Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel (episode 3): Rooi-rooi koekstruif

Anders as gewoonlik word hierdie koekstruif gemaak net voor dit voorgesit word.

• 250 g mascarponekaas
• 2 eetlepels strooisuiker
• 2 eiers, geskei
• 1 eetlepel brandewyn
• 400 g pitlose rooidruiwe
• 250 g vars gemengde rooibessies
• 2 eetlepels soetwyn
• 2 koppies vanieljevla (gebruik ’n vla wat nie te soet is nie)
• 1 koppie amaretti-koekies, grofgebreek
• ½ koppie okkerneute, grofgebreek

Klits mascarponekaas, strooisuiker en eiergele saam tot glad. Voeg brandewyn by en meng. Klits die eierwitte styf en vou in die mascarponekaas-mengsel. Bedek en verkoel. Pak vrugte in ’n groot glasbak en besprinkel met soetwyn. Gooi vla oor. Sprinkel koekies en neute bo-op. Skep mascarponekaas-mengsel laaste op. Sit dadelik voor.

*Kyk Die Nataniël Tafel elke Donderdag om 19:30 op kykNET. Die program word deur Checkers
geborg

  • Isabel Venter

    Beste program vir ‘n baie lang tyd. Dankie Nataniël dat jy elke week ons dag of aand opkikker. Ek neem jou program op want ek sit so en giggel dat ek die resepte mis. Baie dankie

  • Anri Brooks

    Waar kan ek die resep kry van die tertjies wat gemaak is met die kaas en lemon curd en vrugte asseblief.

  • NATASHA STALLENBERG

    HAI NATANIEL ABSOLUUT MAL OOR JO PROGRAM EN JO SIN VAN HUMOUR IS VERFRISSEND.WAAR KAN EK AL DIE RESEPTE KRY SOOS IN DIE PROGRAM.DIS SO MAKLIK SEKER EK SAL DIT KAN MAK.DANKIE

  • Delila

    Wat se soort kaas is gebruik vir die vrugte tertjies wat met lemon curd gemeng is asb!

  • Laura Blom

    Nataniel, selfs my man sit saam met my en kyk en ons geniet jou program baie. Hoe maak ek om al die resepte te kry? So ge-inspireer, voel lus in maak elke liewe gereg. Laura

  • Niftalie Pieterse

    Wil net se ek haat kook omdat almal dit altyd so ingewikkeld maak. As ‘n besigheids vrou is my tyd baie beperk en het ek nie baie tyd vir afmeet ens. nie. Nataniël het dit weer vir my lekker begin maak om te kook a.g.v. die eenvoud en mooi van sy kos. Jipee.

  • De’lia Apsey

    Nataniel jy is medisyne vir elkeen van ons! En vir die wat hul so verbeel, kyk gerus na Nataniel hy mag maar en tog verbeel hy hom nie! Leer ‘n les by een van ons land se oulikste kunstenaars "wees tog in hemels naam net jouself" Dankie Nataniel ons geniet jou verskriklik!!!! Lek maar die deegbak uit!

  • Sonja Gerber

    Nataniel, jou program is net een woord fantasties!!! Ek het al so baie van jou resepte uitgetoets en nog nie een mislukte gereg gehad nie . My man, Willem se ook baie dankie. Geniet jou aanmerkings oor sekere kossoorte wat ek toevallig ook nie van hou nie,, vreeslik baie. Kosgroete van King William`s Town.

  • Antoinette Du Plessis

    Ek is mal oor Nataniel se program. As ek na ‘n lang week bietjie wil ontspan, skuif ek Dondergaand om half 8 voor die kassie in en ek geniet my gate uit!! Van die goed wat jy kwyt raak laat my le van die lag. Nataniel, moenie verander nie – JY IS UNIEK!! Hoop jy sal ons kassie nog lank opkikker.

  • Magriet Van Riel hermanus

    Nataniel mal oor jou program ! mis nie een ja en jou grappies tussn in . jy mag maar jou vingers af lek want alles wat jy maak lyk so lekker . Baie dankie vir puik pogram nog meer asb

  • Elize Burger

    Dit is een van die beste programme op TV. Ek hoop dit gaan nog baie lank op wees.

  • Celeste Burger

    Waar kan ek die resepte kry. Ek soek die artappel koekies van 22 Nov. asook die Checkers boerewors met die roerbraai groente op die broodjies.

  • Gio van Gent

    Nataniël !! KAN jy nie geblik en verkoop word, ek sal baie betaal!!! maar nou moet ek maar tevrede wees met Kyknet- dis baie erg.