Bruid

Wen ’n troue!

skryf nou in

’n Troue op ’n wynplaas, tussen statige ou geboue aan die voet van die Bolandse berge, elegante tafels wat kreun onder heerlike kos en wyn … dit is nie net romanties nie, maar idillies.
As jy oor die bruggie van Rickety Bridge stap, verby malse groen wingerde, sal jy weet jou droom het waar geword. Troues en ander geleenthede word gehou in die Kaaps-Hollandse banketsaal op die landgoed, met ’n aan-grensende elegante Bedoeïentent waar jy onder die maanlig kan dans.  Jy kan ook kies om in die pragtige tuin te trou. Die huweliksplegtigheid word in die kapelgedeelte van die banketsaal voltrek.

Die landgoedsjef stel liplekker-spyskaarte saam wat elke bruidspaar se sak en behoeftes pas en verskeie gehaltewyne is beskikbaar. Ná die onthaal kan julle in die statige, roman-tiese herehuis met sy ruim, stylvolle kamers oorslaap. Kyk ook in die jongste SARIE BRUID op bl. 74.

DIE PRYS VAN R110 000 SLUIT IN:

  • ’n Onthaal vir 75 gaste.
  • Gebruik van die banketsaal.
  • Standaarddekor soos tafels, tafeldoeke, servette, eetgerei, stoele, wit oortreksels, organza vir tafels en stoele, naaswit mat vir troukapel, preekstoel vir troue, stoele vir kapel, Bedoeïentent en blomme.
  • Driegang-ete met koffie (keuse van twee spyskaarte).
  • Canapés en sangria by aankoms van gaste, 36 bottels wit en 36 bottels rooi wyn.
  • Een nag se herehuis-verblyf en ontbyt vir die bruidspaar en twee gastepaartjies (dus 6 mense vir 3 slaapkamers).
  • Aantrekkamer op die troudag.
  • Gebruik van ’n vintage Studebaker-motor vir foto’s.
  • ’n Troukoek van R8 000, geskenk deur Lindt.

Nie ingesluit
Die volgende is nie by die prys ingesluit nie: vervoer vir die bruidspaar of gaste; trourok, troupak en klere vir die gevolg; kerse; fotograaf; foto’s; DVD’s; musiek en klankstelsels.

Lees meer
Kry nog inligting oor en foto’s van Rickety Bridge by www.ricketybridge.com.

Klik hier vir die bepalings en voorwaardes

SKRYF SÓ IN
Jy moet ’n vraag  beantwoord – hou dus jou SARIE BRUID byderhand. Jy moet ook twee foto’s van jul keuse op die webtuiste laai en in 400 woorde verduidelik waarom julle op Rickety Bridge wil trou.

Sluitingsdatum
31 Januarie 2010. Die wenpaar moet voor 20 Februarie 2011 op die landgoed trou. Die wenpaar word op 31 Maart 2010 bekend gemaak en sal eers telefonies en daarna per brief in kennis gestel word.

Klik hier vir die volledige wedstrydreëls
As julle wen en om een of ander rede nie trou nie, word die prys verbeur. Dit is nie omruilbaar vir kontant of enige ander funksie buiten ’n troue nie.

  • TERSIA

    MY KERSWENS IS DAT ALMAL WAT EK KEN EN LIEF HET ELKE DAG SAL LEEF SOOS OF DIT HULLE LAASTE IS, EN AS EK SO GELUKKIG KAN WEES OM N MAMMA TE WORD SAL DIT VIR MY DIE BESTE KERSFEES OOIT WEES EN VERDER NET LIEFDE EN VREDE