Die Nataniël Tafel
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Alkoholvrye sangria

Dié week wys Die Nataniël Tafel vir ons hoe om die lekkerste geregte in ‘n gesonder opsie te verander. Hier word ongesond sommer vinnig gesond!

  • 15 ml fyn kaneel
  • 1 – 2 cm-stuk vars gemmer, fyngerasper
  • 1 lemoen, koud
  • 1 suurlemoen, koud
  • 1 000 ml hanepoot of rooi druiwesap, koud
  • 250 ml-bottel pruimsap, koud
  • 500 – 1 000 ml water

Plaas die speserye in ‘n glasbak met inhoudsmaat van 2 – 3 liter. Voeg die skil en sap van die lemoen en suurlemoen by. Roer deeglik totdat die kaneel oplos. Voeg die druiwesap en pruimsap by, en laastens die water. Voeg ys by indien verlang.