Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel (episode 2): Mini-frittatas

• 100 g sagte bokmelkkaas
• 100 g beleë cheddar, gerasper
• ½ koppie grasuie, gekap
• 2 eiergele
• 2 eetlepels bruismeel
• 2 eiers, geklits
• seesout
• varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 170 °C. Smeer 12 holtes van muffin-pannetjies. Krummel bokmelkkaas en verdeel tussen holtes. Strooi cheddar en grasuie bo-op. Klits eiergele, voeg meel en eiers by en meng goed. Geur met sout en peper. Gooi oor kaas in pannetjies. Plaas in oond en bak vir 20 minute of tot goudbruin. Sit warm of by kamertemperatuur voor.

*Kyk Die Nataniël Tafel elke Donderdag om 19:30 op kykNET. Die program word deur Checkers geborg.

  • BARBARA BOUCHER

    WONDERLIK WONDERLIK WONDERLIK MAL OOR JOU MAL OOR DIE PROGRAM – MOENIE DIT WEGVAT NIE – ONS MIS DIT VIR NIKS – ONS LOVE JOU – EINDELIK IETS OM TE KYK WAT N GLIMLAG IN JOU DAG SIT – HOU SO AAN ASB

  • Marina

    Yum yum! 🙂

  • Zelda

    Is gaande oor die resepte

  • Stephanie Blignaut

    O NICE hou van die maklike resepte

  • Gertrude Potgieter

    Vir die eerste keer stel ek weer belang om te bak en te brou, die disse eenvoudig maar treffend, die manier maklik, en die kommentaar pittig. Iets so eg Afrikaans en eie aan ons.

  • Kathy van Vuuren

    Dis wonderlik om na jou program te kyk want dit voel asof jy met my praat. Dis so "relaxed" en n mens kan verstaan wat jy van praat. Dis nie hierdie uitheemse bestandele nie en dan praat die persoon nog met so n hengse aksent dat jy net hier en daar n woordjie vang. Ek hoop daar volg nog n reeks na die 13 episodes. Love Jou!!

  • Merinda

    Ek skink ‘n glas wyn, sit lpstiffie aan en verkyk my aan Nataniël wat bak en brou in sy kisklere. Die beste kosprogram op TV. Ek lag so dat ek die resepte hier moet aflaai!

  • Elize Venter

    Ek sien altyd uit na jou program met die bietjie humor so af en toe.Puik.

  • Rini

    Ek geniet jou TV-program baie. Jy is ‘n tonik! Maar …. kan ons nie maar nog van jou resepte op die webwerf kry nie? Jy het sulke lekker, spesiale en tog maklike resepte. Ek het diè wat ek kan onthou al probeer maar het nie met pen en papier gesit tydens jou eerste 3 episodes nie. Doen so voort!

  • VANESSA DU TOIT

    Absoluut MAL oor Nataniel, van hoe hy lyk, hoe hy praat, sy WONDERLIKE humorsin en kos wat ‘n mens kan maak, met eenvoudige bestanddele en NIE moeilike tegnieke nie. Ek tape sy programme, ek sit reg met papier en pen, rewind en kyk weer ‘n keer en laai resepte af. Bring seblief nog ‘n reeks, die programme kan maar so bietjie langer wees. Ons wat van Nataniel hou, sal nie omgee vir ‘n langer tydjie voor die tv nie. My gunsteling oomblik is wanneer Nataniel sy vingers aflek, sy oe toemaak en yum se. HOU SO AAN – NATANIEL IS ‘N TONIK, SONDER OM SELF MEDISYNE TE DRINK!!!!!!

  • Liefie Odendal

    Beste program op DSTV. Mis dit vir niks!

  • Ria

    Ek geniet elke minuut van jou program en mis dit vir niks in die wereld!

  • Patrys

    Ek geniet jou program vreeslik. Jy sal enige mens uit die graf uit praat met jou intellegente sin vir humor. doen so voort !

  • Vera

    Stunning stunning geniet dit vreeslik Vera