Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Blomkool -en beet kelk

 

Nataniël wys hoe jy jou verjaarsdag behoorlik kan vier – binne-in jou eie huis, in episode 11 van Die Nataniël Tafel.

Avokade en forel kelk

  • 250g gaar blomkool
  • 250g gaar beet
  • 2 eetlepel roomkaas
  • 1 eetlepel pietersielie, fyngekap
  • 1/4 teelepel komyn
  • 1 eetlepel mascarpone
  • 2 eetlepel vars room
  • 1/4 teelepel kerriepoeier
  • 1 eetlepel suurlemoensap
  • 1 eetlepel grasuie, fyngekap
  • seesout
  • 1 eetlepel sesaamsaad, liggies gerooster
  • ekstra grasuie vir garnering

Plaas beet, roomkaas, pietersielie en komyn invoedselverwerker. Meng tot purée en plaas in yskas tot benodig. Plaas blomkool, mascarpone, room, kerriepoeier, suurlemoensap en grasuie in voedselverwerker. Meng tot purée. Geur liggies met sout. Verdeel tussen 8 kleinerige glase. Skep blomkoolpurée bo-op beetmengsel. Garneer met sesaamsaadjies en grasuie. Bedien met dun repies roosterbrood