Bruid

Wen ‘n troue: Hier’s die wenpaartjie!

Baie geluk, Stiaan Putter en Clarise Pitzer!

Lees hulle inskrywing hier, kyk die foto’s en sien wat familie en vriende vir hulle geskryf het.

Die prys van R110 000 sluit in:

  • ’n Onthaal vir 75 gaste.
  • Gebruik van die banketsaal.
  • Standaarddekor soos tafels, tafeldoeke, servette, eetgerei, stoele, wit oortreksels, organza vir tafels en stoele, naaswit mat vir troukapel, preekstoel vir troue, stoele vir kapel, Bedoeïentent en blomme.
  • Driegang-ete met koffie (keuse van twee spyskaarte).
  • Canapés en sangria by aankoms van gaste, 36 bottels wit en 36 bottels rooi wyn.
  • Een nag se herehuis-verblyf en ontbyt vir die bruidspaar en twee gastepaartjies (dus 6 mense vir 3 slaapkamers).
  • Aantrekkamer op die troudag.
  • Gebruik van ’n vintage Studebaker-motor vir foto’s.
  • ’n Troukoek van R8 000, geskenk deur Lindt.

Nie ingesluit
Die volgende is nie by die prys ingesluit nie: vervoer vir die bruidspaar of gaste; trourok, troupak en klere vir die gevolg; kerse; fotograaf; foto’s; DVD’s; musiek en klankstelsels.

Lees meer
Kry nog inligting oor en foto’s van Rickety Bridge by www.ricketybridge.com

  • Eureka Kruger

    Baie gluk julle twee. hoop julle het ‘n wonderlike lewe saam.

  • Jolandi Pheiffer

    WOW, baie geluk!!! Julle verdien dit verseker. Kan nie wag nie. Die Here het julle geseen met lewe en nou met liefde. Gebruik dit ek maak die beste daarvan. Julle is die beste 2 mense wat ek ken. Lief vir julle

  • uuyHs6 dsbcreizcldb, [url=http://pedzkphcdgkn.com/]pedzkphcdgkn[/url], [link=http://nehbwnmqycuy.com/]nehbwnmqycuy[/link], http://shtvjzttoixc.com/

  • adele forrester

    baie geluk julle twee ek wens die beste toe vir julle , mag elke dag vol vreugde en liefde wees.
    geniet die spesiale dag .