picture1_310w
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Beesfilet met rooiwyn

Blitsvinnige resepte van Die Nataniël Tafel, episode 15. Die week se gas, Renée Conradie maak beesfilet met rooiwyn

  • 100 g botter
  • 1 beesfilet
  • 625 ml rooiwyn

Voorverhit oond 200 °C. Plaas botter in ‘n oondbak en plaas in die oond om baie warm te word. Plaas filet in die bak en bak vir 15 minute. Draai filet een of twee keer terwyl dit bak om aan albei kante te seël. Haal die oondbak uit die oond en gooi rooiwyn oor die fillet. Plaas deksel op oondbak en plaas terug in die oond vir 15 minute, draai weer 1 of 2 maal terwyl dit bak. Bedien dit warm.