SARIE

    @Chantal. Dit maak nie regtig saak nie, maar as jy wil, kan ek een afhaal. Groete

  • Jennie

    Ag nee ek probeer tenminste 4 keer ‘n dag inskryf dan gee dit vir my 413 Request Entity Too Large
    HELP ASSEBLIEF

  • Jennie

    Hi, hoe verander ek my kop en skouer foto ? het die verkeerde een opgelaai ?

  • jackie

    miskien n vreeslike dom vraag MAAR hoe word die wenners gekies? want daar is nie n "voting" plek nie?

  • Verushka

    Hi Sarie, ek wil net gou uitvind. onder Skryf so in. vra julle onder punt no. 2 op watter bladsy begin die bruidspaar van die jaar wedstryd in die nuutste Sarie Bruid uitgawe. waar moet ons die vraag beantwoord aan gesien dit nie op die inskrywingsform is nie? Dankie Baie Verushka

  • Lou-Ann van SARIE

    Ons het die vraag-gateway afgehaal. Julle hoef NERENS ‘n vraag te beantwoord nie.
    Skryf net doodgewoon in.

  • Desiree van den Berg

    ek sukkel nogsteeds om in te skryf hy bly vir my se internet explorer cannot display the web page, en ek het my fotos al kleiner gemaak en my storie is korter as 400 woorde ag asb help my ?

  • Carol

    Waarom kan ek nie die kommentaar wat op ons inskrywing gelewer is lees nie?

  • Suzelle

    Hi! ekt drie keer ingeskryf want die eerste twee probeerslae het ek foute gemaak,die eerste inskrywing is my troudatum verkeerd gekliek,dis die 21 April en nie die 14 April nie en dan die tweede inskrywing het ek nooit die spesiale dag se oomblik gedeel nie en ook nie die antwoord gegee nie, die laaste inskrywing is die finale en regte een as jul dalk die eerste twee wat foutief is sal afhaal? dannkie baie!

  • Karien

    Hallo. Ek het ingeskryf, maar het egter ‘n spelfout in my motivering en wil weet of dit reggestel kan word?

  • Luzanne

    hoe maak ek as ek een van my fotos wil verander?

  • juan-Mare

    Hi. Ons het tans ingeskryf. Hoe stem vriende vir ons? is dit deur kometaar te lewer. of is daar n ander plek om te vote?

  • Erna

    Hello, waar kan ek my kommentaar lees, ek kry dit nie onder my naam nie 🙂
    Dankie

  • Tanya le Roux

    Goeie dag! Ek het ingeskryf vir die kompetisie deur gebruik te maak van die aanlyn inskrywings vorm, maar toe ek die inskrywing stuur het alles verdwyn en die lee inskrywingsvorm het opgekom. Ek het dus geen idee of ons inskrywing aanvaar is nie. Ek het ‘n epos vir Sarie ook gestuur maar nog geen terugvoer gekry nie. Moet ek weer inskryf of nie? Baie dankie!

  • Marinella

    Aan Sarie: My inskrywing het 3 keer deur gegaan; jammer. Ek sien egter nie al die kommentaar wat my vriende en familie sê hulle los nie. Sien ook daar is ander kommentaar met deelnemers met dieselfde probleem. Dankie vriendelike groete!

  • Marinella

    Aan Sarie: My inskrywing het 3 keer deur gegaan; jammer. Ek sien egter nie al die kommentaar wat my vriende en familie sê hulle los nie. Sien ook daar is ander kommentaar met deelnemers met dieselfde probleem. Dankie vriendelike groete!

  • MARIETTE

    Ek sukkek nou al 4 weke op ons foto’s geplaas te kan kry, kan iemand my asb help. Wil so graag deel neem aan die kompitiese. Kan enige iemand my asb help. Alle die data is reg soos versoek maar nogsteeds sukkel ek. HELP ASB !!!!!!!!!!!

  • Shereen

    Ek het 3 keer probeer om in te skryf. Dit het gewys "veels geluk, jy is ingeskryf", maar die foto’s wil ook glad nie wys nie. Ek het ook geen e-pos gekry nie.Kan julle asb. help?

  • Angelique

    Hallo,
    Ons het ingeskryf vir die bruidspaar van die jaar kompitisie, maar om een of ander rede het die inskrywing heeltyd gewys dit gaan nie deur nie, en op die ou end is dit 4 keer gelaai, hoe kan ons die ekstra 3 afhaal?

