sr1210_langtafel_1_
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel (episode 1): Linguine met jongtamaties

Linguine met jongtamaties

LINGUINE MET JONGTAMATIES

•     600 g jongtamaties, heel of gehalveer
•     1 eetlepel druiwepitolie
•     500 g rou linguine- of penne-pasta
•     200 g jongspinasieblare
•     seesout
•     varsgemaalde swartpeper
•     olyfolie
•     parmesaankaas
•     vars kruie soos tiemie of basiliekruid

Verhit oond tot 180 °C. Pak tamaties in oondpan. Sprinkel met druiwepitolie en bak in oond tot velletjies net bars. Kook pasta volgens aanwysings tot al dente. Dreineer en gooi in opdienbak. Voeg tamaties en spinasie onmiddellik by sodat spinasie effens verwelk. Geur met sout en peper. Bedruip mildelik met olyfolie. Garneer met dun skyfies parmesaan en vars kruie. Sit dadelik voor.

* Kyk Die Nataniël Tafel elke Donderdag om 19:30 op kykNET. Die program word deur Checkers geborg.

  • Isabel

    Kan nie wag vir hierdie program nie,volslae verslaaf aan kook programme,en met Nataniel is dit ‘n bonus.

  • Ouma Pollie in die Kaap

    Gaan vanaand die program saam met Deon de Bruyn kyk – ek mis dit vir niks!

  • Liesl Gildenhuys

    Kan nie wag nie……verslaaf aan Nataniel !!! en hou van kos !

  • Gabba

    Ouma Pollie, maar wie is Deon de Bruyn?

  • Elsabe

    Ek wens ek het groot geld gehad sodat ek vir Nataniel kon ‘koop’ om soms vir my van sy disse te kom voorsit terwyl ek agteroor sit.
    Hierdie eerste dis lyk darem maar alte heerlik.

  • Sandra

    Briljant. Ek het dit baie geniet. Kan nie wag vir volgende week nie.

  • Hes Badenhorst

    Dis een groot fees om Nataniel te sien kos maak! Top program!

  • Elna

    Wat ‘n stunning program – en wat dit meer interessant maak is Nataniel se pitte sê-goed! Sien uit na volgende week se program.

  • Julie

    Enig iets waarin hy optree is altyd n BONUS, het dit baie geniet, en sien uit na die volgende program!!!

  • Louise Schoeman

    Ons mis hom nie, het reeds Kersfees van sy produkte as geskenk gekry……WOW dit is fantastiese produkte……en die program is so eie aan hom,,,,,ek en my man Harry is versot op hom, dit was ons WOW oomblik toe ons na sy program kyk……sjoe, ek hoop daar sal nog reekse wees….ons lees ook graag sy boeke,,,,hy is UNIEK……DANKIE NATANIEL, dit is mos hoe mens TV wil kyk, met goeie smaak en lekker humor……..

  • Didi

    Ek het die program vreeslik geniet, dit was skreeusnaaks en die kos is pragtig voorgesit. Kan nie wag vir die volgende episode nie

  • Madelein

    Ek mis die hele reeks vir niks en hoop Kyknet besluit om dit op dvd te sit. Die heerlike kos en resepte laat jou maag grom, maar Nataniël se humor is die kersie op die koek.

  • Adele Uys

    Dink dit is een van die BESTE programme OOIT! Het dit só geniet!

  • Linda Leibach

    Daar is so baie kosprogramme op TV deesdae en ek het gedink hierdie sal net nog een boring show wees … maar ek was so verras. Ek het Nataniël so geniet. Niemand anders kon dit beter doen nie. Ek hoop daar is nog BAIE BAIE episodes wat kom! Well done Nat!

  • Linda Leibach

    Daar is so baie kosprogramme op TV deesdae en ek het gedink hierdie sal net nog een boring show wees … maar ek was so verras. Ek het Nataniël so geniet. Niemand anders kon dit beter doen nie. Ek hoop daar is nog BAIE BAIE episodes wat kom! Well done Nat!

