Die Nataniël Tafel
Die Nataniël Tafel

Die Nataniël Tafel-resep: Bessie -en jogurtpoeding

In die 13de episode van die 2de reeks van Die Nataniël Tafel, maak Nataniël kos vir ‘alleenlopers’…

poeding vir 1

Per persoon

  • ½ koppie vars, gemengde bessies
  • 2 teelepels kirsch (likeur)
  • 1 teelepel strooisuiker
  • ½ koppie vars jogurt
  • 1 of 2 teelepels strooisuiker

Plaas bessies op bodem van poedingbakkie. Gooi likeur oor en strooi met 1 teelepel strooisuiker. Skep jogurt bo-oor. Strooi met teelepel strooisuiker oor. Gebruik gasvlam of plaas onder oond-element tot suiker verbruin.