    Angelique Bylsma

  • Ryhno

    Ek is oral opsoek na n kopiee van die SARIE-BRUID uitgawe. Al die plekke wat ek vra is reeds uit verkoop.
    Weet iemand dalk waar ek een kan kry?

  • Sulandi

    Goeie dag dames, kan mens foto’s verander nadat jy reeds ingeskryf het?

  • Marien

    Hi, ek is besig om my inskrywings reg te kry en sal dit binnekort seker ook oplaai. Mag ek dalk vra op grond waarvan word die finaliste of wenner gekies op die einde? Is dit op grond van die foto van die bruid, of die liefdesverhaal of die kommentaar wat mense gee? Of gaan die publiek stem of het Sarie ‘n paneel van mense wat die keuses sal maak? Sal dit regtig waardeer as iemand my dalk kan help met die antwoorde op die vragies 🙂

  • Marien

    Hi Lou-Ann, moet die foto van eie keuse ook ‘n foto van die troudag self wees, of mag dit ‘n foto wees van ‘n paar weke of dae voor die troue? Ek’t gesien daar is foto’s in die Sarie van bv. ‘n dag of wat voor die troue van een van die bruide, en sommer net gewonder. By voorbaat baie dankie vir al die moeite met al die kommentaar lees en om ons almal te antwoord 🙂

  • Carien

    Hallo
    Kan iemand my dalk se hoekom die res van my fotos nie uitgekom het nie? Ek sukkel daarmee
    Dankie

  • Mariska

    Ek het ingeskryf maar my fotos wys nie, hoe maak ek dit reg?

  • Tanya

    Hi julle, ek trou eers die 9de Februarie 2013. My senuwees is op maar ek wil bitter graag inskryf, wag ek eers tot na die troue of kan ek nou al inskryf en net later my fotos stuur??

    baie dankie.

  • Ulricke

    Hallo, as ek eerder een van my ander fotos die hooffoto wil maak hoe sal ek te werk gaan? So hoe verander ek my foto?

  • Chantelle van Dyk

    Hoekom kan die mens nie sien wat die mense vir jou by die kommentaar blok los nie, ek wil graag sien wat die mense van ons se….. of mag mens nie?

  • Maryke van SARIE

    @Chantelle. Elke kommentaar moet gemodereer word deur die sarie.com-span. Dis maar net om te keer dat daar geen rassistiese en lasterlike aanmerkings gemaak word nie. So, alle kommentare wat nie die wet oortree nie, sal beslis wys. Dit neem net ‘n rukkie om deur almal te werk en te publiseer. Wees asb geduldig met ons – veral nou na die vakansie. Baie groete!

  • Karin Klopper

    My dogter is getroud op 27Oktober 2012. Sy ondervind probleme om in te skryf vir Bruid van die jaar.Die webtuiste wil nie oopmaak nie. Kan jul dalk laat weet wat is foutief? Dankie

  • Danie van Niekerk

    Ek het die fotos opgelaai en die inskrywingsform volledig ingevul. ek het later gesien dat die fotos nie vertoon op die inskrywing nie. Hoe nou gemaak?

  • stephanie

    hoe word die wenners gekies?

  • Chantel

    Ek is seker almal wonder…. Hoe word die wenner paartjie gekies?

  • Chantelle van Dyk

    @ Maryke van SARIE – ek het nogals saterdag vir my skoonma gese ek wonder of hulle nie eers na almal sin kyk en dit dan opsit nie, want daar kan mos nou iemand iets baie leliks se en dit sal nie mooi wees. so ek verstaan en baie baie dankie xxx

  • Izel

    Hi Sarie, ek weet dis al gevra, en jammer as julle dit reeds geantwoord het…maar hoe stem mense? los hulle net kommentaar of moet hulle die "link" like op FB?

    Baie dankie!

  • TENEALE

    CAN THE 400 WORDS BE WRITTEN IN ENGLISH?