  • Piet

    Net jammer die program se redigering is soooo swak. Hy word afgekinp in die middel van ‘n sin, flitse van die tafel in die middel van ‘n sin ens. Een oomblik sê hy hy gaan so maak en die volgende oomblik is dit alreeds gedoen. A nee a…………..

  • Johan

    Ons het die program baie geniet. Ongelukkig is die redigering swak – dit voel soos een groot advertensie vir Checkers

  • Lana Kleynhans

    Die beste program ooit!!

  • Rentia

    Dit was uitstekend, ons het so lekker gelag! Gaan verseker ook die resepte probeer.

  • Julie van Sossusvlei

    Ek het geweet dit gaan awesome wees. Nataniel jy is n vars briesie op ons Kyknet kanaal.

    Asb kyk na die redigering netnou mis ons iets…actually vat dit niks weg van Nataniel se kwinkslae nie…dit bogger net ons resepte op. Hopelik sal ons dit weer iewers kan kry.

    Asseblief begin solank die volgende reeks met Nataniel…Shoprite good for you. Woolworths moet kyk en leer.

    Nataniel is eg Afrikaans en trots daarop…ek weet ons gebruik almal hier en daar n Engelse woord maar dit vat niks weg van ons pragtige taal af nie.

    Dankie Nataniel en Shoprite ek sal die ekstra myl ry om julle te ondersteun.

    Julie van Sossusvlei

  • Elaine

    Nataniël is absoluut uniek! Hy is ‘n so innemend, prakties en perfek…ek bewonder hom nog al die jare!
    Dankie Nataniël!

  • Margaret Schoeman

    Een van die best kookprogramme wat ek in jare op die televisie gesien het.
    Ons het so gelag en met die oe gesmul aan daardie heerlike kaasborde.
    Nataniel laat dit so maklik lyk dat ‘n kind die kos kan maak en daardie besondere tafel kan dek.
    Vertrou die program sal op DVD verskyn en nog beter, in boekvorm. Ons wil dit vir die nageslag bewaar.
    Do zo voort, Nataniel!

  • Wynand

    Ons geniet jou program, gaan verseker dit elke week kyk. dit is n vars briesie in ons wereld!

  • Anton Pretorius

    Uiteindelik iemand wat ‘n kosprogram professioneel aanbied! Die spul vervelige, geforseerde en oor-selfbewuste mensies kan maar by Nataniel leer. Dankie vir die goeie program en daai kwinkslae is ‘n groot bonus!

  • Piet van Pretoria

    Uitsonderlik , prakties ,maklik en deurspek met tipiese Nataniel humor heerlik om te kyk .asb bring nog baie daarvan Piet

  • Zandra

    Ek het nou al weer EN weer na die program gekyk…wat `n fees! Gaan beslis die pasta maak.

  • anri

    Puik program! Ek is mal oor Nataniel. Die man is briljant!
    (Redigering stel bietjie teleur, maar Nataniel is TOPS!)

  • MARINA

    Nataniël is ‘n "tonic". Ek sit ‘n reminder op my foon om net nie sy program mis te loop nie. Dis so lekker om na ‘n program te kyk waar die aanbieder net homself is. My twee seuns (22 en 20) geniet sy humor verskriklik baie. Sy uniekheid maak hom ‘n ikoon. NATANIEL JY IS TOPS!!!!

  • Djim

    Dankie, 10uit10, sal elke episode kyk.

  • Andre Louw

    Andre
    Vir my is die kos maak van Nataniel n bysaak wat wel goed is, maar sy humor daarby is rerig fantasties.

  • Marthiena van Benoni

    Ek het vandag dit eers gesien. Ek is nog al die jare mal oor Nataniel. Ek is genieg om saam met Johan te stem dat dit is advertensie is vir Checkers, ek sal dit nogtans kyk want ek dink hy is uitstekend.

