221_d60e7371_low_res
Bruid

WEN! ‘n Droom-trourok vir jou

Klassieke eenvoud, tydlose style en absolute elegansie – dís waarna dié top-ontwerper van Pretoria in sy skeppings streef. Benewens rokke van die hoogste gehalte, is professionaliteit Gert se groot kenmerk, en die rede vir sy vinnige vooruitgang in die Suid-Afrikaanse modewêreld.

HOE OM DEEL TE NEEM
As jy ‘n voornemende bruid is, verkieslik reeds verloof, vul die inskrywingsvorm hieronder in. Vertel vir ons in 50 woorde waarom jy die wenner van ‘n Gert van de Merwe-skepping moet wees. Jou inskrywing moet ons voor of op 1 Februarie 2012 bereik. Die prys moet opgeneem word voor 31 Augustus 2012, m.a.w. dis wanneer die rok voltooi moet wees.

Volg SARIE op Twitter en Facebook