Aartappelkoek met eiervrug
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Aartappelkoek met eiervrug

Met lente wat aangebreek het, kook ons graag saam met Die Nataniël Tafel uit ons tuine. So kook Nataniël van grond-tot-tafel…

 

  • 2 mediumgroot eiervrugte
  • seesout
  • 45 ml druiwepit-olie
  • 15 ml botter
  • 30 ml druiwepit-olie
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • 2,5 ml grofgemaalde swartpeper
  • 8 mediumgroot aartappels, geskil
  • 250 ml parmesaankaas, fyngerasper
  • 250 ml gedroogde broodkrummels
  • 250 ml cheddarkaas, gerasper

 

Verhit oond tot 180 ˚C. Sny eiervrug in dun skywe, sprinkel met sout en laat staan vir 30 minute. Verhit 15 ml olie in ’n pan en braai eiervrug liggies. Voer medium-springveerpan met waspapier uit. Verhit botter, 30 ml olie, knoffel en peper. Sny aartappels in dun skywe en pak een lagie op bodem van pan. Verf met gesmelte botter en sprinkel met ’n bietjie parmesaan en krummels. Herhaal lae, maar pak een laag eiervrug in die middel van die koek. Sprinkel cheddar bo-op. Bak in oond vir 1 uur en sit voor.