  • Elsa

    Nataniel jy is n vars briesie op Kyk-Net. Kyk nooit kosprogramme nie maar toe sien ons vir Nataniel. Ek en my man het gele soos ons lag. Moet niks verander nie. Moenie so op n knop wees en korrek korrek in alles nie. Dit is absoluut stunning verby!!!!!!!!

  • Liezel

    My man hou niks van kosprogramme nie, maar hy is mal oor die een van Nataniël! Ons het dit vreeslik baie geniet, doen so voort!!

  • Marinda

    Jy kook !

  • Annelie van Centurion

    NEEEEEEE ‘n halfuurtjie is mos kykermishandeling in die ergste. ‘n UUR is wat ons soek ASB.

  • MAGRIET NAUDE

    EK DINK HY MAG MAAR DIT IS N WONDERLIKE PROGRAM EK IS MAL OOR SY SE GOED EN VER AL DIE DEK VAN SY TAFELS

  • Lynette

    Mal oor die resepte, jou kleredrag, humorsin en idees!!

  • Isolde

    Ek geniet Nataniel se program en pittigheid baie. Die ander vermaakkunstenaars wat so baie oor hom te sê het kan baie by hom leer. Hy is nie so vulgêr soos hulle nie.

  • Karien Kemp

    Ek sit in Kanada en kan nie Nataniel se program kyk nie, maar my tweeling sus bbm vir my alles wat Nataniel se! Ons lag so lekker en is mal oor Nataniel! Sy pvr Nataniel se kookprogram en ek gaan elke episode kyk as ek Desember by haar gaan kuier.

  • ESTER

    Absoluut Uitstekend!!! Mal daaroor! Ek leer ontsettend baie hoe om dinge te doen, in en om die tafel te doen en dit nogal in my taal!!! En saam met ‘n UISTEKENDE KUSTENAAR!!! Tien-uit-tien!!!

  • Joey van Vuuren

    Nataniël se gebraaide lamsboud van die program uitgesaai op Donderdag 28 September 2012 is vinger lek lekker. Ek het Sondag ‘n skaapboud, wat in die vrieskas was, so gaargemaak met gerasperde appel en appelsap. Dit was heerlik sag en selfs my vader van 92 jaar oud het gesmul. Baie dankie Nataniel, doen so voort. Ek geniet jou program terdeë. Ek is ‘n groot aanhanger!

  • Rentia

    Ek hou niks van kook maar hy laat dit so maklik lyk. Ek gaan beslis alles probeer.
    Is mal oor sy se goed. Ek en my man lag so lekker

  • liena

    Nataniel is n oulike man met baie humoer Maar hy moet net pasop hy gaan sy VINGERS DEURLEK op die program van al die lekker kosl

  • Cecelia

    Geniet die program vreeslik. Kan nie wag vir die volgende program nie.
    Sulke maklike en vinnge resepte. Puik!!!!

  • Peggy

    Dit is n fantastiese program! Jy is fantasties Nataniel. Ek en my man sit bankvas om hierdie program ten volle te geniet. !! Dankie jy maak ons aand.

  • Christine

    Nataniel is n stukkie trots afrikaans . Hulle se afrikaners het nie humour nie , kyk net vir Nataniel , FANTASTIES in alles wat hy doen

  • Sylvia Kruger

    Nataniel ek geniet jou program maar ai daardie liewe aflek van die vingers kan Checkers tog nie aub vir jou vadoeke voorsien nie want ons sien glad nie vadoeke nie Los aub die lek as jy klaar is met die program as jy moet proe gebruik aub ‘n lepel want die gelekkery maak ons naar

    Verder is jou program uitstekend geniet die vinnige kos wat jy maak

  • Pearl

    Ek is mal oor Nataniel se ongelooflike sin vir humor en vars perspektief t.o.v. etiket! Die heerlike en maklike resepte maak hom sommer ekstra SPECIAL! Myns insiens ‘n uitstekende program!

