Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Appels in ‘n pan

Blitsvinnige resepte van Die Nataniël Tafel, episode 15.

  • 6 appels, geskil
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel bruin suiker
  • ½ teelepel fyn gemmer
  • ½ teelepel fyn kaneel
  • 2 ster-anys-sade
  • 3 eetlepels kokosneutmelk
  • ½ koppie bloubessies
  • 3 eetlepels bourbon
  • 1 eetlepel strooisuiker

Sny appels in dun skywe. Verhit botter in ‘n pan. Voeg appels, bruinsuiker, gemmer, kaneel en ster-anys by. Roerbraai tot appels begin verbruin (ongeveer 2 minute). Verwyder ster-anys en roer kokosmelk by, moenie laat kook nie. Verwyder van stoof en skep in 6 klein bakkies.

Gooi bessies, bourbon en suiker in ander pan en steek aan die brand. Sodra vlamme dood is, skep bessies oor appels. Bedien onmiddellik.