  • Maryke van SARIE

    @Teneale. Yes, you’re welcome to enter in English. Kind regards

  • Marien

    Hi, moet al drie foto’s kleur wees, of mag die vollengte en foto van eie keuse swart en wit of bruin wees? En een van die vollengte foto’s wat ons by die fotograaf gekry het, is basies twee foto’s langs mekaar wat as een foto gegee is. Sal dit mens diskwalifiseer as daar so 2 in 1 foto is?

  • Maryke van SARIE

    @Marien. Ek sal uitvind by die projekbestuurders van dié wedstryd. Groete

  • Maryke van SARIE

    @Izel. Die kommentare tel nie as stemme nie en die finaliste sowel as die wenner word nie deur ‘n stemproses bepaal nie. ‘n SARIE-paneel sal hieroor besluit. Alle kommentare op sarie.com word deur die webspan gemodereer om te keer vir enige rassistiese en lasterlike opmerkings. Ons werk so tussendeur ons ander take hierdeur. Dit neem net ‘n tydjie om alles te publiseer. Groete

  • Carina

    Hi, ek het dieselfde vraag as Marien van 10 Jan. Moet al drie fotos kleur wees, of kan die vollengte foto swart en wit wees as die kop en skouers foto kleur is?

  • cherika

    dis n jammer dat die kompetiesie nie later sluit nie my troue is eers in maart. En ek sou baie graag ook wou deel neem, maar sterkte aan al julle bruide.

  • Lou-Ann van SARIE

    DAAR IS NIE MEER ‘N VRAAG wat julle hoef te beantwoord nie. Ons het dit uitgehaal.

  • Annari grebe

    Ek het ingeskryf maar my fotos wil nie wys nie? het ek iets verkeerd gedoen?

  • diablo 3 gold

    Can you please email me the code for this script or please inform me in detail in relation to this script?
    diablo 3 gold http://www.d3kiss.com

  • gw2 gold

    Pretty nice post. I just stumbled upon your weblog and wanted to say that I have truly enjoyed surfing around your blog posts. In any case I’ll be subscribing to your rss feed and I hope you write again soon!
    gw2 gold http://www.gw2golds.de

  • Keren

    Hi, ek is op soek na ‘n Sarie Bruid Tydskrif in PTA Oos? Help asb! Dankie. Groete Keren

  • Elsje

    Ek het ingeskryf, maar het intussen besluit om eerder ‘n ander skouer-foto op te laai, kan mens jou fotos verander?

  • Rozette

    Ons foto’s wil nie wys nie. moet ek weer oor inskryf?

  • Marien

    Hi, wonder sommer oor die finaliste en wenners….. wanneer sal hulle weet dat hulle finaliste of ‘n wenner is? Ek weet jul het gesê die wenner word in ‘n latere uitgawe bekend gemaak, maar julle laat darm seker die bruide voor die tyd self weet?

  • Elsje

    Hey, ons is in SA getroud 15 Des 2012 maar ons woon nou in Nederland. Mag ons moontlik deelneem aan die kompetisie?

  • Christelle

    Ek nou net ingeskryf en toe ek tik op die skryf in blok toe skop dit ‘n "error" uit. So nou weet ek nie of my goed gelaai is vir die kompitisie nie. Help asb.

  • Ella

    Hi, wonder sommer hoe die wenner en finaliste sal weet dit is hulle. Ek het gelees jul sê dat die wenners sal in ‘n latere uitgawe bekend gemaak word, maar sal hulle voor die tyd deur julle laat weet word, en indien wel, teen watter datum moet mens na uitkyk om te weet?

  • Monique

    Monique.
    Ons het ook ons vehaal gelaai, maar daar kom ‘n error:
    •The website is under maintenance
    •The website has a programming error.

    Dit het wel gese dat die inskrywing suksesvol was.
    Ons hoop ons storie en fotos het gelaai.
    Lekker dag

  • Adri

    Ek het die tweede foto verkeerd gelaai, kan ek dit regstel?

  • Tilana

    Jammer om nou oor dit te pla, ek het die 400 woorde beskrywing onvolledig op gelaai, is daar ‘n manier om dit reg te stel?

  • Connie

    Hi askies ek sien my inskrywing het 4 x keer gelaai. Het gesukkel met my rekenaar. Ek hoop nie ek word daaroor gediskwalifiseer nie?

  • EL

    Lelike kommentaar is gelewer, gedink dit word deurgekyk! Hoe kan ek my inskrywing afhaal, stel nie meer belang nie!