  • JAN

    Ek wens net dat die bakster en koekmenger haar ring afhaal tydens baksessie op 11/10 se uitsending
    Ai. ……….. my ouma het altyd gesê dat jy nie met jou ring aan
    bak en knie nie
    JAN

  • Tersia Engelbrecht

    Dankie Kyknet – dit is waarlik Kyk-plesier. En die resepte is maklik en heerlik’.’.’.’.

  • Louise Barnard

    Nataniel jy is regtig uniek. Ja niemand hou van die vinger aflekkery nie maar dit is jy.Jou se goed is so waar hou so aan . Ek lag my dood vir jou. Ons hoop die halfuur gaan n uur word. Hou so aan.

  • Dinie

    Nataniël Donderdagaande hoogtepunt van die week! Resepte maklik en vinnig en smullekker!!
    Hou humor is enig in sy soort en uniek aan jou!

  • Anita Marais

    Anita:
    Ek sien nie die skaapbouresep wat jy gemaak het nie? Waar ek ek hom op die web kry?

  • Wilma Maritz

    Nataniel lek jou vingers jy is TOPS! Vir die eerste keer kan ek nie wag op voor die kassie te gaan sit nie!

  • Hestia Basson

    Waar kry ek die skilferdeeg resep wat in kolwyntjie pannetjies gesit was? Die rou deeg is met ‘n vurk gesteek sodat dit nie rys nie. Wanneer die deeg bakkies klaar gemaak is kan iets sout of soet ingesit word ………..

  • Loraine van Rooyen

    Ek soek en soek die resep vir "Basiliekruid skons …… met die aarbei ……." maar kry dit nie op hierdie blad nie. Is dit al opgesit? Dankie vir ‘n uitstekende program – stem saam met almal, dit kan gerus ‘n bietjie langer wees. Ons het so min goeie afrikaanse TV programme. Doe zo voort….

  • Izak

    Mens kan nie kos maak sonder om jou vingers te lek of te proe nie. BRAVO, Nataniel. Die resep met gewone slaai, fyn gesny met jou suurlemoen, olyfolie en heuning sousie. Waar is die resep. Asseblief help.

  • Sandra Mans

    My man is nie een vir kosprogramme nie, maar HIERDIE EEN mis hy vir niks nie! Hy wil hom doodlag vir elke ding wat Nataniël kwytraak … en ek moet asseblief dit en dat wat hy demonstreer maak! ‘n Nuwe wêreld het vir hom oopgegaan. Behalwe die wonderlike resepte en Nataniël se stunning persoonlikheid, geniet ek ook sy tafeldekdemonstrasies. Dankie Kyknet. Hier het julle ‘n goeie "resep" beet!

  • Estelle venter

    Agteros kom ook in die kraal! Ek en my man het vanaand vir die eerste keer gekyk en dit vreeslik geniet! Is die vorige episodes dalk beskikbaar op DVD of die resepte in boekvorm? Terwyl ons nogsteeds Woollies boikot vanwee hul BEE standpunt, maak hierdie maklike interessante resepte op vir die gemis van klaargemaakte Woollies geregte.

  • Nita

    Heerlik ontspannend. Sy resepte is maklik om te onthou en sommer reg om iets nuuts oor die naweek vir die tafel op te tower. En sy sê-goed is uitstekend! ! ! ! Dankie KykNet, Sarie en Checkers. Hoop dit bly lank op die kassie.

  • Rhona

    Nataniel jy is kool , mal oor jou program

  • Elsa Page

    Nataniel se tafel is die hoogtepunt van my week… ek geniet dit ongelooflik baie. Hy het soveel karakter en persoonlikheid. Hoop dit is nie die einde van hierdie kosprogram nie dar moet net eenvoudig nog ‘n reeks hierna wees.

  • WINNIE NEL

    EK KYK NET DAN RAAK EK DIK.EK GENIET ELKE OOMBLIK VAN JU KOS MAAK,JOU PERSOONLIKHEID JOU SE GOED,ONS IN DIE LAND VAN ONS HET MENSE SOOS JY NODIG OM ONS TE LAAT LAG.O JA MAN, HAPPY NEW YEAR VIR DIT WAT NOG OOR IS.